Page 1 of 1

Pak van 'n aksie

Posted: Thu Jul 23, 2015 8:10 am
by Jean Marais
Dagsê manne

Ek het in Des vir my 'n GRS Hunter Varminter kolf aangeskaf vir my 308 Norma Mag. Die aksie is met die pas van die wapen sommer gepak ook, maar ek dink die ou het drooggemaak. Die geweer het aanvanklik baie goed groeppeer, maar het skielik opgehou. Ter wille van 'n onlangse jag, het ek toe maar weer die ou kolf opgesit, en het die geweer toe weer ok groeppeer, goedgenoeg vir jag in elk geval.

Wie in die Pta Jhb omgewing is werklik 'n boffin met die pak van 'n aksie wat die werk vir my sal kan oordoen.

Re: Pak van 'n aksie

Posted: Thu Jul 23, 2015 8:25 am
by Dries101
Andries Moller

Re: Pak van 'n aksie

Posted: Thu Jul 23, 2015 8:26 am
by Geno
Oom Jean,
Kontak vir Chrisjan hier op die forum. In Gauteng is daar min manne wat kan pak soos hy. Laat hy sommer pilare ook installeer. Vir 'n GRS is dit redelik noodsaaklik.

Groete

Re: Pak van 'n aksie

Posted: Thu Jul 23, 2015 8:28 am
by Jean Marais
Dankie Geno.

Re: Pak van 'n aksie

Posted: Thu Jul 23, 2015 8:59 am
by Nickvn
Jy sal moet wikkel as jy hom wil reg he vir ons jag. 8)

Re: Pak van 'n aksie

Posted: Thu Jul 23, 2015 10:40 am
by Jean Marais
Janee Nick, anders gooi ek maar met die 375, en vat die 303 saam vir backup ++>: :laugh: