Page 1 of 1

375

Posted: Wed Jul 29, 2015 10:04 pm
by reggie
Hi manne

Ek oorweeg om vir my 375 te kry, maar is nie seker
Watter een om te kry nie h&h of ruger nie. Sal meestal net vir
kudu en gemsbok wees stel nie belang in groot wild nie.

Hoor graag julle meenings.

Re: 375

Posted: Wed Jul 29, 2015 10:18 pm
by Giepie
Dit maak nie regtig soveel saak watter een nie, albei is baie lekker gewere. Ekself het 'n H&H en geniet dit.

Die Ruger manne gaan dadelik vir jou sê die Ruger is beter en vinniger. Die verskil is egter so klein.

Ek gebruik dit vir die "groter" wild, swartwildebees en groter.

Re: 375

Posted: Wed Jul 29, 2015 11:48 pm
by Ashley
Eks in dieselfde bootjie as jy Reggie, wil self .375 en Ruger vs H&H. Dink ek het al my mind op gemaak oor n Ruger, maar ek moet by sê dis gebasseer op Google en Wikipedia, en nie ervaring nie.

Sal ook graag bietjie meer wil hoor...

Re: 375

Posted: Thu Jul 30, 2015 2:26 am
by Finfan
Dis maar 6 van die een en halfdosyn van die ander. Vat maar wat met jou praat en jou sak pas. Ek het wel n H&H en geniet hom baie.

Re: 375

Posted: Thu Jul 30, 2015 6:56 am
by Baasvark
Ek het 'n H & H en is baie gelukkig met hom.
Ballisties is hulle maar dieselfde ding. Ek mag verkeerd wees maar ek dink die Ruger is meer ekonomies op kruit.
Kyk net na die beskikbaarheid van patrone en doppe.

Re: 375

Posted: Thu Jul 30, 2015 7:10 am
by Smitstertjies
Albei van hulle skiet gemsbok en kudu doder as dood.

Re: 375

Posted: Thu Jul 30, 2015 8:39 am
by Fishaman
Soos die manne sê, hulle is baie na aan mekaar. Ek dink jy moet maar eers kyk watter geweer (fabrikaat & model) jy wil hê, nie baie van hulle maak albei kalibers nie.

Ek self het 'n Howa in 375R, en ek is baie tevrede met hom. Herlaai komponente is beskikbaar, en hy werk mooi met S355.

Re: 375

Posted: Thu Jul 30, 2015 9:50 am
by alecjohnson
Ballistiek gewys met SA kruit is daar werklikwaar nie 'n groot verskil nie. Regtig watter voordeel is daar in 250gr teen 2700 vs 2800fps? Die ruger help weer om die selfde spoed te kry uit 'n korter geweer loop. Met ligte koeëls is die ruger agter en selfde met swaar koeëls maar 235-270gr is die ruger met sowat 40-80fps vinniger as die H&H soos ek op QL gespeel het.

Die ruger het minder skop as die H&H of so se hulle. Ek het verlede saterdag 88 skote met gemak geskiet met my H&H.

Ek het die h&h gekies oor die rondte mooier lyk vir my as die ruger sin. H&H se herlaai komponente is TANS meer beskikbaar as Ruger.

Jy gaan nie werklik geld spaar met die een of die ander nie.
Wat ek ook vir almal aanraai ( uit persoonlike mishap ) is om nie 'n push feed te kry met 'n klein extractor nie, Howa sin is meer betroubaar volgens my as Remington bv. Ek sal egter altyd 'n controlled feed voorstel soos mauser, CZ en winchester se pre 64 aksies, hulle is net meer betroubaar as vinnig en onder stress gewerk word, maar min gebruik hulle werklik daarvoor.

Die mense wat QL het kan maar gaan speel met die twee en sien met dieselfde looplengte en koeël is daar min verskil tussen die twee. Hogdon en Vitivuarie(spelling?) kruite gee die ruger 'n redelike voordeel.

Re: 375

Posted: Thu Jul 30, 2015 10:15 am
by Jean Marais
Alex is 100% reg. Dit gaan oor smaak. H&H as jy van 'n klassieke kaliber hou, Ruger as jy meer modern wil gaan. Ballisties is daar bitter min verskil.

Moet ook nie die kaliber se langafstand vermoë onderskat nie. Jy sal stom verbaas wees as begin vergelyk, tot selfs op 700m.

Re: 375

Posted: Thu Jul 30, 2015 10:19 am
by Piet Pille
My 375HH is verreweg my gunsteling geweer in my kluis vir jag

Re: 375

Posted: Sun Aug 02, 2015 11:29 pm
by reggie
Dankie vir die raad. Ek het besluit om vir die h&h te gaan.
Moet nou besluit tussen die CZ en sako. Sako 85 hunter voel baie gemaklik,
Maar sal maar nog bietjie moet wag voor ek koop.

Re: 375

Posted: Sun Aug 02, 2015 11:40 pm
by Baasvark
Niks fout met 'n CZ nie....
skiet met gemak akkuraat tot 300m in die jagveld!
Aansienlik goedkoper as 'n Sako!

Re: 375

Posted: Mon Aug 03, 2015 12:31 pm
by Dwight375
Ek self jag baie lekker met my 375H&H

As ek dit oor moes doen, Ruger 375H&H op n CZ550 aksie en n walther 1-12 twist loop.

Re: 375

Posted: Mon Aug 03, 2015 1:20 pm
by Wouter Roets
Dwight375 wrote:Ek self jag baie lekker met my 375H&H

As ek dit oor moes doen, Ruger 375H&H op n CZ550 aksie en n walther 1-12 twist loop.
??? ??? ??? ???

Re: 375

Posted: Mon Aug 03, 2015 1:20 pm
by Koos Barnard
Ek wonder ook hoe kry 'n mens dit reg.

Re: 375

Posted: Mon Aug 03, 2015 1:24 pm
by Piet Pille
Wouter Roets wrote:
Dwight375 wrote:Ek self jag baie lekker met my 375H&H

As ek dit oor moes doen, Ruger 375H&H op n CZ550 aksie en n walther 1-12 twist loop.
??? ??? ??? ???
Neewat, moenie oordoen nie.. >:D

Re: 375

Posted: Mon Aug 03, 2015 1:26 pm
by alecjohnson
Dwight375 wrote:Ek self jag baie lekker met my 375H&H

As ek dit oor moes doen, Ruger 375H&H op n CZ550 aksie en n walther 1-12 twist loop.

Nou verstaan ek nie? Ruger 375 H&H... Is dit 'n 375H&H AI?

Re: 375

Posted: Mon Aug 03, 2015 1:27 pm
by Dwight375
jammer

verkeerd ge tik

ek bedoel ek sal die 375 ruger bou op n cz aksie

Re: 375

Posted: Mon Aug 03, 2015 1:39 pm
by Capt. Yoda
Eintlik soek Dwight n o/u combo wat bo n H&H vat vir die naby skote en onder n Ruger vir LR leeus

Re: 375

Posted: Mon Aug 03, 2015 2:26 pm
by Wouter Roets
Dwight

Ek het gehoop jy sal jou tweede en die belangrikste fout ook agter kom. n 375 Ruger op n Ruger aksie. :) ;D

Groetnis
Wouter

PS Wie van julle manne het altwee rondtes vir n meer objektiewe kommentaar?

Re: 375

Posted: Mon Aug 03, 2015 4:01 pm
by Mukiwa
Reggie,

Ek is self n groot sako man maar wil voorstel dat jy dalk n paar skote skiet met die Sako 85 Hunter 375 H&H (as jy kan) voordat jy n besluit neem. Hulle is bietjie ligter as bv die CZ.

Groete,

Re: 375

Posted: Mon Aug 03, 2015 5:02 pm
by Capt. Yoda
Ek het n 85 Hunter en hy skop nie meer as ander 375e nie.Hy skop "minde/beter" as my pa se 300WM cz met daai stront kolf wat agter so krom staan.Ek kan nie se hy skop meer of minder as 375Ruger Howa wat ek al me geskiet het nie. NWK Lichtenburg het nogals n dik special op n 375 Sakos as ek dit nie mis het nie, weet camdix het ook n mooi prys nou op hulle.