Page 1 of 1

Hornady

Posted: Wed Jul 15, 2015 9:13 am
by Smirre
More
Ai............ manne wat weet help tog

twee van my maats het my gebel want hulle het erens op die net op n forum gelees
hornady gaan nie meer beskikbaar wees in onse land nie.
Ek moet koop wat ek sien!!! ++>:

waar sou hulle dit lees en is dit waar?

Dankie

Re: Hornady

Posted: Wed Jul 15, 2015 9:35 am
by gillie
Weet Hornady het sommige van hulle produkte se produksie op hold gesit vir ruk... Weet nie wanneer hulle weer daai produkte gaan begin vervaardig nie. Ek dink dit was maar net verkeerd verstaan deur jou vriende... Maar ek was al verkeerd in die verlede :confused:

Re: Hornady

Posted: Wed Jul 15, 2015 9:47 am
by joe rocket
Soos ek dit verstaan voorsien Hornady die Amerikaanse weermag. Wanneer die weermag bestelling klaar is produseer hulle weer vir die amerikaanse mark en dan vir die res van die wêreld. My broer bly in New York en hy sê dit is makliker om hulle produkte wat klaar vervaardig is te versprei na die weermag toe as na verskeie geweer winkels. Of dit waar is weet ek nie

Re: Hornady

Posted: Wed Jul 15, 2015 10:41 am
by Capt. Yoda
Nic Yale het so ruk terug op gehou om Hornady koels in te bring weens n menings verskil met Hornady en toe het die koels op gedroog op die rakke.Sover ek verstaan gaan S&O hul eie in bring en daar is nog een of 2 plekke wat in bring, S&O gaan ook al die Hornady onderdele hou vir hul herlaai toerusting. Ek glo sodra S&O se besending land sal mens weer begin sien, die koels is maar skaars in die US ook omdat die manne so baie koop so hou maar net vas

Re: Hornady

Posted: Wed Jul 15, 2015 10:56 am
by Smirre
dankie manne

Re: Hornady

Posted: Wed Jul 15, 2015 11:07 am
by tripodmvr

Re: Hornady

Posted: Wed Jul 15, 2015 12:11 pm
by Ashley
Ek het weer gehoor by ARMS in Pretoria dat daar n issue met die Hornadt Interlock patroon..."discontinued" of so iets.
Maar dit mag ook dalk verkeerd wees...

Re: Hornady

Posted: Wed Jul 15, 2015 1:11 pm
by Ashley
Ashley wrote:Ek het weer gehoor by ARMS in Pretoria dat daar n issue met die Hornadt Interlock patroon..."discontinued" of so iets.
Maar dit mag ook dalk verkeerd wees...
Sorry, die INTERBOND

Re: Hornady

Posted: Thu Jul 16, 2015 7:23 am
by Johan van Wyk
Ek het in Februarie by SCI in Las Vegas by die Hornady stalletjie `n draai gemaak. Die Interbond was, in sekere kalibers, vir ñ tyd uit produksie maar hulle het weer begin om hulle te maak. Dis waar dat Hornady groot kontrakte met die Amerikaanse weermag het wat voorrang geniet, maar dis die geval met omtrent elke ander Amerikaanse vervaardiger ook.

Sover ek weet het Guns & Bows in Kaapstad nog steeds `n Hornady agentskap van soorte.