Page 1 of 1

Veilige bewaring van my broerskind se vuurwapens

Posted: Mon Jul 13, 2015 4:40 pm
by Jean Marais
My broerskind is besig om te verhuis na die Kaap toe, Gelukkig bly hy darem 'n Blou Bul. Hy besit twee gewere en wil nie met die trekery die wapens inhandig tot hy 'n vaste adres het nie.

Kan ek 'n bewaringspermit kry om die wapens vir hom in my kluis te stoor tot hy 'n vaste adres het, of is dit beter om hulle vir veilige bewaring in te gee. Wie doen so-iets.

Dankie vir julle hulp.

Re: Veilige bewaring van my broerskind se vuurwapens

Posted: Mon Jul 13, 2015 5:17 pm
by Gawie(13mm)
Ek is seker S&O sal jou kan help. Indien hy dan gereed is kan hy reël dat hul dit met RAM afstuur na hul Stellenbosch tak.
Net 'n gedagte.

Re: Veilige bewaring van my broerskind se vuurwapens

Posted: Mon Jul 13, 2015 6:45 pm
by ArnoRoux
Jy kan by jou DFO 'n stortings permit kry en by jou bere

Re: Veilige bewaring van my broerskind se vuurwapens

Posted: Mon Jul 13, 2015 9:03 pm
by Giepie
Ek het so paar maande terug vir my seun navraag gedoen. Met die troue is hy uit die huis in hulle woonstel in maar die kluis was nog nie vasgesit nie.

Kry by Wierdabrug 'n aansoek. Jy dien dit dan in met jou en die eienaar se id's in. As ek reg onthou ook 'n afskrif van jou wapens se lisensie. Hierdie permit is blykbaar net vir 3 maande geldig.

Petrus het toe maar die kluis vasgesit in die woonstel, so ons het dit toe nie nodig gehad nie,

Re: Veilige bewaring van my broerskind se vuurwapens

Posted: Tue Jul 14, 2015 6:42 am
by Gawie(13mm)
ArnoRoux wrote:Jy kan by jou DFO 'n stortings permit kry en by jou bere
Ek haat die dekselse selfone wat 'n man se woorde verdraai. ;D

Re: Veilige bewaring van my broerskind se vuurwapens

Posted: Tue Jul 14, 2015 6:44 am
by ArnoRoux
Sorry. As jy 'n stortings plek soek kan jy die wapens maar hier by my stort.

Maar jy kan 'n stoorings permit kry by jou DFO

Re: Veilige bewaring van my broerskind se vuurwapens

Posted: Tue Jul 14, 2015 7:18 am
by Jean Marais
Dankie manne. Ek sal dit dan so doen.