Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het 5 jaar terug vir my die scope gekoop vir my 0-kwes en N$ (R) 5800 betaal.
Ek sien per toeval op Leopold se werf dieselfde scope met 'varmint' kruishaar gaan nou vir U$ 814.
Dis N$ (R) 10431...genugtig!
Lyk my mens moet so 20 lekker scopes koop en hou vir n paar jaar en verkoop - belegging fook weet!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Nou verstaan julle hoekom dit moeilik is om te spaar. Soms maak dit nie sin nie, want by die tyd dat jy genoeg gespaar het om 'n ding te koop, is die ding heelwat duurder as jou spaargeld plus die patetiese rente wat opgeloop het
En nou verstaan julle ook wat aangaan met ons Rand se waarde die afgelope klompie jare . . . Verskeie faktore binne-in SA laat buitelandse vertroue taan teen 'n tempo wat skrik vir niks.
Nie te lank terug nie kon mens 'n scope soos 'n PST vir onder 10k koop, nou gaan hulle al hier by die 17k. As dinge so gaan aangaan gaan ek sukkel om hierdie sport te bly beoefen, ek sien juis hulle voorspel die rand gaan nog heelwat verswak.
Teen 7km per liter is dit ook nie meer goedkoop om met my bakkie rond te ry nie.
Ongelukkig gaan hierdie tipe van ding vir ons die norm word as gevolg van die Rand wat verswak. Bykans enige ding wat ingevoer word is aan presies dieselfde eskalasie-faktor onderhewig. Dis dus `n uitstekende idee om soveel as moontlik voorraad op te bou vir die maer jare wat vir seker net om die draai is.
Benewens teleskope, koeels, slagdoppe en ander verbruikersitems is ek nogal besorgd oor die prys van haelgeweer ammunisie. Ek skiet redelik 12-boor en dis besig om duur te raak om gereeld kleie en duiwe te gaan skiet. Daar is tans `n hele klompie "specials" aan die gang op 12-boor ammunisie en ek reken mens moet maar `n kassie of drie gaan koop, veral so met die een oog op die Rand. Sover ek weet betaal almal wat haelgeweer ammunisie invoer daarvoor in Euro, so elke keer wat die Rand teen daardie geldeenheid gly kos daai oranje klei mens nog so paar ekstra pennies...
Kom ek begin deur te se "Ek haat skuld" maar dink so daaraan, as jy 2 jaar gelede vir jou NXS op Skuld met jou kredietkaart gekoop het teen 20% rente per jaar oor die 2 jaar sou jy vandag beter af gewees het as om 2 jaar gelede te begin spaar het en hom nou probeer kontant koop het.
Sulke goed vang my.....en maak my moedeloos
PS. Hierdie is voorbeeld ter illustrasie van die "trend" nie gebaseer op werklike waardes nie.
Ek na webwerf gekyk, goeie pryse.
Maar ek sien hul vat nie oorsese bestellings nie.
Of ek iets verkeerd gedoen?
Groete
Morne
Yes Morne
My suster bly in Amerika. Ek het dit na haar adres in Florida laat pos en sy het aangestuur, 2 keer self in die pos gegooi en 2 keer met vriendinne wat gaan kuier het saamgestuur. Dit het egter die laaste paar jaar baie moeilik geraak. Sy sit juis nog met hierdie scopie vir my 375, wat sy te bang is om te pos.
As julle manne dink scopes is n belegging wat van koels? EK het laasjaar 95gr BT's gekoop vir R185/50 hul kos nou seker bq minder as 10maande later R350/50 as jy kan kry. Sierras het in minder as n jaar van R450/100 na amper R900/100 gegaan en ek dink sodra Hornady land gaan ons begin tyre weights by Checkers se parkeer area vas le om koels te maak. Berger se prys hou dam nog maar ek glo sodra die nuwe besendings in kom gaan die rand ons ook weer vang, gelukkig sit ek met n taamlike belegging op my portfolio
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.