Ek het gedink ek deel my ondervinding met my "probleem .303", wat my onnodig geld gekos het. Dalk leer iemand anders ook iets daaruit.
Soos baie ander manne het ek n .303 wat so in die stamboom afgekom het. Toe my pa oorlede is het ek die No1 Mk3 oorgevat. Hy het hom reeds laat sport en die loop was gebed met n 6x40 teleskoop op. Die geweer het glad nie sleg gedoen met gewone PMP nie en het seker 30mm op 100m geskiet.
Toe kom die gatjeuk in.... Ek was nie gelukkig om PMP te skiet nie en wou self begin laai vir die geweer. Maar saam met die laai verander ek toe n klomp ander goed.
1) Kroon laat sny
2) Loop ontkoper
3) Teleskoop vervang met Lynx 3-9x42
4) Kolf vervang met sintetiese Monte Carlo (Die hout kolf se stock was baie laag agter) En dus was bedding nou ook nie meer daar nie.
Ek het met Claw begin laai maar niks wou werk nie! Nie eers amper nie!!! Het 150gr, 180gr en 200gr probeer. Ek het toe weer n pak PMP gekoop en besef toe dat die geweer glad nie meer skiet soos hy geskiet het nie! Ek praat van sukkel om op n A4 te bly met 3 skote
Na ek gaan sit en dink het wat ek als verander het en wat ek al weer terug verander het om die fout te soek besef ek al wat oorbly is die stock en die kroon wat gesny is. Toe besluit ek om die nuwe stock af te haal en die hout een terug te sit saam met die sintetiese forestock..... koop n boks PMP en gister skiet die geweer soos sy ou self!
Ek sal kyk waar die nuwe stock vasdruk en of ek dit kan regkry.
Maar so leer jy... As ek een ding op n slag verander het sou ek myself baie frustrasie, geld en tyd gespaar het! Sien nou weer uit om vir die ou meneer te laai en te sien wat hy kan doen.


