Page 1 of 1
Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 8:04 am
by 222
Die stukkie is deur 222'tjie onder my aandag gebring. Wat ding julle van dit?
http://www.shootforum.com/forum/BrassPrep.html
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 8:21 am
by James Wright
baie intressant.ek self gebruik daai man se metode 3 met puik resultate op meeste van my gewere
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 9:25 am
by spekieries
Baie dankie 222
Dit is baie interessant om te sien dat die verskil so klein is. Ek neem aan dit sal van geweer tot geweer verskil. Dit is waar wat die man s? toets alles.
and
"Do'nt fix it if it aint broke"
Groete
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 9:45 am
by THOMAST
Ek gebruik die sg "Parial Full Length Sizing" op al my doppe met baie goeie resultate.
Neck sizing sal miskien jou doplewe verleng, maar dit is volgens my nie so akkuraat as PFLS nie.
Ek twyfel ernstig of daar op hierdie aarde 'n geweer kamer is wat 100% konsentires en simmetries gesny is. Jou ge necksizede doppe neem mos nou die fatsoen aan van die kamer. Die enigste manier om te verseker dat jou patroon presies elke keer op dieselfde plek/posisie in die kamer ingaan is om die doppe te indeks en dan te probeer sorg om hulle versigig te voer, maar alles loop skeef as daai grendel toegemaak word.
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 10:24 am
by Arnold
Ek weet nie of my press of Lyman neck sizing die skeef is nie maar ek kry meer konsentriese doppe as ek Thomast se manier gebruik as neck sizing.
Ek sal nog moet kyk wat die resultate van my Redding competition dies is ...
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 11:00 am
by Hein M.
THOMAST wrote:
Ek gebruik die sg "Parial Full Length Sizing" op al my doppe met baie goeie resultate.
Neck sizing sal miskien jou doplewe verleng, maar dit is volgens my nie so akkuraat as PFLS nie.
Ek twyfel ernstig of daar op hierdie aarde 'n geweer kamer is wat 100% konsentires en simmetries gesny is. Jou ge necksizede doppe neem mos nou die fatsoen aan van die kamer. Die enigste manier om te verseker dat jou patroon presies elke keer op dieselfde plek/posisie in die kamer ingaan is om die doppe te indeks en dan te probeer sorg om hulle versigig te voer, maar alles loop skeef as daai grendel toegemaak word.
Thomast
Watter metode van size gebruik die meeste ernstige papierskieters? Weet jy is een van hulle. Ander ouens bv. oom Chris? Julle gebruik seker net Wilson dies?
Hein M
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 11:03 am
by Jagtersdok
Manne ja dit is 'n interesante brokkie.
Ek sou daarvan gehou het as die toets op die volgende manier gedoen was.
2 foulers 5 skote op manier 1. 2 foulers 5 skote op manier 2 ens.
Ja ek weet die manne s? met die round robin manier sprei mens die loop vuilheids faktor uit, maar tog is jou laaste skoot in die rondte altyd die een wat aan die kortste end trek.
Ook is dit 'n human error ding daai laaste groot skoot is ons baie keer geneig om op te neuk.
Tweedens stem ek 110% Saam met Thomas daar is nie 'n perfekte kamer nie, maar dar is ook nie in my opinie perfekte matryse nie, en ek het al die doppe met micrometer gemeet wat uit die fancy full length dies van Forester en Redding kom en as jy oor die hele dop meet stukkie vir stukkie sal jy sien daar is ook maar bulges en bruises as ek dit so kan noem.
Derdens dink ek die toets met een spesifieke geweer met een spesifieke on aangepaste lading en glo my maar vry jy moet daai load so bietjie aanpas veral as jy 'n groot jag kamer het met langerigge vryboor is nie 'n ware refleksie nie. Toets 10 gewere en al die varialbles en kyk dan wat jou resultate is.
Ek het die toetsie al met paar gewere gedoen al my gewere het beter met neksizing presteer as met full length sizing, behalwe my 243, hy soek die volle behandeling.
Ander manne se gewere wat ek laai en daar is heelwat is party beter met nek en party beter met vol.
Ja gaan toets maar toets elke geweer en maak seker jou landings is ook aan gepas veral vir die groot kamers.
Slegs as jy goed genoeg getoets het sal jy weet vir elke geweer
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 11:53 am
by 222
Jagtersdok wrote:
Ek het die toetsie al met paar gewere gedoen al my gewere het beter met neksizing presteer as met full length sizing, behalwe my 243, hy soek die volle behandeling.
Neels
Dieselfde ondervinding gehad. Is of die (skuus manne) 243 baie meer gesteld is op sy dieet en manier van kos voorbereiding as ander gewere
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 3:14 pm
by Koos Barnard
Dag Neefs
Sommer net iets wat ek nogal gesteld op is wanneer ek herlaai. Hoe reguit die dop is en hoe konsentries die totale patroon gelaai word is volgens my ondervinding baie dikwels meer belangrik as om van 'n nek- of full length sizer die gebruik te maak. Ek het byvoorbeeld kompetisie dies vir al my gewere begin gebruik maar toe agter gekom hulle wwerk nie. My 7x57 en .30-06 en .375 het normale massaproduksie kamers en die is so groot gesny dat kompetisie dies die doppe te veeel vervorm. Ek het jare gelede, toe QPS nog net begin het aan oom Kassie en Hendrik gewys hoe krom die doppe uit die fensy dies kom nadat ek hulle gebruik het ('n demo in hulle shop). Soos 'n aap het ek al my goedkoop dies toe reeds verkoop. Dus het ek toe weer does moes koop en gebruik nou Lee se full length resizer vir my 7x57. en 'n redding bushing die vir die .30-06 (vollengte). Na ek gesize het meet ek die doppe op die run-out gauge. Die wat meer as 3 thou roun-out het gaan vir oefen en kortafstandskiet en die mooi reguit doppe vir jag en verder skiet. Reguit doppe gee beter akkuraatheid in my gewere as doppe wat dieselfde weeg. Wanneer ek nuwe doppe vir my .30-06 voorberei size ek hulle, sny die nekke aan die buitekant en sit hulle weer deur die Lee die, soms kry ek selfs krom doppe reguit op daardie manier maar wanneer 'n dop krom van die fabriek af kom bly hy in baoe gevalle krom totdat jy hom geskiet het en selfs dan is daar nie salf te smeer aan sommiges as jy hulle weer size nie. Hulle kom mooi reguit uit die kamer maar druk hulle deur die die en siedaar hulle lyk soos piesangs.
Groetnis
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 3:20 pm
by Jagtersdok
Oom Koos
Jy is so reg met daai runout. Dit is waarna jy moet streef om die konsentrisiteit en opleining 100% te kry.
As jy na die artikel ook gaan lees maak dit nie sin wat die man s? die Runout is so min met die 4de metode maar dit het so swak presteer.
Maar ja ek glo man moet toets wat jy jou roer voer en ook hoe jy dit doen.
Neels
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 7:01 pm
by Ponkie
Oom Koos
Hierdie is vir my baie interesant.
Ek en Stef764 het juis vandag in Safari&outdoor gestaan en gesels oor wat nou juis die beste manier is...? Necksize of fullsize?
Ek was onder die indruk dat necksize die beste manier is, maar nou wys hierdie man se artikel dan vir my anders?
En Oom se dat "'n reguit dop" van meer belang as Neck of Full size is. Maar indien ek nou nie weet of my doppe almal reguit is nie? Hoe sorg ek, sonder om elkeen fisies voor die tyd te check dat my doppe almal reguit is as hulle gereed is vir kruitgooi? Maw is daar 'n stadium wat die dop self reguit gedruk word tydens neck/fullsizing in die "die"?
Groetnis
Ponkie
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 8:48 pm
by Frikjordaan
Nou die dag 'n intressante gesprek gehad met herlaaier wat ook baie aandag aan sy doppe gee, doen al die gewone dinge maar soek doppe uit deur hulle ook te toets of die doppe se onderkant konsentries is met die wande.
Sit die dop in 'n Lee case houer wat vasdraai en 'n draai die dop met battery boor redelik stadig. As hy wobble dan gebruik hy nie daai dop nie.
Ook geprobeer en dit wil lyk as of dit 'n goedkoop maar bruikbare toets is en die resultate word bewys oor dit wat ek op die run-out gauge sien.
Groetnis
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 9:35 pm
by DawieKotze
Frik
"Sit die dop in 'n Lee case houer wat vasdraai en 'n draai die dop met battery boor redelik stadig. As hy wobble dan gebruik hy nie daai dop nie."
Nou presies hoeveel moet die dop wobble voor jy hom uitgooi? Ek het vandag 100 PMP doppe ge-"prep" deur hulle in die boor te sit en omtrent almal het meer of minder ge- wobble. Dit pla my ook, maar hoeveel wobble dui op uitgooi?
Is die antwoord om een van daai "runout goeters" te koop?
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 9:41 pm
by Cobus(Cobb)
........en hoe kry jy die "wobble" uit hom uit?? ??
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 10:10 pm
by Koos Barnard
Naand Neefs
Ponkie jy moet elke dop toets, vir konsentrisiteit, daar is nie 'n kortpad nie en ja, die enigste manier waarin ek glo is om 'n run-out gauge te koop. As 'n dop krom uit die fabriek kom kry jy hom moeilik reg, beslis nie met neck size nie en net soms met full length size. As jy jou doppe behoorlik toets, maw, konsentrisiteit, nekwanddikte en gewig sal jy sien dat skaars 60 uit 100 die paal haal en heel dikwels slegs 40. Maar moet nou nie polse sny nie, selfs die krom doppe skiet OK vir jag. Dis net vir papierskiet waar jy punte moet maak, dat die krommes te bont skiet. Baie van daai onverklaarbare flyers is die krom doppe se skuld.
Groetnis
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Thu May 26, 2011 10:48 pm
by Ponkie
Oom Koos
Nou verstaan ek. Dis is seker waarom ek nie somtyds kan verstaan as ek dink ek het nou ALLES reg gedoen en steeds kry ek nie daai 25mm groep gekrimp na 15mm op 100m nie. Of uit 5 skote sal daar dalk 'n flyer wees en 15mm weg van die res sit.
Ek het so rukkie terug my doppe gesorteer en 50 Norma doppe uitgeweeg. Die doppe was in die tumbler. Daarna gefull-size en die slagdoppies verwyder. Daarna is die doppe op lengte gesny, die slagdopgate skoon gemaak en die ontbrandinggaatjie is oor gesny. Daarna is die doppe se bekke gegroom en die nekke almal buitekant gesny tot op dieselfde dikte.
Nou het ek gedink ek het alles gedoen wat ek kon doen... Behalwe om egter te check vir "krom" doppe. Ek het die regte TPL en lading uitgewerk en gedink hierdie Nosler BT's MOET nou vir my konstant <25mm groepe uit die 308, maar steeds was dit nie die geval nie.
Dink Oom my probleem le in die dopvoorbereiding proses en dat ek dalk "krom" doppe kan he? Ek is amper 100% seker die fout kan nie by die geweer self le nie... ek is seker die loop is floated, die aksie is gepak en die scope is 'n Burris 6.5-20x50.
ns. Jammer as dit dalk voorkom of ek die topic hi-jack. Ek dink net my probleem met akkuraatheid mag dalk le in die "dopvoorbereiding"...
Groetnis
Ponkie
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Fri May 27, 2011 6:12 pm
by Cobus(Cobb)
I use a O-ring with my dies to let them float just enough to find the path of least resistance which gives straighter rounds with the least amount of run-out. Locking the dies down rigid in the press does not mean they are aligned with the ram and shell holder or that you tighten the lock ring square to the threads. Try this take one of your dies and after it is screwed all the ray down to the lock ring back it off about 1/2 turn and see how much it will wiggle back and forth you can see the misalignment. This is due to the fact that these are machined or cut threads and have tolerances and to get the tightest fit for threads you have to grind them and lap them. It is a lot easier to use a O-ring under the die and there are two ways that I know of.
Ek het hierdie op 'n Yank website gekry...
Enige komentaar oor die ou se stellings...??
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Sun May 29, 2011 11:44 am
by Koos Barnard
Ponkie
Vandat ek begin het om vir reguit doppe te sorteer het my groeperings baie verbeter. Om doppe te weeg is die maklikste manier om hulle te sorteer want almal het 'n skaal. Dis egter die moeite werd om 'n run-out gauge te koop. Tydens herlaaiklasse het verskeie persone al vir my van hul ammunisie gebring en dis 'n openbaring om te sien hoe krom baie ammo is. Sorteer ook die doppe met die mees konstante dopnekdikte bymekaar. Al sny jy alle doppe na dieselfde nekdikte moet jy onthou dat die kans goed is dat doppe waarvan die nekdikte nie lekker was nie daardie selfde "flaw" reg deur die lengte van die dop mag he. MAW, die dop mag net soos die nek, 'n dikker stuk aan die een kant he tot by sy basis. So 'n dop sit nie alle kante toe ewe veel uit die wat weer druk/snelheid en alle sulke heilige dinge onheilig kan maak.
Onthou egter dat groeperings nie die begin en die einde van akkuraatheid is nie. Te veel mense konsentreer te veel op groeperings van die bench af en goeie groeperings gee jou dikwels valse selfvertroue. Kyk liewer hoe jou groeperings lyk van 'n praktiese rus af. kan jy 'n vier of sesduim kol raakskiet op 200m van so 'n rus af. Terloops onthou nook net dat sommige doppe krom uit die fabriek kom en wat jy ookal probeer, hulle is soos my oudste laaitie wat by Black label bier vasgehaak het, onrehabiliteerbaar.
Die floating die gedagte werk in teorie baie goed en ook in die praktyk. Ek doen dit byvoorbeeld met my bushing die vir die .30-06 maar ek drai net die bushing verstelling effe los, gebruik nie die o-ring nie. Het die floating die konsep met 'n Forster press probeer (eintlik die floating shell holder) maar dit het nie die gewenste uitwerking gehad nie.
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Sun May 29, 2011 3:41 pm
by Hein M.
Koos Barnard wrote:
Terloops onthou nook net dat sommige doppe krom uit die fabriek kom en wat jy ookal probeer, hulle is soos my oudste laaitie wat by Black label bier vasgehaak het, onrehabiliteerbaar.
Ai, alle simpatie. Solank dit net by Black Label bly...
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Sun May 29, 2011 8:04 pm
by Ponkie
Oom koos
Dit maak vir my sin wat Oom se. Baie dankie vir die raad!
Groetnis
Ponkie
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Sun May 29, 2011 9:26 pm
by Christo
Waar koop ek 'n runout guage ??
Is daar een iewers wat iemand van weet. Ek sien een iewers op die net nie te koop nie.
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Sun May 29, 2011 10:04 pm
by Koos Barnard
Hein
Die laaitie suip darem nie, is heel verantwoordelik, drink net die verkeerde bier. Maar vir 'n oud Suidwester wat Windhoek bier verkies is dit vreeslik om te sien dat die jongeling mynwerkerbier verkies. Christo probeer Safari & Outdoor vir die run-out gauge.
Re: Dopvoorbereiding en akkuraatheid
Posted: Sun May 29, 2011 10:13 pm
by Jagtersdok
Christo
bel vir oom Kassie more, hy is mos nou deel van Safari Outdoor, maar ek is seker hy het nog stock.
0825612417
Neels