Page 1 of 1
Compressor vir bande ens...
Posted: Sun Sep 13, 2015 6:36 pm
by Cobus(Cobb)
Wie het 'n aftermarket compessor in sy 4x4 vir wiele pomp ens??
Werk hulle? Is dit moete werd of net 'n foefie??
Ek luister
Cheers
Re: Compressor vir bande ens...
Posted: Sun Sep 13, 2015 6:39 pm
by ruaanb
As jy die interne installasie roete gaan is ARB maar die antwoord. Hulle hou mooi.
Re: Compressor vir bande ens...
Posted: Sun Sep 13, 2015 7:45 pm
by Kallie404
Cobb,
Ek stem saam met ruaanb oor die ARB reeks, blerrie goed en blerrie duur. Ek self gebruik n TMAX ( ongeveer R 1500.00 ) pomp wat alle 4x4 Megaworlds verkoop. Hy werk ongelooflik goed. Ek verkies my draagbare eenheid eerder as n permanente installasie omdat jy hom bv lekker kan gebruik op n plaas of in die veld tussen verskillende voertuie en plekke. In my ondervinding werk die " cheapies" nie te goed nie.
Re: Compressor vir bande ens...
Posted: Sun Sep 13, 2015 7:48 pm
by ruaanb
Ek gebruik ook so R600 cheapie as draagbare een hy hou nou al 10 jaar
Re: Compressor vir bande ens...
Posted: Sun Sep 13, 2015 7:51 pm
by Cobus(Cobb)
R5k, gaan ek nie betaal nie...... R1500 klink goed, die vraag is nou om in te bou of te los as dra eenheid...??
Dis maar 'n "to Dad, from Dad" bithday gift, so willie te laf raak nie, volgende jaar verwag ek dan irets duurder...

Re: Compressor vir bande ens...
Posted: Sun Sep 13, 2015 7:56 pm
by tripodmvr
Het ene vir R320 by Adendorffs gekoop. Is maar stadig maar werk en is handig om saam te ry.
Re: Compressor vir bande ens...
Posted: Sun Sep 13, 2015 8:00 pm
by Plaashaas
Ek het onlangs n 160l/min 12v compressor by Outdoor warehouse gekoop. Ek gebruik hom maar meer vir die TLB's se wielle en moet se die een werk baie goed.
Re: Compressor vir bande ens...
Posted: Sun Sep 13, 2015 8:43 pm
by Pappabeer
Kallie404 wrote:Cobb,
Ek stem saam met ruaanb oor die ARB reeks, blerrie goed en blerrie duur. Ek self gebruik n TMAX ( ongeveer R 1500.00 ) pomp wat alle 4x4 Megaworlds verkoop. Hy werk ongelooflik goed. Ek verkies my draagbare eenheid eerder as n permanente installasie omdat jy hom bv lekker kan gebruik op n plaas of in die veld tussen verskillende voertuie en plekke. In my ondervinding werk die " cheapies" nie te goed nie.
T-max se goed is top kwaliteit. Ditto vir hulle Hi-Lift tipe jacks. Ek het onlangs my bakkie verkoop, en dan is dit lekker om jou Jack, kompressor, shackles en straps, en al die ander goed net so te kan gebruik op die nuwe een.
Terloops, daai mobile kompressor kan ook lekker gebruik word om te slag.
Re: Compressor vir bande ens...
Posted: Sun Sep 13, 2015 9:30 pm
by JTM
Ek het 'n Bushranger enkel silinder kompressor en 'n cheapie dubbel silinder. Die bushranger kop stof in die cheapy se oë. Dit kom ook met beter pype , koppelings , drukmeter en bedrading.
Die cheapy was ingebou agter in my bakkie by die laai stelsel en was altyd beskikbaar gou vir vinnige noodwerk van bande blaas tot stof van geweer afblaas. Die geleentheid wat ek wel beplande trips gedoen het het die Bushranger saamgery. Die cheapy dubbelkop was genoeg om 'n band op 'n rim te sit. Die trick van 'n ratchet strap om die loopvlak help om die bead uittedruk en dan met min druk terug te sit.
Re: Compressor vir bande ens...
Posted: Mon Sep 14, 2015 12:13 am
by Bakkies303
Het kompressor paar jaar terug by Midas gekoop. Hy is altyd in my bakkie en het nog nooit probleme gegee nie. Ek weet Wegry tydskrif het ook so 'n klompie jare terug 'n artikel gehad waar hulle verskillende kompressors vergelyk het.
Re: Compressor vir bande ens...
Posted: Mon Sep 14, 2015 12:46 am
by alecjohnson
Ek het 'n T-Max in my bakkie ingebou, dit werk uitstekend! Die ding pomp vinnig al 4 bande as ek hulle afgeblaas het vir sand. Ek is nie seker oor die volume nie, maar ek dink dis hier by 160L/min rond wat hy pomp.
Re: Compressor vir bande ens...
Posted: Mon Sep 14, 2015 6:15 am
by ruaanb
onthou net meeste installasies vind binne die engine kompartement plaas. ARB en soortgelyke fabrikate wat as interne installasie kompressors doelgemaak is kan die hitte hanteer.