Classic Doubles kompetisie
Posted: Wed Sep 09, 2015 10:33 am
Vir diegene wat dalk sou belangstel, dis hierdie Sondag weer tyd vir die Classic Doubles kompetisie by Wattlespring Gun Club oos van Pretoria. 50 kleie, en jy moet met `n side-by-side van soorte skiet (daag op met `n OU en jy het outomaties `n handicap van 49 kleie...).
Ek is nie 100% seker van die inskrywingsfooi nie maar dis normaalweg in die omgewing van R 300 per skut wat gewoonlik `n gawe middagete ook insluit.
Dis nogal `n lekker sosiale geleentheid met allerhande lekker pryse (onder andere vir oudste geweer, mooiste geweer, ens). Daar is gewoonlik ook `n paar baie, baie mooi ysters waarna mens kan kyk tydens die "show & tell" na die tyd.
Registrasie is so 8h30.