Page 1 of 2

Beste pryse?

Posted: Tue Aug 25, 2015 11:56 am
by Murray
Jis manne
Wie in die Kaap se teleskoop pryse is die beste? Night Force verkieslik

Dankie

Re: Beste pryse?

Posted: Tue Aug 25, 2015 3:09 pm
by vossie1
Vra liewers wie hou dit aan. Jy kan by safari probeer en as jy nie regkom nie probeer by safari en as jy nogsteeds nie regkom nie probeer by safari ;D ;D ;)

Re: Beste pryse?

Posted: Tue Aug 25, 2015 9:23 pm
by Murray
Ja Vossie. Het so gereken, maar ek wil net seker maak ek kan nie daai NXS erens anders goedkoper kry nie.

Re: Beste pryse?

Posted: Wed Aug 26, 2015 10:06 pm
by Murray
Dankie Dirkie vir die goeie advies. Dit blyk dat Safari nie naastenby die goedkoopste NF scopes het nie. So R3k duurder op n NXS.

Re: Beste pryse?

Posted: Thu Aug 27, 2015 6:55 am
by Albert_7
In vergelyking met?

Re: Beste pryse?

Posted: Thu Aug 27, 2015 6:59 am
by vossie1
Wow dit is n groot besparing as jy appels met appels vergelyk het. Waar is die verskaffer murray

Re: Beste pryse?

Posted: Thu Aug 27, 2015 10:35 am
by cassie_calvinia
wie verkoop dan nog NF??

Re: Beste pryse?

Posted: Thu Aug 27, 2015 3:50 pm
by Murray
Vra vir Pinkes. Oom Willem se pryse is baie goed!!!

Re: Beste pryse?

Posted: Thu Aug 27, 2015 7:10 pm
by Gawie(13mm)
Raai, raai riepa.

Manne, as jul inligting of hulp soek is hier baie manne wat graag help, maar die ge rond chommel, maak my nou half gaar. >:D

Deel met ons asb.

Re: Beste pryse?

Posted: Thu Aug 27, 2015 7:16 pm
by Blouwdraad2
Gawie(13mm) wrote:Raai, raai riepa.

Manne, as jul inligting of hulp soek is hier baie manne wat graag help, maar die ge rond chommel, maak my nou half gaar. >:D

Deel met ons asb.
+1 Ek brand nou ook om te weet!

Re: Beste pryse?

Posted: Thu Aug 27, 2015 8:02 pm
by Capt. Yoda
Vryburg van alle plekke

Re: Beste pryse?

Posted: Thu Aug 27, 2015 8:39 pm
by Gawie(13mm)
Capt. Oblivious wrote:Vryburg van alle plekke
Jinne, ma ek sukkel met julle!!
Watter een van die twee kruitsmouse op Vryburg verkoop die NF by die agterdeur? >:D

Re: Beste pryse?

Posted: Thu Aug 27, 2015 8:47 pm
by Murray
Oom Willem by Malopo wapens

Re: Beste pryse?

Posted: Fri Aug 28, 2015 6:23 am
by Frikkie Coetzee
En watter ringe gaan jy gebruik vir daai lekker at trajek met so groot scope? ;D

Re: Beste pryse?

Posted: Fri Aug 28, 2015 6:29 am
by Gawie(13mm)
Murray wrote:Oom Willem by Malopo wapens
Dankie Murray.
Ek dink Malopo gaan na dese uit vir raad wees. ;D

Re: Beste pryse?

Posted: Fri Aug 28, 2015 7:35 am
by Dries101
Ek dog Safari is die enigste verspreider?

Re: Beste pryse?

Posted: Fri Aug 28, 2015 8:03 am
by vossie1
Dit is wat ek ook gedink het Dries!

Re: Beste pryse?

Posted: Fri Aug 28, 2015 8:27 am
by Murray
Julle weet wat dog gemaak het. Behalwe dat hy in sy broek gek@k het, het hy meer betaal ook
:laugh:

Re: Beste pryse?

Posted: Fri Aug 28, 2015 8:31 am
by Dries101
Is seker waar. Maar as my 20k scope op pak gaan Safari hom vir my uitsort.... Dalk daai 3k ektra werd. Want grys produkte val buite waarborg laas toe ek geloer het

Re: Beste pryse?

Posted: Fri Aug 28, 2015 8:51 am
by Hein22
Ek was ook onder die indruk dit is net Safari. Het gou op nightforce se website gaan kyk....net safari is daar gelys!

Re: Beste pryse?

Posted: Fri Aug 28, 2015 8:54 am
by Hein (Haan)
Ek sal nie skroom om by Willem iets te koop nie. Het al en gaan weer!

Re: Beste pryse?

Posted: Fri Aug 28, 2015 9:04 am
by Dries101
Niks teen oom Willem nie. As hy n verspreider is, is daar geen probleem nie en ek sou op so n bargain spring. As hy nie is nie gaan jy issues he met die waarborg sou dit nodig wees.

Re: Beste pryse?

Posted: Fri Aug 28, 2015 9:08 am
by Capt. Yoda
Dries101 wrote:Is seker waar. Maar as my 20k scope op pak gaan Safari hom vir my uitsort.... Dalk daai 3k ektra werd. Want grys produkte val buite waarborg laas toe ek geloer het

Daai scope kom direk van Safari af, daai oom sal hom vir jou net so vinnig om ruil en n NF moet mos nie breek nie
As jy genoeg koop by Safari en mooi vra is ek seker hul sal hom vir jou teen dieslefde prys gee

Re: Beste pryse?

Posted: Fri Aug 28, 2015 9:20 am
by Dries101
Capt. Oblivious wrote:
Dries101 wrote:Is seker waar. Maar as my 20k scope op pak gaan Safari hom vir my uitsort.... Dalk daai 3k ektra werd. Want grys produkte val buite waarborg laas toe ek geloer het

Daai scope kom direk van Safari af, daai oom sal hom vir jou net so vinnig om ruil en n NF moet mos nie breek nie
As jy genoeg koop by Safari en mooi vra is ek seker hul sal hom vir jou teen dieslefde prys gee
Dan is dit mos n goeie deal. oom Willem gaan dan baie besigheid kry. En ouens die goed is duur maar moet genuine nie oor huidige Nightforce pryse kla in SA nie- gaan kyk maar op die groot oorseese sites. Sit n $100 vir posgeld by en n minimum van 14% btw(dalk nog so 20% vir SARS hang af hoe hulle voel) Dis scary met die rand nou

Re: Beste pryse?

Posted: Fri Aug 28, 2015 9:25 am
by Blouwdraad2
Kan iemand dalk sy (Malopo wapens) se kontak besonderhede vir my pm.

Groete