BRNO ZKK600 / 30-06. Groepering met factory ammo?
Posted: Tue Aug 25, 2015 4:52 pm
Middag vriende
Graag wil ek asseblief weer julle kennis en hulp vra vandag as julle so gaaf sal wees. Ek het vroeer die jaar n' BRNO ZKK600 in 30-06 kaliber gekoop wat in n' baie goeie kondisie is en wat baie min skote geskiet het. Tot op hede 110 skote. Ek was nie tervrede met sy groepering nie en het nou na die jag seisoen hom gevat na n' geweersmit wat vir my sy set trigger uitgehaal het en sy oorspronklike sneller wat ek ook saam gekry het ingesit en bietjie mooi gepolis of afgewerk het. Daarmee is ek baie tevrede die sneller breek nou lig jare beter. Ek het ook gevra dat die geweersmit kyk en wat ook al se bedding hy moet doen moet gedoen word, want ek is nie tervrede met die geweer se groepering nie. Waarop die geweersmit my so plus minus n' kwotasie gegee het om die bedding te doen. Vandag het ek die geweer gaan haal. Die bedrag was so bietjie minder as aanvanklik aan my gese was, waarop ek toe nou begin uitvra wat als gedoen was. Vir my is daar toe gese nee daar was nie bedding gedoen nie, dit was nie nodig nie, net druk punte was weg gevat. So vra ek of daar baie druk punte was, toe is sy andwoord hy het einlik die geweer druk punte gegee. My volgende vraag was het hulle die geweer geskiet, daar was toe net vir my gese hy sal nou reg wees.
So het ek die geweer netnou weer gou in die tonnel gaan skiet en nou is die groeperings nog slegter.dis maklik 80mm groeperings en rond en bond. Nou wil ek by julle hoor, watse groepering sal aanvaarbaar wees as ek met hierdie geweer skiet op 100. En met factory pmp 150 of 180gr patrone. Want ek is nou baie teleurgesteld. Wie het nog so BRNO en watse groepe skiet julle manne? En watse bebedding het julle gedoen. Ek luitser graag