Professional Hunter

Post Reply
User avatar
Rooster1089
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm

Professional Hunter

Post by Rooster1089 »

Hallo,

Ek het so vragie of twee.
Ek sien mens kan jou PH kurses doen by verskillende plekke ens.
Is daar verskillende PH vlakke? Soos byvoorbeeld, plainsgame en groot 5 jag?
Is daar 'n kwalifikasie nodig vir "wingshooting"?
Kan jy suid-afrikaners en uitlanders uitvat op die selfde kwalifikasie?
Mag jy orals in die land jagte doen?

Baie Dankie, ek hoor graag wat se julle manne.
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Professional Hunter

Post by Thunderhead »

If you pass the PH course you allowed to guide on plainsgame. To get certification on big game you need to do a apprentiseship. In my day you needed a certain number of days on each of the big 5 not sure what it is currently. To guide in each provinse you neede to get a license for that province which you apply for with your ph license.
Realistically the course does not really teach you much. You only learn by experience.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Professional Hunter

Post by Boesman10 »

Soos @Thunderhead gese het. Daar is sewe (dink ek) BJ skole in die land. Hulle bied elkeen 'n +-12 dag kursus aan. Die kursus is nie regtig om van scratch af te leer nie maar eerder om jou af te rond. Elke kursus het baie praktiese werk en dan baie teorie. Aan die einde van die kursus doen jy 'n praktiese eksamen, 'n teoretiese eksamen en dan ook 'n wetlike eksamen van natuurbewaaring. Wanneer jy al hierdie geslaag het dan kan jy registreer by die provinsie wie se wet jy geskryf het maar kan alleenlik vlakte wild jag. Vir gevaarlike wild is daar verder kursusse, prakties, en sertifiseerings nodig.

Indien jy in ander provinsies wil werk as 'n BJ dan moet jy elkeen van daardie provinsies se eksamen skryf en dan registreer by elke provinsie en daai provinsie se fooi betaal.

Om SA mense uit te neem op 'n jag het jy geen kwalifikasie nodig nie maar om ni-SA burger uit te neem op 'n jag vereis die wet dat die persoon vergesel word deur 'n BJ wat geregistrees is in die provinsie waar die jag gaan plaasvind.

Die laaste punt is dat as 'n BJ mag jy glad nie Internationaal adverteer vir kliente nie. Hiervoor moet jy 'n Outfitter lisensie he maar dit is 'n ander storie.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Professional Hunter

Post by Finfan »

Kontak vir Kobus Schoeman van Kobus Schoeman Jag Akademie. Hy is een van die min geakrediteerde jagskole in SA en sal vir jou al jou vrae kan beantwoord. En as jy die kurses sou wou doen sal ek oom Kobus 1000+ keer vir jou aanbeveel. Dit is nie net n leerskool nie, dis n ervaring by hom. Hy maak dit baie lekker en laat jou kreun van die lag! Ek weet hy bied kursesse in Bronkorstspruit aan wat naby jou is.
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Professional Hunter

Post by Evert »

Is daar verskillende PH vlakke? Soos byvoorbeeld, plainsgame en groot 5 jag?
Ja daar is verskilende vlakke Plains game en Big game (Buffel, Olifant, Leeu, luiperd, Renoster, Seekoei)
Om Big game PH te doen moet jy onderleiding van n Big game PH wees vir 21 Dae met 3 Verskilende Big game. Jy moet kan bewyse lewer soos fotos, briewe ens laat jy onder n Big game PH gejag het.

Is daar 'n kwalifikasie nodig vir "wingshooting"?
Wingshooting val onder die plains game Kursus, so n Plains Game PH mag wingshooting doen


Kan jy suid-afrikaners en uitlanders uitvat op die selfde kwalifikasie?
Suid Afrikaners het nie n PH nodig vir Plains game nie, maar wel n Big Game PH vir Groot 5 en Seekoei.
Alle buitelanders moet onder n PH jag

Mag jy orals in die land jagte doen?
Elke Provinsie het sy eie reels en rugulasies so om die hele land te jag moet jy elke provinsie se ordinasie eksamen gaan skryf. Jy mag dan nogsteeds net onder n Outfitter jag van daai provinsie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Professional Hunter

Post by Frederik »

Rooster,

Ek gaan nie die vrae alles beantwoord soos alreeds nie maar jy moet asb. besef om as PH te kwalifiseer maak jou nie die man nie dit vat baie geduld en ondervinding en PH werk is regtig net 20% jag en die res is maar werk. Kliente optel by lughawe en aflaai trofees se kwaliteit te gaan op kyk in die slagplek drankies aandra ingooi. Papierwerk reg he sonder dit vlieg trofees nie huis toe nie bakkie fix en regmaak selfs kos maak en cater selfs beddens opmaak. As jy nie met mense kan werk nie is dit nie jou game nie jy sal kliente moet entertain vir 21 dae. As jy dink jy is daar om te skiet dink twee keer ook nie jou game nie. Jy sal van onder moet begin met niks en as jy wil geld maak gaan swot liewers iets.

As jy kans sien vir dit is dit lekker jy moet dit doen uit passie ek het klaar gemaak met die game die gevaarlike sewe gejag baie van Afrika gesien en met 18 verskilkende nasionaliteite mense gewerk en gejag. Wat het ek om te wys daarna fotos, stories en goeie herhinneringe. Was dit lekker "Ja" maar ek het my seun se jare gemis tussen 2 en 7 was gemiddeld meer as 220 dae weg van die huis.
Been there done that got the T-Shirt.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Professional Hunter

Post by Wouter Roets »

Freek

Dankie vir die reine waarheid!

Groetnis
Wout
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Professional Hunter

Post by Pappabeer »

PH skool klink darem baie beter as BJ skool...

Tans bied die wildlife academy in hoedspruit n baie deeglike kursus vir 18 maande. Ek dink dit is sinvolle opleiding vir n jong ou om te doen indien hy dit oorweeg.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Professional Hunter

Post by Boesman10 »

Pappabeer wrote:PH skool klink darem baie beter as BJ skool....


:o :o :o
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Professional Hunter

Post by iceman1982 »

E-Bird wrote:Is daar verskillende PH vlakke? Soos byvoorbeeld, plainsgame en groot 5 jag?
Ja daar is verskilende vlakke Plains game en Big game (Buffel, Olifant, Leeu, luiperd, Renoster, Seekoei)
Om Big game PH te doen moet jy onderleiding van n Big game PH wees vir 21 Dae met 3 Verskilende Big game. Jy moet kan bewyse lewer soos fotos, briewe ens laat jy onder n Big game PH gejag het.

Enigste ding wat ek hiermee verskil is dat dit 60 dae is vir groot wild, nie 21 nie. Dit is 21 dae oor 3 jaar om jou liksensie te hou vir plains game, maar jy moet 3 van die groot 5 jag met 60 dae ondervinding onder n gekwalifiseerde groot 5 PH om aansoek te doen vir jou gevaarlike wild liksensie, saam met fotos, permitte, briewe, registers etc. Miskien verskil Gauteng, Limpopo van Oos Kaap.
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Professional Hunter

Post by Evert »

Hi Iceman

Jy is reg dit is 60 dae nie 21 Dae nie. Ek het gedink aand die 21 dae om jou lisensie te behou.
Hoop die nuwe wetgewing kom deur waar jy n PH van Suid- Afrika is, en al die provinsies dan kan jag.
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Professional Hunter

Post by iceman1982 »

E-Bird wrote:Hi Iceman

Jy is reg dit is 60 dae nie 21 Dae nie. Ek het gedink aand die 21 dae om jou lisensie te behou.
Hoop die nuwe wetgewing kom deur waar jy n PH van Suid- Afrika is, en al die provinsies dan kan jag.
Stem saam.
User avatar
Rooster1089
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm

Re: Professional Hunter

Post by Rooster1089 »

Hier gaan grawe ek nou een van my ou posts op.
Ek het nou lank genoeg gedink en het besluit ek wil my BJ kursus doen vroeg volgende jaar.
Ek het die kans gekry om tussen Junie en Augsustus te kan werk as BJ by 'n sekere Outfitter.
So ek kan my huidige werk nogsteeds hou en dan so paar keer in die winter maande ekstra geld verdien.
Ek wil ook graag die kursus doen want dit klink baie lekker en ek wil meer leer oor die veld en 'n beter jagter word.

Is daar enige voorstelle oor waar en by wie ek dit kan gaan doen?
Ek sien daar is 'n plek met die naam huntingschool in Limpopo, die website lyk baie nice?

Laaste vraag, ek hoor stories dat die kursus 'n 2 jaar diploma gaan word? Is dit waar en wanneer gaan dit inskop.

Baie Dankie
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Professional Hunter

Post by Pappabeer »

As jy die 10 dag kursus gaan doen sou ek Ian Goss in Pongola voorstel. Hy is al die langste in die game. Jacques Greef in die Ooskaap het ook n baie goeie naam.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Professional Hunter

Post by Smitstertjies »

Rooster, luister maar na die raad hierbo en kontak Oom Kobus Schoeman hierbo. Hy is n legende in die jag bedryf en regtig n smart omie. Hy kom elke dag in my winkel. Hy is sommer ook dan naby vir jou.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Professional Hunter

Post by Riebeeker »

Hou ons op hoogte van jou vordering. Sterkte en voorspoed.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
Bushwack
Full Member
Full Member
Posts: 151
Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm

Re: Professional Hunter

Post by Bushwack »

Rooster1089 wrote:Hier gaan grawe ek nou een van my ou posts op.
Ek het nou lank genoeg gedink en het besluit ek wil my BJ kursus doen vroeg volgende jaar.
Ek het die kans gekry om tussen Junie en Augsustus te kan werk as BJ by 'n sekere Outfitter.
So ek kan my huidige werk nogsteeds hou en dan so paar keer in die winter maande ekstra geld verdien.
Ek wil ook graag die kursus doen want dit klink baie lekker en ek wil meer leer oor die veld en 'n beter jagter word.

Is daar enige voorstelle oor waar en by wie ek dit kan gaan doen?
Ek sien daar is 'n plek met die naam huntingschool in Limpopo, die website lyk baie nice?

Laaste vraag, ek hoor stories dat die kursus 'n 2 jaar diploma gaan word? Is dit waar en wanneer gaan dit inskop.

Baie Dankie
Yip dat die 10 dag kursess gaan vernader is 'on the wall', nie seker wanneer nie maar daar is sprake...

Ek sal aanbeveel doen jou kurses in Limpopo, jou lisensie is vir 3 jaar geldig om 21 dae jagte in te kry met buitelanders...NW is 21 dae jagte in 12 maande en ek dink my Vrystaatse ene is 21 dae jagte in 24 maande. NW ordenansie is moeilik en bestaan uit 2 ordonasies uit, die ander almal net een e dink (myne 17 jaar terug gedoen).

Gerhard Steenkamp (Game Trackers) is in Naboom ek dink, baie goeie reference
Patrick Reynecke

Dream...Discover...Experience...
User avatar
Rooster1089
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm

Re: Professional Hunter

Post by Rooster1089 »

Ok, nou het ek 'n ander vraag.
Ek sien nou dat jy 21 jag dae nodig het om buitelanders uit te vat.
Kom ons se ek vat net binnelanders? verval my lisensie dan, en ek moet weer aansoek doen vir die lisensie?
Is die lisensie net 'n eksamen wat eenkeer moet gekruif word of elke keer as hy verval?
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
User avatar
Bushwack
Full Member
Full Member
Posts: 151
Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm

Re: Professional Hunter

Post by Bushwack »

Rooster1089 wrote:Ok, nou het ek 'n ander vraag.
Ek sien nou dat jy 21 jag dae nodig het om buitelanders uit te vat.
Kom ons se ek vat net binnelanders? verval my lisensie dan, en ek moet weer aansoek doen vir die lisensie?
Is die lisensie net 'n eksamen wat eenkeer moet gekruif word of elke keer as hy verval?
Jy kan net buitelanders uitvat en aanteken op jou register boek...jy het 21 dae nodig om jou PH lisensie in daai spesifieke provinsie te hehou. As jou lisensie verval moet jy weer die ordonansie gaan oorskryf...daar kan ook miskien verwag word deur Natuurbewaring om jou PH lisensie ook oor te doen...
Patrick Reynecke

Dream...Discover...Experience...
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Professional Hunter

Post by Evert »

Bushwack is reg.

Jy moet 21 Dae oor 3 jaar met buitelanders om jou lisensie te behou. In limpopo moet jy na 3 jaar bewyse( PH Registers) lewer laat jy die 21 dae gejag het om te kan hernu.
Let wel elke provinsie het sy eie reels. Bv Mpumalanga moet jy elke jaar jou lisensie hernu, maar na 3 jaar moet jy nogsteeds kan bewyse lewer laat jy 21 dae gejag het.

Die is ook net vir "Plains Game" jy gaan ook eers moet 60 dae onder n "Dangerous Game" PH werk om as groot wild PH te rigistreer met bewyse (Fotos en Briewe)
Post Reply