Page 1 of 1
Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Aug 31, 2015 1:13 pm
by henried
Ek het toegang tot ‘n privaat dam gekry, grote so 100mx130m, hy avg so 2m diep. Baie bome en riete om die dam. Die eienaar vang nie vis nie, is nie seker wat daar is nie.
Voor die winter het ons ‘n dag daar spandeer, net babers gekry. Daar was wel skole klein karpies, 5cm klein.
Ons was Saterdag weer daar. Ek het 3 stokke in gehad. Een met platanna, een spesie stok, en een normale voer met deeg en ertwurm. Ek het selfs my stoppe langer gemaak, hulle was kort vir die begin. Ons het nie eers ‘n byt gehad nie. Van so 16:00 het ons karp tot so 5kg in die vlak water gesien. Meeste van die tyd het my aas netso uit gekom…
Wat kan ek doen?
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Aug 31, 2015 2:13 pm
by Frederik
Hoe oud is die dam?
Dit is ook nog nie lekker warm genoeg nie, kan ook wees dat daar slik op bodem is en jou aas daarin verdwyn probeer jou aas te lig met 'n floatie. Jy sal ook voerplek moet maak so sal jy ook sien of daar enige aktiwiteit is.
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Aug 31, 2015 2:19 pm
by henried
Dam is al jare daar.
Ek het floaties probeer, my stop van 5cm na 10cm en toe na 20cm verander, sonder enige byt.
Ek sal volgende keer voer plek maak.
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Aug 31, 2015 2:31 pm
by Stephan86
Aangesien daar niemand anders by die dam vang nie, sal ek voorstel jy moet so natuurlik as moontlik gaan (old-school).
Probeer dalk 'n soet degie, bruinbrood ens. Kan ook nie dink dat 'n wurm nie sal werk nie.
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Aug 31, 2015 2:33 pm
by FCLoretz
Henrie,
Het jy al met die vliegstokke probeer?
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Aug 31, 2015 2:34 pm
by Philip_R
Bruinbrood, eier en Vanilla deegie
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Aug 31, 2015 2:41 pm
by Dawie Malan
Gebruik 'n fyn muskietnet of as jy een kan bou 'n visskokker. Jy bou hom met 'n inverter en 'n 12v battery. Kyk dan wat se spesies klein vis jy in die vlakwater kan vang of verlam. Van daar af hengel jy vir daardie spesies.
Groete
Dawie
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Aug 31, 2015 2:59 pm
by tripodmvr
Ek sou selfs dobbertjie met baie lang strop en degie probeer. Eier en koekmeel deeg werk tops - bietjie vlapoeier gee hom kleur.
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Aug 31, 2015 3:01 pm
by G-force
Duik bril en swem broek Henrie...Of nooi ons saam.
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Aug 31, 2015 3:17 pm
by henried
Dankie julle.
Ek het nog nie vlieg stok probeer nie.
My seun het nogals genoem hy dink ons moet meer natuurlik vang.
Ons het dobbertjie met deegie, ertwurm ook probeer.
Daai skok stok is nr1 op my lys...
Duikbril en snorkel in Nr2...
Ek vat sommer my "life bait" gooi net..
Ek het koffie deegie probeer, sweetcorn mielies, en TCP floatie...
Ek kon nie glo die baber tel nie die platties op nie...

Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Tue Sep 01, 2015 9:09 am
by FCLoretz
Henrie, kan jy die kom die babers op, om op die water bo te eet? Want dan kan jy lekker babers vang op die vliegstok, maar gaan maar #9 anders gaan jy dalk moet nuwe stokke koop
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Tue Sep 01, 2015 9:18 am
by henried
Wat kan ek gebruik vir voerplek?
Iemand sê gister ek moet hoendermis gebruik, klink vir my na 'n storie...

Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Tue Sep 01, 2015 9:37 am
by Kingy
Daar was laas week gepraat oor hoendermis, die algehele gevoel is om dit nie te gebruik nie, probeer maar chick chick mielies en maroek as jy kan. Dalk die visse so bietjie gewoont maak aan wat jy hulle voer, aangesien niemand juis daar vis vang nie. In die koue is die vis ook maar stil.
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Oct 19, 2015 3:26 pm
by golf3
As ek my 5c kan ingooi!
As die dam al jare bestaan en die eienaar nie self vang nie
Dan so my logika vir my dat daai vis in daai dam net gewoont is aan die natuurlike
kos wat in die dam is dws die slakkies, alge ens
Probeer eers om die vis gewoond te maak aan ander beskikbare kos soos bv. mielies
Dan na n maand of so probeer weer vang
Die selfde geld vir damme wat groot vis het maar nog nooit n boilie of particle gesien het nie
Hoop jy kom reg
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Oct 19, 2015 3:37 pm
by Lourens Potgieter
Henrie, kry vir jou 'n sak voer by 'n hengelwinkel. Hoek lyne 12 cm lank.Hooflyn van strop 20cm lank.op een stok sit jy op die hoeke rys korreltjie grootte plain deeg(koekmeel en dam water). Op ander strop se hoeke sit jy enkel float op elke hoek(vampire bleeding float).So sien jy of die vis op die grond of in die lug voer. Minimaal dip, ook net sagte geur soos piesang of peach. Ek weet nie op watter vlak jou hengel is nie. Weet jy hoe lyk 'n gly-rietvlei strop???
Klein hoeke. Fear None 0.8
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Oct 19, 2015 3:39 pm
by bush hat
Vraag: Is dit nie nou byna spawn-tyd vir karps nie ?
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Oct 19, 2015 3:44 pm
by Dirkvh
henried wrote:Van so 16:00 het ons karp tot so 5kg in die vlak water gesien. Meeste van die tyd het my aas netso uit gekom…
Wat kan ek doen?
9.3x62 met 'n solid mono wat stadig loop is die sous vir Sannie

Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Mon Oct 19, 2015 6:15 pm
by Apie
Dirkvh wrote:henried wrote:Van so 16:00 het ons karp tot so 5kg in die vlak water gesien. Meeste van die tyd het my aas netso uit gekom…
Wat kan ek doen?
9.3x62 met 'n solid mono wat stadig loop is die sous vir Sannie

Sit net jou duikbril op!
Dit gaan bietjie spat!
Re: Hulp met nuwe dam.
Posted: Tue Oct 20, 2015 2:06 pm
by Lourens Potgieter
bush hat wrote:Vraag: Is dit nie nou byna spawn-tyd vir karps nie ?
Al die karps spawn nie op een slag nie. Hulle moet so af en toe rus en darem ietsie eet ook....
