Page 1 of 1
Terratoriaal
Posted: Tue Aug 18, 2015 3:24 pm
by cassie_calvinia
die tyd van die jaar is die tewe bitter agresief.
as jy in sy kern is, en jy hom nou nie al mal het nie, skiet jy hulle nou redelik maklik.
maar, hoe ver sal jakkals jou antwoord? maw, net as jy in kern is? of dalk nog in 70% loop gebied?
as jy nie in sy kern is nie, sal hul nou net sosiaal antwoord? en nie inkom nie?
of, bly hul sommer net stil as jy buite sy kern is?
hoop my vraag is duidelik genoeg
Re: Terratoriaal
Posted: Tue Aug 18, 2015 4:47 pm
by Armand9
Cassie ek nou so 3 weke laas gejag om n antwoord te gee. Maar hier by my antwoord hy net uit kern gebied maar kom nie in nie. Moet maar nader ry. Dink die pare sal nou leker inkom as jy in kern area is. Is nou lus om n draai te ry, het n paar waypoints vasgemaak wat ek wil besoek! Nuuskierig hoe ver die tewe dragtig is.
Terloops daar Garmin 64s is n bul. Hy plot n reaksie darem mooi op daai kaart!
Re: Terratoriaal
Posted: Tue Aug 18, 2015 4:49 pm
by cassie_calvinia
armand, verstaan my verkeerd. ek praat sommer oor algemene gedrag van jakkalse.
my vraag is seker bietjie onduidelik.
ja nee, gister net weer gesien, dit maak defnitiewe verskil op jag. daai wat jy die drade kan sien, ens
Re: Terratoriaal
Posted: Tue Aug 18, 2015 6:59 pm
by johans
sondagaand kon ek geen antw kry nie en ek was nie ver van die kerngebied nie.gistraand het ek reaksie gekry van n jak terwyl ek ver van sy gebied was
Re: Terratoriaal
Posted: Tue Aug 18, 2015 7:23 pm
by Philip Crous
Cassie ek is bly jy vra die vraag, ek het drie jakkelse by my gehad wat ingekom het by n erdvark gat. Ek kon laasweek maandag die een teef skiet en vrydag aand die ander een toe skiet ek gisteraand die reen. Dit was almal jong jakkelse.My vraag is,Ek sou gedink het die reen moet eerste inkom? Maar daar het jy dit nou gese die tewe is baie aggresief die tyd van die jaar. Want net n maand terug het ek net reuns geskiet en die tewe het my van n afstand dopgehou.
Re: Terratoriaal
Posted: Tue Aug 18, 2015 9:42 pm
by Dewitt
Cassie wat sal nou lekker werk as jy in hul gebied is, net kos of dalk 'n spesifieke roep? Ek het 'n moontlike nesmaak plek wat ek van weet en kan so binne 'n kilo vandaar kom.
Re: Terratoriaal
Posted: Wed Aug 19, 2015 8:11 am
by cassie_calvinia
Dewitt wrote:Cassie wat sal nou lekker werk as jy in hul gebied is, net kos of dalk 'n spesifieke roep? Ek het 'n moontlike nesmaak plek wat ek van weet en kan so binne 'n kilo vandaar kom.
dewit, ek neuk nie nou baie met kos nie. Enkel jakkals roepe. Vossie b, rooi aleen. Tafjak 6. As sy nie kom nou nie, sal jy net moet dophou vir dag roep as sy kleintjies het. Na jak roepe gebruik ek tjanke en vreet klanke
Re: Terratoriaal
Posted: Wed Aug 19, 2015 1:12 pm
by Dewitt
Sal hom so probeer dankie.
Re: Terratoriaal
Posted: Wed Aug 19, 2015 1:16 pm
by Geno
Probeer daai enkeljakkalsroep antwoord met 'n reaksie. Dit werk lekker hier by ons.
Re: Terratoriaal
Posted: Wed Aug 19, 2015 1:32 pm
by Henrie_270
Tafjak 1 en Black Jack enkel maak nou lekker dood hier by ons.
Re: Terratoriaal
Posted: Wed Aug 19, 2015 1:50 pm
by cassie_calvinia
geno, taf het ook dit gese. maar dit werk nie 'n hel hier by my nie.
as hul op een plek bly, dan gebruik ek tafjak6 om hul in te bring. maar, dan kom hul stadig.
Re: Terratoriaal
Posted: Wed Aug 19, 2015 2:08 pm
by Geno
Cassie. So Taf6 laat hul inkom?
Hoekom dink jy is dit? Dis mos 'n reaksie!
Re: Terratoriaal
Posted: Wed Aug 19, 2015 2:12 pm
by cassie_calvinia
ja man, bedoel dit nie so!
as ek dadelik reaksie gebruik, voel dit vir my hul kom nie so lekker.
maar, vir laaste defence sal ek tafjak6 gebruik. en, daai wat wel territorial is, kan dan dalk van plan verander
Re: Terratoriaal
Posted: Thu Aug 20, 2015 8:08 pm
by Dewitt
Cassie ek het toe gisteraand die teef geskiet en sy het reeds kleintjies wat drink. Ek kan nie lekker sê of sy ingekom het nie, want die wind het redelik gewaai en ek haar so 300m van my laaste staanplek raakgery. Sy het ook nie geantwoord wat ek kon hoor nie. Wat my pla, is dat daar toe later op 'n ander plek twee antwoord op Rooi alleen. Ek vermoed dis dalk die reun en 'n helper?
Re: Terratoriaal
Posted: Fri Aug 21, 2015 12:29 am
by cassie_calvinia
kan wees. het jy die teef oopgesny? was sy nie dalk helper nie?
Re: Terratoriaal
Posted: Tue Sep 01, 2015 11:43 am
by pieter h
Gisteroggend so 10h00 am terwyl ek drade regmaak het n reun so 3km v my erg rumoer ,erg ongelukkig geklink.Lanklaas hul daardie tyd v ongend so hoor raas.Kan dit by Nes wees?Buurman se grond.
Re: Terratoriaal
Posted: Wed Sep 02, 2015 8:06 am
by Pieter
Cassie, ja dis 'n moeilike een, hang af van die jakkalse, maw, hoe oud, en is hul al gejag, ek vind hierrond by my antwoord hulle nie sommer in die vang gebied nie, kom ook nie in nie, in hul kern gebied, antwoord hulle, maar nie op enkel roepe nie, maar op groep roepe en ook nie op alle groep roepe nie, waarop hul redelik reageer is, mooihuil en 'n min of 2 daarna Vlek 3a, ek gee so 25min kans, hang af hoe vêr hul van my geantwoord het, dan gaan haal ek hul maar, as die terrein dit toelaat !!
Re: Terratoriaal
Posted: Wed Sep 02, 2015 9:03 am
by Armand9
http://i1066.photobucket.com/albums/u403/ArmandvanEck/Jong%20jakkalse.jpg
Kyk hoe groot is die kleintjies al
Beaufort Wes area die nwk geskiet
Ma en Pa is uiters skelm en wou nie oe wys na n nag se sit nie, was nie self by nie