Page 1 of 1
Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Wed Aug 12, 2015 10:05 pm
by hierswolf
Ek is besig om my nuwe wildheining te ontwerp en oorweeg om die eeste 1.2m bonnox te span. Die twee opsies wat ek na kyk het 100mmx100mm of 75mmx100mm gapings. Die 100x100 opsie is natuurlik heelwat goedkoper en sou my eeste keuse wees, maar sal dit voldoende wees om jakkalse uit te hou?
Vir rooikate beplan ek om bolangs te elektrifiseer met offsets. Die heining sal 2.4m hoog wees in totaal. Behoort dit voldoende te wees om te keer dat hulle oor klim?
Is daar enige ander advies wat iemand met my kan deel? Die storie gaan my 'n paar rand kos en ek sal skoolgeld tot 'n minimum wil hou.
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 7:31 am
by Cobus(Cobb)
Ek dink 'n rooikat kan 2.4m oorspring sonder 'n run-up....
Wat doen jy vir onder die draad? daat waar erdvark of iets hom deurkrap/grou en vir jakkals 'n deur oopmaak??
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 8:31 am
by hierswolf
Ek het ook al gehoor die rooikat kan so hoog spring, maar ek hoop dat dit die offset met krag die ervaaring sleg sal maak vir die kat en dat hy sal leer om weg te bly en eerder die bure se skape te gaan jag.
Die heining wat ek beplan is as volg:
0 tot 1.2m:
Bonnox wat teen twee lyne draad gespan word
Grondlangs 'n elektriese draad 50cm weg van heining, aan buitekant van heining
Elektriese offset draad op 90cm
1.2m tot 1.8m:
5 lyne draad
1.8m tot 2.4m:
3 lyne draad
Elektriese offset draad op 2.1m
My grootste vraag is of 100mmx100mm bonnox jakkalse sal uithou, of sal ek vir die 75mmx100mm opsie moet gaan?
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 8:35 am
by Geno
Offsets op 'n 2.4m heinig sal 'n kat uithou, mits daar niks bome of groot klippe binne 3m van die heining is nie...
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 9:17 am
by hierswolf
Dankie Geno. Ek het jui so 100m strook met bome maar ek sal dit alles weg saag vir so 5m om veilig te wees.
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 9:52 am
by Hugo
Ekt erens n foto geplaas van ons heining, kry dit nie nou nie,
Ekt nou wel nie die offset op 2,4m nie.
Ons buurman gebrawe conveyor belt sodat net 150mm uitsteek bo die grond en dan span hy sy Veld span. hou alle grouers buite en dan kort jy nie die trip wire nie.
Kyk na vark draad bo bonnox om kostes te spaar, ek dink die vark draad sal jou so R650/50m rol kos vir 1,2m.
Ek is nie meer op hoogte van die kostes nie, kyk ook om geld te psaar kan jy elke 2m n 2,4m dropper insit en elke ander 2m n 1,2m dropper.
Kyk na die plastic dropper ook, spaar bitter baie geld, koop net die SABS goedgekeurde plastic droppers asb, die ander goed is junk.
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 9:59 am
by Skolla
100 x 100 is te groot vir n jakkals.
Die ideal is 75 x 75 maar tot 90mm kan werk.
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 12:06 pm
by hierswolf
Skolla wrote:100 x 100 is te groot vir n jakkals.
Die ideal is 75 x 75 maar tot 90mm kan werk.
Ek dink jy is reg en vir die R2611 (Klaar hulle winter 25% afslag in) per 100m will 'n mens 100% seker wees dit gaan werk, ander kan mens eerder los.
Die 75x100 bonnox kos R3079 per 100m en dit begin om die heining te duur te maak.
Gewone vark of jakkals draad sal dan eerder 'n meer bekostigbare opsie wees.
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 12:24 pm
by hierswolf
Hugo wrote:Ekt erens n foto geplaas van ons heining, kry dit nie nou nie,
Ekt nou wel nie die offset op 2,4m nie.
Ons buurman gebrawe conveyor belt sodat net 150mm uitsteek bo die grond en dan span hy sy Veld span. hou alle grouers buite en dan kort jy nie die trip wire nie.
Kyk na vark draad bo bonnox om kostes te spaar, ek dink die vark draad sal jou so R650/50m rol kos vir 1,2m.
Ek is nie meer op hoogte van die kostes nie, kyk ook om geld te psaar kan jy elke 2m n 2,4m dropper insit en elke ander 2m n 1,2m dropper.
Kyk na die plastic dropper ook, spaar bitter baie geld, koop net die SABS goedgekeurde plastic droppers asb, die ander goed is junk.
Ek hou van die conveyor idee maar ek glo nie dit is so erg nodig in my wereld nie. Daar is maar baie min vlakvarke in daai wereld en daar sal ook nie kontantgewasse binne die heining wees om grouers te trek nie. Die bure om my het baie mielies vir hulle om te eet... Die trip wire gaan 'n baie goedkoper opsie wees.
Die 1.2/2.4 dropper wissel is 'n goeie idee. Dit beteken ek kan ook van my 1.2m droppers op die ou heining herwin. Die plastiek droppers dink ek nie gaan in daai wereld werk nie. Dis grasland en daar is maar baie brand gevaar.
Ja, die varkdraad gaan 'n baie goedkoper opsie wees as die Bonnox. Hoeveel drade het jy die varkdraad teen gespan?
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 1:38 pm
by Hugo
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 4:05 pm
by Freddie101
Stem saam met Skolla. 100x100mmbonnox dalk te groot.
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 4:11 pm
by Hugo
Verstaan asb net reg, ek het nie een van daai plastic droppers in een heining nie.
Nog nie, ek gaan verseker dit gebruik as ek weer span, die prys vs n staal dropper is crazy.
Moet net nie die Y-Standard try vervang met plastiek nie, dit moet staal wees.
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 4:29 pm
by Willie
Dink julle dat 'n jakkals deur 90mm varkdraad sal gaan - die 75 mm is darem heelwat duurder ?
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 4:37 pm
by hierswolf
Moet se, dit lyk nie sleg nie. Ek het maar net altyd aangeneem plastiek sal dadelik smelt.
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Aug 13, 2015 4:40 pm
by Hugo
die fotos is 90mm vark draad, ek kannie glo n vlekkie gaan hier deur kom nie.
http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_8476.jpg
Re: Heining om Jaracal uit te hou?
Posted: Thu Oct 29, 2015 8:36 am
by HCVWYK
Watse dikte draad sou julle aanbeveel om 16km met n draad al kant onder by die jakkals proof te elektrifiseer. Staaldraad 2mm of 2.24mm? Die sagte draad om die isolators vas te sit 3.15mm?