Page 1 of 1

Dop meting?

Posted: Mon May 30, 2011 9:52 am
by DawieKotze
Daar is 'n hele paar gadgets op die mark om doppe se nekwande te check, "run-out guages" en nek snyers.

Ek het nog nie begin aandag gee aan hierdie aspek van herlaai nie en soek graag raad oor die verskillende instrumente en make.

'n Ball micrometer meet nekwand dikte, maar so ook redding se case neck wall thickness guage en forster se case and cartridge inspector. Ek is onseker oor die laaste 2 se metodes aangesien hulle die dop op 'n pilot meet van (net) buite af, terwyl die ball micrometer van binne en buite meet.

Sal die nekwand dikte net aan die buitekante te dik wees of kan dit ook te dik wees aan die binnekant? Hoop julle verstaan wat ek bedoel! Indien 'n dop se nek ook te dik aan die binnekant is (maw nie presies rond is nie), maar aan die buitekant reg is, gaan redding en forster dit optel?

Ek hoop ek druk my vraag reg uit.

Re: Dop meting?

Posted: Mon May 30, 2011 10:04 am
by Jagtersdok
Madako

Dit hang af hoe presies jy wil wees.
Die meer presiese manier is die ball micrometer.
Nou die trimming tools werk ook om 'n pilot en dit is hoekom die vervaardigers van wie jy nou praat daardie roete gegaan het.
As mens die outsid neck turning doen, behoort jy eers die high spots af te haal en daarvan af verder te werk.

Neels

Re: Dop meting?

Posted: Mon May 30, 2011 10:21 am
by Beyers
Image
Ek het moedswillig die nekwand on eweredig gemaak.

Re: Dop meting?

Posted: Mon May 30, 2011 9:51 pm
by DawieKotze
Dok - my gevoel ook gewees tov die micrometer, maar dankie vir die bevestiging. Nou is die vraag - sit daardie verdikking binne of buite die sirkel waarvan die middelpunt ook die middelyn van die loop is? Sien Beyers se skets

Beyers - nou watter een van die 2 "sirkels" is opgelyn met die miiddellyn van die loop? As dit die binneste een is, dan is dit ok, want jy sny die dikker buitenste wand weg. Maar as dit die buitenste "sirkel" is wat dan - gooi jy die dop weg? Hoe meet ek dit? Gaan die case en cartridge inspector van forster dit wys? Of 'n run out guage?

Of is ek straat af met my redenasie?

Miskien moet iemand wat al hierdie konsentriese dop voorbereiding doen, 'n stap vir stap prosedure met die apparaat wat gebruik word gee - my kop begin draai.

Dankie vir julle tyd en geduld!!! Ek lees ook verder op die net, maar om die goed in Afrikaans te hoor, help nogal!  :D

Re: Dop meting?

Posted: Mon May 30, 2011 10:57 pm
by Jagtersdok
Ons kan maar s? daar word altyd gepoog dat die binneste sirkel oplyn. Onthou nou as jy size dan loop daai decap pin in die flashole in wat supposed is om in die middel van die basis te sit. However dit is nie altyd die geval nie.

dit sal jy net kan bepaal deur die buite kant so na aan egalig met die binnekant om die pilot te skil en dan op die runout kyk. Maar glo my maar as ek jou s? jy hoef regtig nie so tegnies daarna te gaan kyk nie.

neels

Re: Dop meting?

Posted: Tue May 31, 2011 5:42 am
by DawieKotze
LOL Dok! Ja ek dink ook dat ek met meer oefen op die skietbaan groter vordering met my groepe gaan maak as wat ek al hierdie fyn tegniese dopvoorbereiding doen.

MAAR - dis mos ons stokperdjie en bietjie rondspeel as mens tyd het, kan mos nie skade doen nie!  :D

Dankie vir die terugvoer!

Re: Dop meting?

Posted: Tue May 31, 2011 8:29 am
by Beyers
madako wrote: nou watter een van die 2 "sirkels" is opgelyn met die miiddellyn van die loop? As dit die binneste een is, dan is dit ok, want jy sny die dikker buitenste wand weg.
Die binneste een want die trimmer het 'n spigot wat in die nek indruk.

Pasop vir te veel materiaal afhaal. want dan neck resize die dop nie en die koeel word nie vasgehou nie
Beyers

Re: Dop meting?

Posted: Fri Jun 03, 2011 3:34 pm
by Armand Steenkamp
AIAI En daar staan en koop ek daai redding tool warvan Madako praat!


Groetnis Armand