Page 1 of 1

50/50 More aand

Posted: Sun May 22, 2011 7:11 pm
by pietjacobs
Naand almal,

Die wat kan moet 50/50 more aand 19:30 kyk. Hulle doen weer verslag of die "etsies" is om diere te jag. Ek kan nou maar weer net indink....

Re: 50/50 More aand

Posted: Mon May 23, 2011 7:45 am
by Frederik
Ja het self gesien wonder wat se bog nou weer daar uit gaan kom.
Dr Ian Player gaan ook iets later se in die program.

Re: 50/50 More aand

Posted: Tue May 24, 2011 9:15 am
by James Wilson
het gistraand gekyk, dink dit het goed gegaan.  ek dink jag is vir baie minder mense in S-afrika n probleem as in bv europa.

Re: 50/50 More aand

Posted: Tue May 24, 2011 1:32 pm
by Alwyn
Stem saam, maar dis daai ou wat eerste bak hand staan as die biltong uit kom.
As dit nie vir jag was nie, was meeste diere klaar uit geroei. Ek het n groot probleem met
mense wat ons jaters moordenaars noem,,,,, Hulle moet maar gaan brood eet.

Re: 50/50 More aand

Posted: Tue May 24, 2011 3:33 pm
by Corumana
En as die jagter net jag dan verdwyn sy brood en botter, so ons teel die diere om meer te kry. In 1966 was daar in Hoedspruit so paar duisend Koeie en Bulle (Die beeste Soort) en geen wild. In 1993 het ons daar 'n plaas gekoop, geeeeeeeeeen wild. So eenkeer n dag het jy n Troupand gesien. 10 Jaar later het ons verkoop. 18 Kameelperde, 300+ Rooibokke, Wildebeeste, Hartbeeste, Elande, Kudu's Varke en en en. Dit was 'n jagplaas. Vandag is dit deel van 'n 100 000 ha Natuur Reservaat. Thorny Bush het so begin, Eugene Potgieter het gejag, jag uitgewerk en toerisme begin doen. 50% van die toeriste in Europa ken Thorny Bush. En die lys gaan aan, Kapama, Balule, Timbavati (word nog gejag). So dankie vir die jagters wat ons kon help om reservate te finansier. My vraag is: Waar het die Bunnyhuggers al 'n reservaat gestig?

As daar aanvraag/aanbod is, is daar geld. As daar geld is, is daar ontwikkeling. Jagters het alles begin in Suid Afrika. Dit sluit in ons biltongjagters.