Page 1 of 1

Springbokke te oes

Posted: Thu Sep 03, 2015 10:17 am
by Johan04
More Manne

Ek het 50 sprinbokke wat ek moet laat skiet. Ek is bang die veld raak te min voor ons reenseisoen begin.
Ek verkies dat n oesspan dit doen,ek het nie tyd om die bokke bietjie bietjie te laat skiet nie.
Ek wil hĂȘ n span manne moet inkom ,skiet en die vleis wegvat.
Die plaas is in die Kenhardt omgewing.

PM my of bel my by 0824000549.

Johan

Re: Springbokke te jag

Posted: Thu Sep 03, 2015 12:31 pm
by Boomstomp
Hoekom dan nie eerder die titel "Springbokke te oes" nie?

Nou gee jy al die jagters wat net 1-10 wil skiet fals hoop!

Re: Springbokke te jag

Posted: Thu Sep 03, 2015 12:45 pm
by Dirkvh
Boomstomp wrote:Hoekom dan nie eerder die titel "Springbokke te oes" nie?

Nou gee jy al die jagters wat net 1-10 wil skiet fals hoop!
Ek hoop hierdie is tong in die kies en nie ernstig nie!!! :o

Re: Springbokke te oes

Posted: Thu Sep 03, 2015 12:52 pm
by Johan04
Daarshy Boomstomp,dis nou te oes.

Re: Springbokke te jag

Posted: Thu Sep 03, 2015 2:04 pm
by Boomstomp
Dirkvh wrote:
Boomstomp wrote:Hoekom dan nie eerder die titel "Springbokke te oes" nie?

Nou gee jy al die jagters wat net 1-10 wil skiet fals hoop!
Ek hoop hierdie is tong in die kies en nie ernstig nie!!! :o

hoekom?


Dankie johan04 :D

Re: Springbokke te oes

Posted: Thu Sep 03, 2015 3:01 pm
by PWV
Ek wil nie springbokke oes nie! Ek wil jag.
Kan jy dit nie verander nie?
>:+

Re: Springbokke te oes

Posted: Thu Sep 03, 2015 3:07 pm
by joe rocket
5 jaracal jagters 10 bokke per jagter teen oes pryse, bargain.

Re: Springbokke te oes

Posted: Thu Sep 03, 2015 3:21 pm
by DJC
Johan04,

My skoonpa se grond is daar naby, kan ek nie maar net die goed oorjaag na hom toe nie, dan is jou weiding problem opgelos >:D

Re: Springbokke te oes

Posted: Thu Sep 03, 2015 4:02 pm
by Johan04
Haha oom PW vir oom sal ek.

DJC wie is jou skoonpa?

Joe,wat is oesprys nou?

Re: Springbokke te oes

Posted: Thu Sep 03, 2015 4:26 pm
by ROBBIE1
Johan ek het gebel en sms gestuur. As dit nog beskikbaar is ek sal belangstel asb.

Kontak my dan gesles ons.

Re: Springbokke te oes

Posted: Thu Sep 03, 2015 8:21 pm
by Johan04
Bokke is verkoop. Dankie

Re: Springbokke te oes

Posted: Thu Sep 03, 2015 8:36 pm
by PWV
Johan04 wrote:Bokke is verkoop. Dankie
...so sonder slag of stoot!

Re: Springbokke te oes

Posted: Thu Sep 03, 2015 8:50 pm
by Fanta300
Weet nie van die stoot nie maar hulle gaan seker geslag word ;D

Re: Springbokke te oes

Posted: Thu Sep 03, 2015 9:17 pm
by VdWalt
Hahaha

Re: Springbokke te oes

Posted: Fri Sep 18, 2015 6:43 pm
by ROBBIE1
Baie dankie Johan vir die geleentheid dat ek by jou kon kom skiet. So klein storie manne.

Ek en Tiaan het saterdag oggend so 7h die pad gevat hier in Pta, Douglas toe, na n ou vriend van my wat ek 6j laas gesien het. So kom ons 3h daar aan, en het ons jare om in te haal.........
IMG-20150918-WA0004.jpg
Sondag het ons maar baie laag gele en uitgerus. Maandag oggend vat ek en Tiaan toe die pad Kenhardt toe. So gaan kns Prieska deur, en se die bortjies Marydale links, maar die Zumo se nee reguit. Da gaat ons....... Johan het mooi beduie op n mail, en hier raak die pad skierlik grond, terwyl ons moes teerpad he tot op Kenhardt. So gaat ons maar aan op die grondpad want die GPS se so!

Re: Springbokke te oes

Posted: Fri Sep 18, 2015 6:59 pm
by ROBBIE1
Hier spring die post nou sommer na n nuwe een, sorry julle.

Ja hiers hekke op die grootpad......

ons ry so 200km ompad en kom na n pap wiel ook nog, uit eindelik by Marydale uit!! Vriendelike mense glo julle my! Die man by die garage sit vir my n gater in, en beduie my sommer met nog n grondpad om by Johan se plaas uit te kom.

Aangekom ontmoet ons vir Johan, en wag vir die ander bakkie wat nog oppad is van Pta met die koeltrailer. Hulle het so 15h00 daar opgedaag. Gou gewere gaan inskiet, met n wind van 36km ph, en daar gaan ons bos toe, nee sorry veld toe! Eerste paar skote was maar n taamlike grap met die wind, maar toe ons ons stellings kry, het die job begin loop.
IMG-20150918-WA0001.jpg

Re: Springbokke te oes

Posted: Fri Sep 18, 2015 7:08 pm
by ROBBIE1
Dinsdag het ons die laaste klompie geskiet en so by 11h00 het ons toe op 61 gestaan.

Ons het toe halt geroep, en toes dit tyd vir ontspan!

N lekker braaiplek, beskut met 3doring skans wat Johan gemaak het, en toe maak ons vuur!
IMG-20150918-WA0002.jpg
IMG-20150918-WA0006.jpg

So het ons gekuier, sommer so uit die kaserol en van die vuur af geeet, en gebraai tot sononder.
IMG-20150918-WA0003.jpg


Manne dit was voorwaar lekker en n voreg om by Johan te kuier, wat n aangename man, en ek se dit wragtag nie net omdat Johan n lid is nie, dit was bef@k lekker!

Baie dankie my vriend, ek waardeer werklik hoor en dit was n fees!!