Page 1 of 1
Foxpro Firestorm en Wildfire
Posted: Wed May 25, 2011 8:49 am
by Gernie
Goeie dag almal.
Ek het so vinnig op Foxpro se website geloer en sien toe die nuwe modelle daar:
- -Wildfire
- Firestorm
Wil vir my voorkom dat die Wildfire basies die FX3 se upgrade is, en die Firestorm die Spitfire sin?
Enige iemand dalk al blootstelling met die bogenoemde gehad? Watter een sal jul voorstel?
Indien enige iemand weet van 'n FX3 wat nog beskikbaar is, laat weet asb. Het 'n vriend wat dalk belangstel.
Ek luister graag,
Gernie
Re: Foxpro Firestorm en Wildfire
Posted: Wed May 25, 2011 9:16 am
by Jassie
Gernie
As ek die pryse so kyk is dit beslis bietjie meer as net 'n "upgrade". Die Spittie is darem baie meer basies as groter boetie maar verig maar almal tog dieselfde job net met meer of minder moeite
Re: Foxpro Firestorm en Wildfire
Posted: Wed May 25, 2011 11:26 am
by tafjak
Gernie
Ek glo nie dat die Firestorm die Spitfire se "up grade" is nie, daarvoor is die Spitfire te nice en glo nie iets kan ge-"up grade" word nie. Ek ken die Wildfire nie regtig nie en besit slegs Fx3's en Spitfire. Die Spitfire is 'n enorme goeie roeper met geen tierlatyntjies nie en werk elke keer. Maklik om te hanteer en te laai met klanke.
Die groot voordeel van Spitfire is die batterylewe(tot 4 volle nagte se roep), die kaart waarop die kanke gelaai word en die handstuk wat vir jou die klanke se name gee as jy nie gereelde jagter is nie. Ek jag permanent met die Spitfire en die Fx3 as my back-up, slags vir gevalle waar batterye gou my las gee, maar kon in 12maande nog nie iets verkeerd kry met die Spitfire nie. Miskien moet ek die Fx3 ruil vir iets anders, miskien olie vir die Toyota.
Sien dat die prys op die Spitfire baie verbeter het en kan nie sien dat vir R1750-00 enige iets beter kan wees nie. Was reeds by JackalPro en sien daar is sommer hope voorraad.
Mooiloop
Re: Foxpro Firestorm en Wildfire
Posted: Thu May 26, 2011 8:50 am
by Gernie
Dankie Tafjak, so jy glo nie die extra geld is nodig vir 'n naweek jagter nie?
Gernie
Re: Foxpro Firestorm en Wildfire
Posted: Thu May 26, 2011 8:54 am
by 222
tafjak wrote:
Miskien moet ek die Fx3 ruil vir iets anders, miskien olie vir die Toyota.
Taffie
Dan gaan jy bitter min vir daai FX3 kry
Gerrie
Re: Foxpro Firestorm en Wildfire
Posted: Thu May 26, 2011 12:43 pm
by tafjak
Gerrie
Ek wil bitter min vir hom h?!
Spot sommer so bietjie, ek het 2 Fx3's, maar die een(heel eerste een wat ek besit het) moet terug Amerika toe omdat die rekenaar dit nie meer wil optel(lees) nie. Enige raad sal help en hy is dan in die mark.
Mooiloop
Re: Foxpro Firestorm en Wildfire
Posted: Thu May 26, 2011 1:01 pm
by tafjak
Gernie
Gernie wrote:
Dankie Tafjak, so jy glo nie die extra geld is nodig vir 'n naweek jagter nie?
...............ek verstaan nie mooi nie.
Ek s? nie dat jy Spitfire moet koop nie, maar waarom iets anders sal ek nie regtig weet nie. Met hoeveel klanke wil jy dan die jakkals oorhaal?
Maar elke hou maar van sekere goete en moet ook maar daarby bly. Al wat ek ook van die handstuk se "Klankname" wou noem is dat as jy nie goed kan onthou of gereeld jag(moeilik om dan al die tracks te onthou)nie, is dit baie handig. Ek kom met enige roeper reg, al het dit 100klanke en net die "track number" is genoeg vir my. Baie kla oor die sagter klank, maar ek kan dit ook nie verstaan nie, want jakkalse sal jou verseker hoor, al fluister jy. Die sagter volume van die Spitfire is na my mening ook 'n hulpmiddel om nie te hard te roep nie.
Ek het my Spitfire geleen vir man wat dit uittoets en ek is op die oomblik so half verlore sonder dit, maar die Fx3 help mooi(tog die eerste en enigste tipe roeper wat ek vir 6jaar besit). Met 'n klomp klanke tot jou beskikking op die staanplek mag 'n jagter afwyk van die sukses roepmetodes en dan is dit ook moeiliker om sequences te vestig. As die sequence geen sukses oplewer nie, skuif na volgende staanplek en begin van vooraf daar, gewoonlik is die jakkalse nie op staanplek waar geen sukses of reaksie verkry is nie, of hulle is daar, maar buite hul gebied.
Mooiloop