Page 1 of 1
Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 10:20 am
by Hingsding
Goeie dag almal.
Graag wil ek net bietjie by julle hoor wat is tans die goedkoopste rak gewere wat tans beskikbaar is?
Ek soek orals rond op die internet maar weet ook daar is winkels wat dalk goedkoper opsies gaan he wat nie adverteer op die internet nie.
Dankie.
Groete
Re: Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 10:24 am
by Hein22
Savage Axis XP (Safari - R7600), Howa gewone loop met plastiek kolf (Camdix - R7900) en die Marlins verkoop ook vir goedkoop.
Re: Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 10:59 am
by Jake1
Marlin weet van n ou in Witbank wat vir R6500 verkoop, niks fout met hulle.
Re: Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 11:06 am
by ruaanb
Ek het nogal nou die dag met 'n Marlin in die hand gestaan, glad nie sleg vir sy prys nie en dan kom hy nogal met 'n rail klaar op, altans die een waarna ek gekyk het.
Re: Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 11:59 am
by Dolf014
Hein22 wrote:Savage Axis XP (Safari - R7600), Howa gewone loop met plastiek kolf (Camdix - R7900) en die Marlins verkoop ook vir goedkoop.
Hein22; die fabrikate hierbo genoem; Is hulle enigsins van swakker kwaliteit? of minder betroubaar?
Re: Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 12:12 pm
by Hein22
Dolf, ek ken nie die Marlin gewere so lekker nie.
Savage Axis - Die gewere is 'n savage geweer wat oor die algemeen baie goed is. Hulle het die kostes gesny deur die kolf plastiek te maak, die accutrigger te vervang met sekerlik die swakste sneller wat ek al in my lewe gesien het (ek hoor die nuwes kom moontlik met beter sneller uit, maak maar net seker) en dan van die parte soos dele van die magasyn ens uit plastiek te maak ivp staal. Die sneller kan egter of getune word deur die spring te sny of te vervang of om die sneller heeltemal met 'n timney te vervang. Anders as dit sit jy met 'n savage geweer wat jou geensins probleme behoort te gee nie.
Howa - Volgens my een van die beste waarde vir geld gewere daar buite. Gaan kyk maar hoeveel van die manne op die forum het howas. Die sneller is beslis beter as die van die axis maar kan ook nog "getune" word om hom beter te maak. Alle parte is metaal behalwe die kolf maar jy het ook opsies om hout kolwe te vat of om later die plastiek met 'n boyds te vervang. Daar is baie accessories vir die howas. Die aksie is van so aard dat as jy die loop uitgeskiet het kan jy hom met aftermarket loop vervang en 'n top geweer besit.
Sterkte met die koop!
Re: Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 12:24 pm
by Pvdw
Wat van Mosberg?? Hulle was op 'n stadium ook goedkoop. Ek sien net nie meer ads vir hulle nie.
As die nood nou nie te erg druk nie en daar is net dalk so 1k ekstra sal ek verseker die Howa pad loop. Ek het 3 waarvan ek 2 baie skiet en die 3de een wag vir lisensie.
Re: Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 4:20 pm
by Hingsding
Dankie vir julle terugvoer sover.
Ek het self ook reeds 2 Howa's waarmee ek baie tevrede is. My probleem is dat my wapens vir my baie na aan die hart le en die wapen wat ek nou gaan koop moet ek ongelukkig baie "stief" hanteer word wat teen my norme grens maar die wapen gaan baie hard moet werk en baie erg aan die elemente blootgestel word. Ek weet goedkoop gaan nie noodwendig die beste opsie wees nie maar ek sien ook nie kaans om n duurder wapen effens "deur die agterent" te trek nie.
So wat ek probeer se dat as die wapen krap of stof of dou op kry moet my eerse gedagte nie my skoonmaak "kit" in my kop laat spring nie.
Re: Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 4:24 pm
by Hein22
Vir dit wat jy soek koop ek verseker 'n Howa met plastiek kolf sonder om tweekeer te dink.
Re: Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 4:47 pm
by JacquesT (Stompe)
Pvdw wrote:Wat van Mosberg?? Hulle was op 'n stadium ook goedkoop. Ek sien net nie meer ads vir hulle nie.
As die nood nou nie te erg druk nie en daar is net dalk so 1k ekstra sal ek verseker die Howa pad loop. Ek het 3 waarvan ek 2 baie skiet en die 3de een wag vir lisensie.
Middag Pvdw,
Ek het 'n Mossberg 100ATR in 308. Teen R10000 was hy redelik pricy en was ek heel te oorgretig met te min navorsing, maar hy het darem met 'n goedkoop 6-16x50 scope uitgekom wat redelik goed zero hou tot en met nou (gaan hom vervang met 'n Vortex diamondback).
Die geweer kom met wat hulle noem 'n LBA trigger, wat maklik vestel baar is.
Die plastiek kolf is absoluut gemors, en ek het sommer kort na ek die lisensie gekry het vir my 'n Boyds kolf deur Geno bestel, en hy behoort seker binnekort hier te wees. Die loop is "Fluted" so dit help met die afkoeling.
'n Groot teleurstelling vir my was die geweer se magesyn wat intern van die kolf is. Die springs was veels te styf, en vir een of ander rede het hy gesukkel om petrone met 'n kort TPL ordentelik te voer. Ek het die spring bietjie gesny en nou voer hy mooi.
Die geweer het nou 200 koels deur die loop, alles fabrieks ammo. Met sy hunt buddy op steroids en Fiocchi's gelaai met 180gr hornady SST kry ek so 1,1" duim goepe op 100m. Sako superhammerhead 180gr het my so 1,3" gegee. Ek glo as ek sy nuwe kolf geglas en gepillar bed het, dat ek onder 'n duim groepe sal kry. Ek verwag nie juis een gat groepe van die geweer nie, daarvoor het ek nog te veel oefening nodig, maar vir nou het die geweer al 2 rooibokke, 3 koedoes en 'n gemsbok plat vir die seisoen, en sal hy hopelik die naweek ook 'n waterbok laat sneuwel. So hy vervul sy doel.
As ek 2 weke vroer by die forum aangesluit het, sou ek tien teen een 'n Howa gekoop het. My volgende roer sal verseker ook een wees.
Re: Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 6:23 pm
by Fanta300
http://cityguns.co.za/rifles/mossberg-r ... l-aw-stock
Om jou vraag te beantwoord, ek glo nie jy gaan iets goedkoper kry nie.
Maar ek sal nog steeds 'n Howa koop

Re: Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 7:10 pm
by Jake1
Ek stem ook vir die howa met tupperware kolf bo enige ander goedkoop geweer.
Re: Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 7:57 pm
by KD Truter - MalHaas
Naand manne
Ek het die howa pad geloop na ek selfde navorsing gedoen het, ek het die geweer gaan haal met die my kaartjie en is reguit skiet baan toe. My eerste 3 skote was minder as n duim op 100m.. Sal nie sommer ander pad as Howa stap nie. Ek het wel die laminated thumb hole kolf op myne gesit met die aan koop.
Groete en sterkte met die geweer soek.
Re: Goedkoopste rak geweer.
Posted: Mon Aug 17, 2015 9:43 pm
by Ashley
+1 vir HOWA, wil nou self kyk na .375 Ruger aksie HOWA.
Baie akkurate geweer.