Page 1 of 1

Howa 300 Win Mag Advies

Posted: Mon Sep 07, 2015 2:48 pm
by Flip Nel
'n vriend stel belang om 'n howa te koop ek weet daar is 'n paar topics gewees oor Howa en oor die 300 Win mag.

Hy wil die geweer koop vir algemene jag, langer afstande en in die bosveld met stapjag.

Nou sy vrae is,

1. Moet hy die dik loop Howa koop of kyk na een met 'n dunner loop kyk, bang die geweer gaan swaar raak.

2. Die geweerplek praat van dat jy kan kies watter kolf etc. opkom, kom glo so van die Fabriek af, Dalk enige advies watter kolf beter werk.

3. Is daar enige advies oor dinge wat sommer van die begin af gedoen moet word soos bedding etc.

Hy wil van die begin af klaar koop en alles regkry. Die geweerwinkel praat van so by die R12 000 begin vir die howa packet.

Dankie vir die advies

Re: Howa 300 Win Mag Advies

Posted: Mon Sep 07, 2015 2:52 pm
by Henry
Dis nou net ek, en ek is maar is sucker vir tradisie, maar ek hou van die houtkolf waarmee die Howa Hunter uitkom. Anner mense verkies weer die sintetiese kolf.

O, en dun loop.

Re: Howa 300 Win Mag Advies

Posted: Mon Sep 07, 2015 3:05 pm
by birklec
Ek dink die 300winmag kom net in dun loop

Re: Howa 300 Win Mag Advies

Posted: Mon Sep 07, 2015 3:08 pm
by junglejulian
Flip ek vermoed die 300Winmag kom slegs in die dunloop.Die Varmint profiel lope is beperk tot die kort aksies soos 243,22250 en 308.
Die hunter(Hout kolwe) is mooier vir jag maar nie meer funksioneel as die hogue(Plasties) kolwe nie.Die 300 se recoil sal baie getem word met die Hogue se goeie recoilpad.Die gelamineerde kolwe en Hunter kolwe het dun harde recoilpads

Verder verkies ek die classic of pro varmint kolf van Boyds ipv die Thumbhole.

Re: Howa 300 Win Mag Advies

Posted: Mon Sep 07, 2015 3:10 pm
by junglejulian
n goeie pillar bedding vir die geweer help altyd.
Gaan jou vriend in Namibie of Rsa Koop?

Re: Howa 300 Win Mag Advies

Posted: Mon Sep 07, 2015 4:32 pm
by Flip Nel
junglejulian wrote:n goeie pillar bedding vir die geweer help altyd.
Gaan jou vriend in Namibie of Rsa Koop?
In Namibia by Ahrens Guns, volgens hulle gaan daar ook 'n dikloop 300 win inkom, glo iets nuut, hulle verwag hulle hier einde van die jaar rond.

Re: Howa 300 Win Mag Advies

Posted: Mon Sep 07, 2015 6:26 pm
by JTM
birklec wrote:Ek dink die 300winmag kom net in dun loop
Legacysports het aangekondig dat hulle nou die Howa .300WinMag in hulle 24" Swaarloop varmint reeks uitbring. Dit is nog wel nie hier beskikbaar nie.

Die gewone loop is wel ook 24" vir die Magnum kalibers.

Re: Howa 300 Win Mag Advies

Posted: Mon Sep 07, 2015 6:38 pm
by junglejulian
Ek sal dan gaan vir die gewone Hogue kolf met die dik loop.Die verskil in gewig is nie vir my van so aard dat dit my pla nie.n goeie geweerbelt help baie vir die gewig.
As hy dan later kolf wil verander kan n gewone classic van boyds se loopkanaal oopgemaak word vir die dikloop profiel of n Pro varmint bestel word.

Re: Howa 300 Win Mag Advies

Posted: Mon Sep 07, 2015 7:25 pm
by Flip Nel
junglejulian wrote:Ek sal dan gaan vir die gewone Hogue kolf met die dik loop.Die verskil in gewig is nie vir my van so aard dat dit my pla nie.n goeie geweerbelt help baie vir die gewig.
As hy dan later kolf wil verander kan n gewone classic van boyds se loopkanaal oopgemaak word vir die dikloop profiel of n Pro varmint bestel word.

Ek let op dat 'n paar ouens gekla het oor die Hogue kolf wat baie elasties is, het geen ondervinding van hulle nie, net bang hulle gee nie konstante groepe nie, veral oor die 300 bietjie meer recoil het as van die anner kalibers, lyk of party ouens van hulle hou en anner wil niks weet nie. Wat dink jy van die Laminated kolwe ( Weet nie of hulle beskikbaar sal wees nie )

Re: Howa 300 Win Mag Advies

Posted: Mon Sep 07, 2015 8:22 pm
by Armand Steenkamp
Flip, ek sou eerder die gelamineerde kolf vat. Jy gaan heelmoontlik die sintetiese kolf vervang op n latere staduim.

Groetnis

Re: Howa 300 Win Mag Advies

Posted: Mon Sep 07, 2015 8:25 pm
by Henry
Koop vir eers hom in die Hogue sinteties, en vervang hom later met 'n GRS kolf. Aldus, dis wat ek sou doen.

Re: Howa 300 Win Mag Advies

Posted: Mon Sep 07, 2015 8:30 pm
by junglejulian
Die laminate kolwe is baie nice en meer stabiel as die hunter hout kolwe.veral as jy die euro varminter kan kry.hul moet maar wel ook gepak word en n nuwe recoil pad kry.ek sou wel eers die gewone hogue vat tot hy 100 % seker is watse tipe kolf hy verkies

Re: Howa 300 Win Mag Advies

Posted: Tue Sep 08, 2015 2:51 pm
by Gideon@1
Lyk my die Howa 300 Win Mag kom nou uit in 'n varmint loop.

Weet net nie of dit al hier beskikbaar is nie.

http://www.legacysports.com/barreled-actions

VARMINT/HEAVY BARREL - BLUE

HWB23303+ .300 Win. Mag. 5+1 in chamber 24" #6 31.25 6.65 lbs. Long .825" 1-10" twist $515.00

Groete