Geweersmids verslag

Post Reply
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Geweersmids verslag

Post by Armand Steenkamp »

Dagse manne, die alewige gesukkel om wapens te besit gaan voord!
Ek het n martini henry geerf. Op die lisensie staan dit is n .32 cal. Maar martini is eintlik n 577/450 . Ek moet nou n wapensmids verslag inhandig as ek weer aansoek doen. Die eerste een is afgekeer.
Wat moet persies in die verslag staan? Net dat die wapen met die reeks nr ...... nie n .32 is nie en eintlik n 577/450?

Groetnis
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Geweersmids verslag

Post by Pappabeer »

Môre.

Die wapensmid vul die SAP521(g) in, sowel as n kort beskrywing van die foutiewe en korrekte inligting op die wapen op sy briefhoof.

Jy vat dit na jou plaaslike copshop, betaal R140 of R70 of wat ook al en dit word dan verander op die sisteem. Dit wag ongelukkig soms maar baie lank.
Hier is die link na die vorm.

http://www.saps.gov.za/services/flash/f ... /e521g.pdf
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Geweersmids verslag

Post by Armand Steenkamp »

Dankie pappabeer. So ek stuur nie die verslag in saam met my lisensie aansoek nie?

Groetnis
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Geweersmids verslag

Post by tripodmvr »

Daar is tog ombouings met Martini aksies - kyk met 'n vernier wat se loopdeursnee jy kry. Indien naby aan .45 dan moet jy deur die aksies gaan.

Ek sou dink dat jy albei gelyktydig kan indien. Noem net die kaliberfout indien dit dan bestaan.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Geweersmids verslag

Post by Armand Steenkamp »

tripodmvr wrote:Daar is tog ombouings met Martini aksies - kyk met 'n vernier wat se loopdeursnee jy kry. Indien naby aan .45 dan moet jy deur die aksies gaan.

Ek sou dink dat jy albei gelyktydig kan indien. Noem net die kaliberfout indien dit dan bestaan.
Dis hoe ek ook maar gemeen het. Nee wat hy is verseker 577/450. Het gister gou gekyk en hy meet so .464

Groetnis
Post Reply