Page 1 of 1

Ceracoat - Namibia

Posted: Thu Sep 10, 2015 2:40 pm
by FHM
My landsgenote ;) , weet julle wie doen ceracoating van vuurwapens hier in Nam?

Ek wil my Beretta se slide dieselfde 'dark earth' maak as die handstuk - op die oomblik is dit n swart slide met n dark earth frame.

Enige verwysings?

Re: Ceracoat - Namibia

Posted: Thu Sep 10, 2015 3:09 pm
by Williel
Francois, het jy vergeet ons is soos Gobabis, 5 jaar agter die res van die wereld. ++>:

Re: Ceracoat - Namibia

Posted: Thu Sep 10, 2015 3:22 pm
by FHM
Williel wrote:Francois, het jy vergeet ons is soos Gobabis, 5 jaar agter die res van die wereld. ++>:
Ek het by iemand gehoor daar is nou n plek in WHK wat dit doen maar die ou kon my nie die naam van die plek gee nie.
Sal Sven by Ahrens, Rosenthals en Gunther by Outdoor Warehouse n e-mail drop en vra - hulle sal sekerlik weet.

Re: Ceracoat - Namibia

Posted: Thu Sep 10, 2015 3:33 pm
by vriell
Williel wrote:Francois, het jy vergeet ons is soos Gobabis, 5 jaar agter die res van die wereld. ++>:
Nooit Willie,Jy is verkeerd ou mater !!! Ek stap Juliemaand in by bekende winkelgroep in Namibia en koop 2 blikke s365 en primers sonder die toon van lisensie of enige ander bewyse of sonder om in 'n boek te teken !!! Dis mos diens !!! ><) ><) ><) ><) ><) ><)

Re: Ceracoat - Namibia

Posted: Thu Sep 10, 2015 3:34 pm
by FHM
vriell wrote:
Williel wrote:Francois, het jy vergeet ons is soos Gobabis, 5 jaar agter die res van die wereld. ++>:
Nooit Willie,Jy is verkeerd ou mater !!! Ek stap Juliemaand in by bekende winkelgroep in Namibia en koop 2 blikke s365 en primers sonder die toon van lisensie of enige ander bewyse of sonder om in 'n boek te teken !!! Dis mos diens !!! ><) ><) ><) ><) ><) ><
:o :-X :o

Re: Ceracoat - Namibia

Posted: Thu Sep 10, 2015 3:37 pm
by Witpietskiet
Probeer vir Erich van Dyk, op Facebook gelees die man het die alleen reg op die franchise in Namibia (ek nogal nie gedink dat dit n franchise is nie, maar nou ja)

08een ses22 twee707

Gee daar bietjie terug voer asb

Mooi loop

Re: Ceracoat - Namibia

Posted: Thu Sep 10, 2015 4:07 pm
by FHM
Dankie Witpiet, nou-net met Rainer by Ahrens Guns gesels - hy se ook Erich adverteer dit op Vleisbroek maar hy weet nie vanwaar in WHK hy operate nie.

Sal hom more-oggend lui en hoor en laat weet op die draad.

Groete

Re: Ceracoat - Namibia

Posted: Fri Sep 25, 2015 12:45 pm
by FHM
Nee manne - ek kry nie daai plek of manne in die hande wat blykbaar die cerracote in WHK doen nie.
Van die ouens wat ek gebel het weet van / gehoor van die plek / mense wat dit doen maar niemand kan my n kontak nommer of besigheids adres gee nie.

As iemand in Windhoek hoor van of weet waar / wie dit doen laat weet gerus asb.

Hulle adverteer blykbaar op 'vleisbroek' maar ek is nie n lid nie. Indien daar van my landsgenote n 'vleisbroek' account het gaan loer tog daar of julle iets sien en laat weet asb.

Mooiloop

Re: Ceracoat - Namibia

Posted: Fri Sep 25, 2015 1:00 pm
by Witpietskiet
Probeer bietjie die volgende email en laat weet asb:
erichvandyk@gmail.com

Re: Ceracoat - Namibia

Posted: Mon Sep 28, 2015 1:11 pm
by FHM
Witpietskiet wrote:Probeer bietjie die volgende email en laat weet asb:
erichvandyk@gmail.com
Maak so - dankie

Re: Ceracoat - Namibia

Posted: Tue Sep 29, 2015 2:37 pm
by FHM
Ok manne ek het uiteindelik by die man uitgekom. (Erich van Dyk)

Tans werk hy uit sy huis uit en is in die proses om in Prosperita sy besigheid oop te maak met die kliente-basis wat groter raak.
Hy se hy neem 1 of 2 wapens in op n slag op die stadium om klaar te maak voor hy die volgende neem - operasie is maar klein so uit die huis.

Ek het gevra vir sy kontak besonderhede, fotos van sy werk asook verwysings van persone wat reeds sover by hom laat werk doen het - wag daarvoor dan plaas ek dit op die draad ;)

Re: Ceracoat - Namibia

Posted: Tue Sep 29, 2015 2:40 pm
by Williel
Goeie nuus, dankie Francois.

Re: Ceracoat - Namibia

Posted: Tue Sep 29, 2015 3:34 pm
by FHM
Kontak besonderhede:
Mobile: 0816222707
Huis: 061 242202
E-mail: erichvandyk@gmail.com

Ek verstaan Erich gaan ook hier op Jaracal registreer as lid - dan kan ons NAM manne lekker met die man gesels oor sy diens.

Aangeheg is n paar pics van die man se werk.