Page 1 of 2
roes
Posted: Thu May 19, 2011 1:22 pm
by CR
More almal
Kan iemand dalk raad gee , ek bly by see en roere begin roes buite optel( res behandel ) wil lig/heater insit. Enige voorstelle welkom!
Re: roes
Posted: Thu May 19, 2011 1:34 pm
by Raven
CR,
Verkoop die roere en koop visstokke
Nee ek grap net, ek olie maar net baie elke keer as ek gewere wegpak, hulle tel ook roes op in kluise dink ek.
Ons luister maar wat s? die ander manne.
Raven
Re: roes
Posted: Thu May 19, 2011 1:39 pm
by Jagtersdok
Koop 'n potjie silika korrels en los die deksel af binne die kluis. Of jy kry ook 'n produk (dry safe) is so sak wat jy in die kluis sit. Haal die vogtigheid uit die lug
Re: roes
Posted: Thu May 19, 2011 1:44 pm
by Biker
Jagtersdok wrote:
Koop 'n potjie silika korrels en los die deksel af binne die kluis. Of jy kry ook 'n produk (dry safe) is so sak wat jy in die kluis sit. Haal die vogtigheid uit die lug
Dok ou moet seker een of ander tyd weer die vog uit die sak of korrels ook uithaal en sit jy die goed in die son of lou -oond
Rave...... vistokke

Weer vol grappies lyk my
Groete julle
Re: roes
Posted: Thu May 19, 2011 1:51 pm
by Jagtersdok
Biker daai goed word klip hard dan gooi jy dit weg en sit nuwe een in. Dit kos R20 of R25 vir so blik of sakkie
Re: roes
Posted: Thu May 19, 2011 1:55 pm
by CR
Waar koop ek van die korreltjies? Raven ja ek is nie so groot visserman nie !!
Re: roes
Posted: Thu May 19, 2011 1:58 pm
by Jagtersdok
Builderswarehouse of gunshops
Re: roes
Posted: Thu May 19, 2011 2:02 pm
by Raven
CR wrote:
Waar koop ek van die korreltjies? Raven ja ek is nie so groot visserman nie !!
CR, ek ook nie.... Biker is die groot visserman hier onder ons
Ek sal ook sommer Jagtersdok se raad volg, pasop net dalk moet jy hom omkoop met 'n paar vissies weer

Raves
Re: roes
Posted: Thu May 19, 2011 2:06 pm
by Jagtersdok
Nee wat Raves ek terg sommer net.
Vir my is dit groot voorreg om met ander mense my passies in die lewe te kan deel. As daar ietsie is wat ek weet deel ek dit met graagte sonder enige iets terug verwag word as dit iemand kan help.
Re: roes
Posted: Thu May 19, 2011 2:10 pm
by Raven
Jagtersdok wrote:
As daar ietsie is wat ek weet deel ek dit met graagte sonder enige iets terug verwag word as dit iemand kan help.
Dit het ek al lankal hier op die forum raakgesien, en dit is presies hoekom dit so lekker is om deel te wees van die JARACAL FAMILIE.
Groete Norty
Re: roes
Posted: Thu May 19, 2011 2:15 pm
by Jagtersdok
Ja nee
Dis 'n heerlike familie die. My vrou vra my partykeer of ek liewer is vir julle manne as vir haar hahahahahaha

Ek het geantwoord net as sy vol bollie is hahahahahaha

Re: roes
Posted: Thu May 19, 2011 2:59 pm
by tripodmvr
Pasop net vir die silikonsakkies dat dit nie aan die metaal van jou kluis of gewere raak nie. Iemand het vertel van groot skade toe dit uitgelek het.
'n Ander praktiese manier is om 'n lae watt gloeilamp te installer wat die lug uitdroog. Ek dink die nuwe tipes sal ideaal werk met hul lae watts en lae hittevrystelling.
Re: roes
Posted: Mon Jun 06, 2011 8:41 am
by fanie17
CR
Ek neem an jy bere nie jou gewere in hul sakke nie,as jy doen is dit ook een van die redes,ek het al gewere gesien met baie skade omdat hulle in n sak gebere was.
Re: roes
Posted: Mon Jun 06, 2011 9:10 am
by Louis Kriel
fanie17 wrote:
CR
Ek neem an jy bere nie jou gewere in hul sakke nie,as jy doen is dit ook een van die redes,ek het al gewere gesien met baie skade omdat hulle in n sak gebere was.
Dis interresant ek bere al vir jare my gewere in hulle sakke in die kluis . Nog geen roes gekry nie. Ek skiet darem gereeld. En ek bly in die Kaap.
Re: roes
Posted: Mon Jun 06, 2011 11:02 am
by SmitH
Het my kluis met 6mm velt uit geplak en nog nooit n roes probleem opgetel nie bly ook naby die see
Groete
SmitH
Re: roes
Posted: Wed Jun 08, 2011 8:34 am
by James Wilson
as jy die antiroes goed in die winkels kry nie, sit sommer n roomys bak wat so kwart vol rys is in jou kluis.
Re: roes
Posted: Wed Jun 08, 2011 8:39 am
by Wielie Waps
Manne
Wanneer julle wel roes op die loop voel - hoe behandel julle dit ?
Re: roes
Posted: Wed Jun 08, 2011 9:16 am
by Beyers
Fyn staalwol en q20 liggies vryf nie skuur nie. Baie flippen liggies vryf. Vee dan skoon en vee dan met Q20 lappie af
Re: roes
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:11 am
by Francois Briedenhann
Ek het roes op my slot so kan e dit ook met daai wol skoon maak?
Re: roes
Posted: Wed Jun 08, 2011 12:15 pm
by Louis Kriel
Ek het een jaar by 'n boer gejag in die Kalahari daar by die soutpanne naby Noenieput. Die seun wys my toe hoe roes sy Brno .22 se loop aan die buitekant. Ek spuit toe die hele loop met Ballistol olie (aerosol blik) en die loop het pragtig skoon gekom nadat ons dit bloot met 'n lappie afgevee het.
Re: roes
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:51 pm
by Jeagermeister
Manne,
Gaan kyk vir die ding by alle goeie hardeware winkels....
Werk soos 'n bom, maak net elke week die water/ vog in die houertjie leeg...
http://www.henkel.com/adhesives/do-it-y ... 000000025Q
As die winkel dit nie het nie, vra hulle om vir die Ponal / Pattex Rep te vra vir die produk... dit word deur Henkel verskaf..
Groete
JM
Re: roes
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:58 pm
by Witpietskiet
Jeagermeister wrote:
Manne,
Gaan kyk vir die ding by alle goeie hardeware winkels....
Werk soos 'n bom, maak net elke week die water/ vog in die houertjie leeg...
http://www.henkel.com/adhesives/do-it-y ... 000000025Q
As die winkel dit nie het nie, vra hulle om vir die Ponal / Pattex Rep te vra vir die produk... dit word deur Henkel verskaf..
Groete
JM
Ek het so 1 in my kluis en hy werk baie goed, soos JM ges? het, maak net die houer elke week leeg en jou roes probleme is iets van die verlede.
Mooi loop
Re: roes
Posted: Thu Jun 16, 2011 8:12 pm
by PITSMIT
cr
ek rol sommer koerantpapier in bolletjies op en gooi dit in die kluis. ek bly naby die kus en het nog nooit roes opgetel nie.
wat ek wel kan se is as daai goed eers begin met roes sukkel jy om dit te beheer. roes is soos kanker en slaat maar net weer uit. ek dink jy moet al die manne se raad volg en dan kyk om jou gewere weer te laat blue en dan net jou vinger op hulle te hou.
my 2c maar dit werk vir my
Re: roes
Posted: Fri Jun 17, 2011 1:45 pm
by .::Alwyn-U::.
Sjoe hier is nou so baie raad om van te kies! Dankie manne
Re: roes
Posted: Thu Jun 23, 2011 5:09 pm
by .::Alwyn-U::.
manne, ek het vir daai silika korrels gaan rond vrae en toe se die ou man bydi hardeware winkel dat mens moet dit vermy???? Hy se dit trek al die vog uit die kamer, deur die kluis en los nie die roes probleem op nie.. Is dit rerg so?
Groete