Page 1 of 1
Bevoegdheid Kursus kostes
Posted: Wed Sep 16, 2015 10:01 pm
by Gabriel Lewis
Ek is vandag n kwotasie gegee om bevoegdheid kursus te gaan doen wat die volgende insluit: wet ,handwapen, Haelgeweer, geweer en selflaaiende geweer. Die prys sluit alles in asook ammo vir R 3455.
Is dit n redelike prys?
Re: Bevoegdheid Kursus kostes
Posted: Wed Sep 16, 2015 10:06 pm
by tripodmvr
Ek sal wag vir ander kommentaar. Klink effens styf vir my.
Re: Bevoegdheid Kursus kostes
Posted: Thu Sep 17, 2015 3:07 am
by Philip_R
Dis baie styf, ek het in 2013 R1600 betaal vir als, by Werk en Leef uitrusters op Atterbury in Pretoria.
Re: Bevoegdheid Kursus kostes
Posted: Thu Sep 17, 2015 6:33 am
by win270
Seker jy sal dit teen goedkoper prys kan doen. Kontak ook vir Chris v/d Bergh by AFTA . . . sy sentrum is in Beyers Naude rylaan, sowat 1 km anderkant Cresta winkelsentrum oppad Johannesburg stad se kant toe.
Address: 219 Beyers Naude Dr, Randburg, 2195
Phone: 011 782 1217
Re: Bevoegdheid Kursus kostes
Posted: Thu Sep 17, 2015 7:28 am
by cobus s
Goeie more,
Ek het R2000 betaal so 6 maande terug by Randburg FireArms.
praat met Gideon.
Groete.
Re: Bevoegdheid Kursus kostes
Posted: Thu Sep 17, 2015 8:46 am
by Tollie
Ja Randburg Vuurwapens is 'n baie goeie opsie, hulle het R600 'n toets gequote.
Dan 'n paar van my vriende was by Magalies Wapensmede, hulle het R450 'n toets betaal.
Lekker dag
Re: Bevoegdheid Kursus kostes
Posted: Thu Sep 17, 2015 9:13 am
by Johnnie De Wet
My vrou het handwapen, geweer en haelgeweer bevoegdheid gedoen hierdie jaar @ R1200.00
Dit is nie vir die lisensie aansoeke nie, slegs bevoegdheid.
Re: Bevoegdheid Kursus kostes
Posted: Thu Sep 17, 2015 10:35 am
by junglejulian
Albert van STS opleiding in Bloemfontein vra R1400 vir al vier die katergoriee
Re: Bevoegdheid Kursus kostes
Posted: Thu Sep 17, 2015 11:30 am
by Ashley
As ek dit nie mis het nie vra Lyttleton Indoor Range in Centurion R400 vir die wetlike afdeling en R400 per wapen tipe
Ammo is dan nie ingesluit nie, maar is nou nie duur nie.
So vir jou opleiding behoort jy na so R2000 te kyk
Re: Bevoegdheid Kursus kostes
Posted: Thu Sep 17, 2015 12:24 pm
by Gabriel Lewis
Baie dankie vir al die insette!
Wat my redelik ontstel is, dat dit n "vriend" is wat my die pryse gegee het...... met vriende soos die , wie het vyande nodig...
Re: Bevoegdheid Kursus kostes
Posted: Thu Sep 17, 2015 1:36 pm
by Boerboel
Nie opkom vir die persoon nie, maar ek weet van paar mense wat ook groot bedrae geld vra vir die bevoegdheid, maar as jy klaar is dan is jy bevoegd, hulle spandeer meer tyd en ammunusie as ander mense
Ek weet ook van mense wat baie goedkoop is maar dan moet jy die wapens huur en ammunusie koop.
Vra dalk vir die friend wat hy saam gee, maar ja jy kan goedkoper weg kom
Re: Bevoegdheid Kursus kostes
Posted: Thu Sep 17, 2015 4:27 pm
by Gabriel Lewis
Sy paket sluit alles in....maar ek het glad nie intensiewe opleiding nodig nie. Het n paar vuurwapens onder die ou lisenssie stelsel.
Ek is tans besig om n paar oproeppe te maak en sal dan besluit neem oor watter instansie ek sal gebruik.