K98 aksie
- JohanvanZyl
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am
K98 aksie
Wat beteken k98 aksies?
Is dit enige maak wat die mauser tipe aksie soos die Brno's het of is dit spesifieke aksies wat deur Mauser vervaardig is en sekere aksies wat deur Musgrave in Bloem gebruik is? Dus is dit 'n ontwerp wat deur verskeie fabrikate vervaardig word of hoe?

Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: K98 aksie
Dis eintlik `n M98 aksie.
Die "K" gedeelte staan vir "Karabiner" en is `n verwysing na die verkorte Mauser geweer in 8x57 wat deur die Duitse Weermag in gebruik geneem is na die Eerste Wereldoorlog, en glad nie na die aksie nie. Dit is dus nie korrek om na `n 98-model Mauser aksie te verwys as `n "K98" nie - dit is en was nog altyd `n M98 aksie.
Daar is miljoene M98 aksies gemaak tot en met 1945 deur verskeie vervaardigers (sommiges het welisaar onder Duitse okkupasie in die vroeg-1940's nie veel van `n keuse gehad nie...) en hulle is baie wyd versprei deur die jare. Daar is ook M98's vir sportgewere vervaardig deur vervaardigers soos Mauser self, FN en Brno. Hulle is uiteraard skaarser en in baie gevalle so raps beter afgewerk as die deursnit aksie wat vir oorlogmaak vervaardig is.
Omdat die aksies so volop was het baie vervaardigers surplus M98'sdeur die jare heen gebruik om gewere op te bou. Musgrave (oud en nuut) is maar net een van hulle.

- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: K98 aksie
K98 is n term wat nêrens ooit gebruik is deur Mauser of enige vervaardiger behalwe later Musgrave nie. Die aksie wat deur mnr Peter Paul Mauser ontwerp en patenteer is in 1898 was oorspronklik gebruik op die Gewehr98, en staan bekend as die M98 ontwerp.
M vir Mauser en 98 vir die jaar 1898.
Verskeie Mauser fabrieke in Duitsland het hierdie aksies vir militêre wapens vervaardig, bv Oberndorf en Borgsigwalde. So ook ander fabrieke soos DWM in Berlein, en Czeska Zbrojovka in die Czech republiek. Komersie wapens op meeste van hierdie aksies is vanaf ex militêre aksies gebou, behalwe in die geval van die Oberndorf.
Die naaste wat die nomeklatuur aan n "K" kom is die M98k aksie waar die k n kurz (kort) verwys. Dit is n kleinring M98 aksie en so skaars soos hoendertande.
Daar was later vele ander, sommige uitstekende kwaliteit, M98 klone, bv FN, Husqvarna, Brno ZG47, en dan ander aksies wat hulle onterp gebruik itv die controlled feedeing en extractor.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: K98 aksie
Hahaha. Jy wen my met n sekonde
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: K98 aksie
The Karabiner 98k "Mauser" (often abbreviated "K98k" or "Kar98k"), adopted in the mid- 1930s, became the most common infantry rifle in service in the German Army during World War II.
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: K98 aksie
Yip. K98 = geweer; M98 = aksie.Hein M. wrote:The Karabiner 98k "Mauser" (often abbreviated "K98k" or "Kar98k"), adopted in the mid- 1930s, became the most common infantry rifle in service in the German Army during World War II.
- JohanvanZyl
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am
Re: K98 aksie
Baie dankie vir die antwoorde! Nou is ek ook op hoogte van wat is wat! Nog 'n vraag: Die RSA enkelskoot aksies? Wie vervaardig dit of het en hoekom is hulle so gesog? Seker oor akuraatheid, maar hoekom is hulle meer akkuraat as 'n aksie wat 3 of 4 koele kan vat?
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: K98 aksie
Die RSA-aksies is in Bloemfontein by die eertydse Musgrave fabriek vervaardig. Die Veld / Vrystaat en President modelle het magasyne en kan meer patrone vat.JohanvanZyl wrote:Baie dankie vir die antwoorde! Nou is ek ook op hoogte van wat is wat! Nog 'n vraag: Die RSA enkelskoot aksies? Wie vervaardig dit of het en hoekom is hulle so gesog? Seker oor akuraatheid, maar hoekom is hulle meer akkuraat as 'n aksie wat 3 of 4 koele kan vat?
Die "rede" vir hulle akkuraatheid is weens verskeie moontlikhede. Dit was goeie, betroubare en akkurate aksies. Die enkelskoot aksies was bestem vir swaar teikengewere - dus het baie mense aanvaar dat dit akkuraat behoort te wees. Hierdie gewere se snellers en kolwe het egter soms aanpassings nodig om wel akkuraat te wees.
Hulle is wel nie noodwendig akkurater as ander gewere nie
Feitlik alle langafstand skuts verkies deesdae die moderner Remington 700-tipe aksie - met sy meer moontlikhede vir akkuraatheid.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: K98 aksie
Johan - die ander manne hierbo sal beter weet, maar volgens my is die enkelskoot RSA aksies "meer akkuraat" as die magasyn aksies, omdat daar van die metaal weggevat moet word om vir die magasyn plek te maak. Die enkelskoot is dus baie meer rigied en "buig" minder onder druk.
Hoop jy verstaan wat ek probeer verduidelik!
Groete
Dawie
Hoop jy verstaan wat ek probeer verduidelik!
Groete
Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- JohanvanZyl
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am
Re: K98 aksie
Verstaan 100%! Dankie almal ve die verduidelikkings. So leer mens elke dag iets nuut.
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3074
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: K98 aksie
Goeie kontak tussen die sluitnokke en hulle plekke, kort 'locktime' en n rigiede aksie het groot voordele tov akuuraatheid
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: K98 aksie
Dawie is heeltemal reg oor daardie ekstra gewig van die RSA-enkelskoot wat die aksie rigied maak. Baie ouens verkies dan ook - juis om daardie rede om konfytblik kalibers - soos die 300WM en 7mm RM op RSA enkelskoot aksies te bou. Die Musgrave lope het ook hierdie gewere komplimenteer wat akkuraatheid aanbetref. Baie Musgrave eienaars praat met groot lof oor die vermoëns van hierdie lope.