Page 1 of 1

Loop twist vs Spoed

Posted: Sat Jul 11, 2015 10:40 am
by muishond
Wat sal die spoedverskil wees tussen bv. n 1:8 en 1:9 twist loop as met dieselfde hoeveelheid kruit en dieselfde gewig en fabrikaat koeel gelaai word ?
Gebruik n 6.5x 55 vir die vraag met n 24 duim loop.
As daar wel n spoedverskil is, hoekom gebruik QL nie loop twist as n faktor nie ?
Meskien is die vraag al verduidelik, maar dit sal interesant wees om te hoor van die kenners.

Groete
Muishond

Re: Loop twist vs Spoed

Posted: Sat Jul 11, 2015 10:57 am
by Smitstertjies
Volgens toetse wat in Amerika gedoen is,is daar rofweg n spoedverskil van 1.25 fps per 1 duim toename in rifle twist. Dit is omrede die vinniger twist meer weerstand bied op die projektiel.

So n twist van 1:8 behoort 1.25fps stadiger as twist van 1:9 te wees. Verskil is weglaatbaar klein vir QL doeleindes.

http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... litz-test/

Re: Loop twist vs Spoed

Posted: Mon Jul 13, 2015 7:30 pm
by muishond
Dankie Smitstertjies, ek waardeur jou terugvoering.

Groete