Page 1 of 1

Fluting van loop

Posted: Sat Aug 29, 2015 11:12 am
by geelslang
Hallo almal

Ek wil graag weet of mens 'n dikloop fabrieksgeweer se loop kan flute om hom ligter te maak.
Sal dit n negatiewe effek op die wapen se akkuraatheid he?

Groete
Geelslang

Re: Fluting van loop

Posted: Sat Aug 29, 2015 11:31 am
by tripodmvr
Die idee agter die "fluting" is grotendeels om 'n groter oppervlak metaal bloot te stel aan die lug om verkoeling te bevorder. Daar sal 'n geringe afname in gewig wees. Ek weet nie wat se koste so proses inhou nie, maar dit kan die kool die sous nie werd wees nie. Dit kan ook veroorsaak dat die loop se akkuraatheid benadeel kan word omdat stres binne die loopstruktuur verander word. As die loop so vervaardig word kan die loop se eienskappe en afmetings beter bepaal word.

Re: Fluting van loop

Posted: Sat Aug 29, 2015 1:06 pm
by geelslang
Baie dankie. Dit maak sin. Die beste is dan om te "manup" en dra die ding.

Groete

Re: Fluting van loop

Posted: Sat Aug 29, 2015 1:53 pm
by tripodmvr
Ek dra my 223 dikloop en my 375 wat my swaarste gewere is. Kry vir jou 'n sintetiese rubber belt - Vanguard of soortgelyk. Dit gly nie maklik af nie en die veerkragtigheid laat dit voel asof die geweer ligter is.

Re: Fluting van loop

Posted: Sat Aug 29, 2015 4:35 pm
by Finfan
geelslang wrote:Baie dankie. Dit maak sin. Die beste is dan om te "manup" en dra die ding.

Groete
Jy gaan nie vreeslik op gewig spaar om jou loop flutes te laat sny nie. Dit lyk wel mooi, maar nie al die arbeid en onkoste op jou geweer die moeite werd nie.

Re: Fluting van loop

Posted: Sun Aug 30, 2015 8:33 am
by Jacquesb
Kry n caddy.

Re: Fluting van loop

Posted: Sun Aug 30, 2015 8:57 am
by tripodmvr
Gholfkarretjie?

Re: Fluting van loop

Posted: Sun Aug 30, 2015 11:00 am
by Apie
3 maande se gym lidmaatskap gaan minder as die fluting kos.....

Re: Fluting van loop

Posted: Sun Aug 30, 2015 11:01 am
by Apie
My 9.3 is bitter swaar vir n jaggeweer en hy het my in n beter bosveld jagter verander.
Loop stadig, koelte tot koelte, stop(rus) kort kort en kyk mooi...