Page 1 of 1
Swart neus Eland
Posted: Fri Sep 04, 2015 12:13 pm
by Nickvn
Ek het nou al verskeie mense gehad wat gevra het oor die swart neus van die eland wat ek vroeer vanjaar gejag het. Ek het nog nooit n eland gesien met so n swart neus nie en wil net graag weet of iemand anders dalk duidelikheid kan gee oor die swart neus. Die ander elande wat ons daar geskiet het is die normale vaal kleur soos op die tweede foto.
IMG_8390.JPG
IMG_8505.JPG
Re: Swart neus Eland
Posted: Fri Sep 04, 2015 12:26 pm
by win270
Nick, in watter omgewing is die betrokke swartneus geskiet?
Re: Swart neus Eland
Posted: Fri Sep 04, 2015 12:31 pm
by Nickvn
Suid Vrystaat omgewing.
Re: Swart neus Eland
Posted: Fri Sep 04, 2015 12:46 pm
by win270
Hoe groot is die kudde en hoe lanklaas is nuwe bloed ingebring?
Re: Swart neus Eland
Posted: Fri Sep 04, 2015 12:53 pm
by tripodmvr
Pasop, as jy weer daar gaan jag gaan julle baie vir die "smartie" bokke moet betaal.
Ek sou half wou sĂȘ dit is soos 'n geboortevlek by die mens.
Re: Swart neus Eland
Posted: Fri Sep 04, 2015 12:55 pm
by Nickvn
win270 wrote:Hoe groot is die kudde en hoe lanklaas is nuwe bloed ingebring?
Dit is n baie groot plaas en daar is as ek reg onthou 400 elande. Die een was in n klein troppie van 5 bulle.
Re: Swart neus Eland
Posted: Fri Sep 04, 2015 1:06 pm
by Jean Marais
Hallo Nick
Jy't my aan die dink hier. Ek het so bietjie gaan rondkarp op google, en op die
https://en.wikipedia.org/wiki/Giant_eland afgekom.
Ek wonder of die outjie wat jy geskiet het, nie bietjie Derby Eland bloed in hom het nie.
Re: Swart neus Eland
Posted: Sun Sep 06, 2015 7:43 pm
by Allieman
Dit is nogal iets anders. Wonder waar kom so swart neus vandaan?
Re: Swart neus Eland
Posted: Sun Sep 06, 2015 8:58 pm
by kwagga
Daai swart gesig is baie tipies van die livingstone eland onder andere. Daar was vroeer jare areas waar die kaapse eland met die van die livingstone oorvleuel het. Daarom is dit bv in Limpopo redelik algemene verskynsel (verbastering).
Die swart gesig met chevrons onder die oe is baie gesog by livingstones.
Re: Swart neus Eland
Posted: Thu Sep 24, 2015 3:14 pm
by Piet Breedt
Dis n gewone Kaapse Eland. Hy het net so bietjie voer gevreet uit n ou olie drom
Re: Swart neus Eland
Posted: Fri Sep 25, 2015 8:27 am
by Nickvn