Watter howa 223 om te koop

Gotcha
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Wed Apr 27, 2011 2:21 pm

Watter howa 223 om te koop

Post by Gotcha »

Ek hoop julle manne kan my help ek wil vir my n Howa 223 koop maar weet nie watter een ek moet koop nie . Ek het self net met die din loop 24" met die rubber kolf te doen gekry ( vir iemand n lading uitgewerk ,ek was baie beindruk ) . Nou is my vraag hoeveel beter is die duk loop een en as hy beter is regverdig dit die gewig ? En behalwe die looks wat is die ander voordele van die laminated kolwe sal akkutaatheid soveel beter wees op n geweer met so min recoil? En laastens sal die dukloop 20" model baie stadiger skiet as jy ma 25gr S321 in n doppie goei neem aan daai geweertjie sal baie hanteerbaar wees . Ek het gedink ek wil n lynx LX2 2.5-15 x 50 SAH op hom sit julle kan maar oor die scope ook uitbrei
Dankie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by tripodmvr »

Waarvoor wil jy die geweer aanwend - meestal jag of ongediertes per voet skiet, of dan voorsit of jakkals skiet vanaf statiese stoel. Kies gewig daarvolgens

Dit kan jou help met keuse van looplengte en profiel.
Looplengtes
Druk by hoogste node van so 3250vps
24dm - 50K psi
22dm - 55K psi
20dm - 60K psi.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Gotcha
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Wed Apr 27, 2011 2:21 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Gotcha »

Dankie vir die antw dit gaan 90% van die tyd n bakkie geweer wees . Honde skiet, nag skiet en my laaitjie is nou 10 so dis vir hom ook n roer
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by tripodmvr »

As jy dit vir 'n jong man soek dan sal gewig en hanteerbaarheid 'n groot rol speel. Dunste loop sal laer gewig bepaal. Bakkei sal looplengte bepaal.

My 24 duim met Tupperware kolf is swaarder as my 375.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Jaco v Zyl »

Ek sal sover moontlik daardie rubber kolf vermy
By mag miskien werk, maar die kans is baie groot dat hy jou gaan probleme gee een of ander tyd. Dis maar my opinie.
Groete
Gotcha
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Wed Apr 27, 2011 2:21 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Gotcha »

Dankie . Jakoos help gou verder watse probleme gee die tupperware kolf ?
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Jaco v Zyl »

Ek het nou al met drie te doen gehad,en al drie het in die eerste plek aan die looo geraak,nou ek weet jy kan dit wegvat,en ons het dit gedoen,ma gan kyk hoe elasties of pap is dai kolf,die geringstd drukking op kolf en hy raak maklik wee aan kolf.jy wil jou platvorm waarin jou geweer le so solied moontlik he.Daar is mane wat ane plane ook maak ma dit vat tyd en as jjy dit ni self doen gaan dit jou geld kos,dus my voorstel var kla die gelamineerde een,of kry n boyds by geno.

Groete
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Cobus(Cobb) »

Net 1 vraag...hoekom sal jy in die winkel staan en eerder die 223 langs die 243 vat vir omtrent selle prys?
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2344
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by henried »

Ek wag net dat hulle in die land kom dan koop ek een....

My 30-06 met die plastiek kolf het geen probleem nie. Hy kan die stampe en krappe van die veld vat, mooi afvee na die jag en hy is weer reg.

Die 223 herlaai goedkoop en die loop lewe is ook goed.

Ek het al met Oom Marius sin geskiet, en hy skiet baie lekker, en groep baie mooi.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Hein22 »

Jakoos wrote:Ek sal sover moontlik daardie rubber kolf vermy
By mag miskien werk, maar die kans is baie groot dat hy jou gaan probleme gee een of ander tyd. Dis maar my opinie.
Groete
Jakoos, ek het al stories op die internet gehoor oor die hogue kolwe maar dit nog nooit self gesien nie. Elke skietbaan waar jy deesdae kom het iemand 'n howa met 'n tupperware kolf en ek moet nog die ou ontmoet wat kla oor syne. Ek het self lank met een geskiet op my 243, met en sonder bipod sonder om enige probleme te he. Al wat ek verander het is om die hol kolf met swembad sand te vul om hom beter te balanseer.
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Jaco v Zyl »

Hallo almal
Skies as ek miskien aanstoot gegee het oor die hoque kolwe, ek het maar my opinie gevoem rondom my ervaring met hulle,daar was miskien ander faktore wat ook n rol gespeel het.
Wys mens net weer wat vir een ou noe werk mi kan vir iemand anders werk.
Groete
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 919
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by musgrave270 »

Ek dink enige Howa 223 wat jy kan kry moet jy vat, want klink my hulle is baie skaars.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Pvdw »

Net 1 vraag...hoekom sal jy in die winkel staan en eerder die 223 langs die 243 vat vir omtrent selle prys?
Want die 223 is 'n regte gun!! :o

Koos dis nie ons skuld die 223 se recoil maak jou pap nie ;)
Gotcha
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Wed Apr 27, 2011 2:21 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Gotcha »

Dankie vir die antwoord . Ek sal ma hoor wat is beskikbaar en wat die prys verskil is en dan besluit . Het iemand onder vinding oor die lynx 2.5-15 x 50 LX 2 scope hoe is hy in die nag
22-250 AI Ruger VT
6mm XC
6.5 CM Ruger VT
6.5 x 55 RSA
308 Musgrave
User avatar
gs23139
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Wed Mar 05, 2014 11:32 am

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by gs23139 »

EK het die Lynx op my Howa .375 Ruger (met plastiek kolf en al). Hy werk baie mooi vir my. Lekker oogspasie en baie helder. Hier van 250m af verkies ek egter iets met 'n dunner kruishaaar.
Soos ek se vir my bosgeweer is hy perfek. As jy verder gaan skiet, kyk dalk na Sightron, my 2 ander Howas het hulle op en is baie goeie waarde vir geld.
Gerhard

Howa: 223, 243, 6.5 x 55 SM, 30-06, 375 Ruger
Savage: 300 WSM
CZ: 416 Rigby
Sabatti: 12Br
Mauser: .22
Glock: 9mm 17
Excalibur Matrix 380 Kruisboog
PCP: Daystate 5mm Classic
Gotcha
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Wed Apr 27, 2011 2:21 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Gotcha »

Sal julle die lynx koop of is daar beter scopes op die mark vir R8000
22-250 AI Ruger VT
6mm XC
6.5 CM Ruger VT
6.5 x 55 RSA
308 Musgrave
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Dries101 »

cvdm9222 wrote:Sal julle die lynx koop of is daar beter scopes op die mark vir R8000
Ek sou loer na die Nikon Monarch 4-16x50
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Hein22 »

Die Lynx scopes is baie goed as jy graag een van hulle wil koop. Praat met Hercules Louw hier op die forum, hy sal jou gerus kan stel. Hy het die SA Jagters kruishaar ontwerk wat in die modelle gebruik kan word.
Gotcha
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Wed Apr 27, 2011 2:21 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Gotcha »

Dankie waardeur julle terug voer
22-250 AI Ruger VT
6mm XC
6.5 CM Ruger VT
6.5 x 55 RSA
308 Musgrave
User avatar
Scrappies
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Scrappies »

Hi

Ek het n Howa 223 20" met n 1:9 twist loop. Is nog nie 1 dag spyt ek het hom gekoop nie.

Om net by die cal te begin. Jy sal baie meer sneller tyd agtr jou 223 kry as agter iets grooters. Met wat komponente die laaste ruk kos gril ek sommer.

Ek het die tupper afgehaal en n ou hout kolf van my sommer met bodyputty op gebou en weer gespray. As daar nou vir een of ander onverklaarbare rede n skoot heel uit sy plek is dan weet ek dis die ou so 4 duim agter die scope. Ek het ook net bietjie met sy sneller gespeel hou nie van die nuwe snellers nie.

Ek hou baie van die kort geweertjie. Ry baie lekker saam bakkie en ek gooi hom maklik oor die rug en stap n ruig bos deur. Hy bly maar net so rapsie swaar, maar verkies die dukker loop maar net oor hoe hy vir my lyk so ek kla nie oor sy gewig nie.

Ek skiet 53gr V Max punte teen so 3100fps en is heel tevrede. Ek het al tot 77gr en 69gr Noslers geskiet met redelike sukses maar ek het nog nie die ladings so mooi uit gesort nie. Was maar gedruk vir tyd en die chrony wou nie saam werk nie.

Vir my kan jy nie fout gaan met n Howa nie. Ek moet nog 1 kry wat nie skiet nie. Tussen die varmint en sporter profile lope moet jy maar besluit wat jy hom voor gaan gebruik.

Sterkte met jou besluit en geniet daai roer!!!
Gotcha
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Wed Apr 27, 2011 2:21 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Gotcha »

Baie dankie vir die inligting . Is die 1/9 twist n Howa ek het nogal op gelees op die internet het dit seker mis gekyk . Ek het gesien die Ruger is n 1/9 maar my Diensskiet pelle se die een op 12 werk beter oor die algemeen met 55gr punte .Ek laaik die Ruger vt ek het 2 van hulle in 22-250ai en n creedmoor en altwee skiet fantasties maar die 1/9 twist en die gewig het my geplae en die ektra R4500 natuurlik
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Piet Breedt »

Oor die algemeen is n gelamineerde kolf n baie beter basis om van af te werk as n plastiek kolf. Dit is van uiterste belang dat n geweer se bedding waarop die aksie rus goed en stewig moet wees. My persoonlikke ondervinding met die plastiek kolwe is dat hulle vreeslik elasties word as jy in die son skiet met hulle. My Howa .22 250 het met een gekom, en hy het regtig mooi groepe geskiet. Sit jy hom dan op sy sy neer in die son, en skiet eers met n ander geweer of twee, en jy vat hom weer, skuif die groep sommer n duim of twee. Laat le jy hom weer op die ander sy, skuif die groep anderkant toe. Ek het hom afgehaal en geskenk vir iemand wat n cricket bat soek en n gelamineerde kolf op gesit, en einde van die skuiwery. Nou skiet hy, winter of somer op dieselfde plek.

As ek n keuse het, is daar eintlik net een keuse. Vat n Howa met n gelamineerde kolf. As jy daardie kan kry sonder die thumhole, nog soveel beter. Hulle is net skaars deesdae. Ek weet Camdix het met hulle vorige besending weer van hulle gehad. Dit is een van die heel lekkerste kolwe van die rak af vir my.

Die Lynx scope is goed, maar vir die helfde van die prys sal ek die Burris Fullfield II 4.5 - 14 x 42 koop. Hy is enige dag net so helder indien nie helderder, en hulle verstel baie goed. Ek het nog 2 van hulle op van my gewere, onderandere op my .223, en sal nie maklik van hulle ontslae raak nie. Ek skiet ook in die nag met hom op my .223, en hy is heel skaflik. Nou nie op my Zeiss se standaard in die nag nie, maar heel goed. Maar dan weer, daar is niks wat met die Zeiss vergelyk in die nag.
Gotcha
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Wed Apr 27, 2011 2:21 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Gotcha »

Piet Breedt wrote:Oor die algemeen is n gelamineerde kolf n baie beter basis om van af te werk as n plastiek kolf. Dit is van uiterste belang dat n geweer se bedding waarop die aksie rus goed en stewig moet wees. My persoonlikke ondervinding met die plastiek kolwe is dat hulle vreeslik elasties word as jy in die son skiet met hulle. My Howa .22 250 het met een gekom, en hy het regtig mooi groepe geskiet. Sit jy hom dan op sy sy neer in die son, en skiet eers met n ander geweer of twee, en jy vat hom weer, skuif die groep sommer n duim of twee. Laat le jy hom weer op die ander sy, skuif die groep anderkant toe. Ek het hom afgehaal en geskenk vir iemand wat n cricket bat soek en n gelamineerde kolf op gesit, en einde van die skuiwery. Nou skiet hy, winter of somer op dieselfde plek.

As ek n keuse het, is daar eintlik net een keuse. Vat n Howa met n gelamineerde kolf. As jy daardie kan kry sonder die thumhole, nog soveel beter. Hulle is net skaars deesdae. Ek weet Camdix het met hulle vorige besending weer van hulle gehad. Dit is een van die heel lekkerste kolwe van die rak af vir my.

Die Lynx scope is goed, maar vir die helfde van die prys sal ek die Burris Fullfield II 4.5 - 14 x 42 koop. Hy is enige dag net so helder indien nie helderder, en hulle verstel baie goed. Ek het nog 2 van hulle op van my gewere, onderandere op my .223, en sal nie maklik van hulle ontslae raak nie. Ek skiet ook in die nag met hom op my .223, en hy is heel skaflik. Nou nie op my Zeiss se standaard in die nag nie, maar heel goed. Maar dan weer, daar is niks wat met die Zeiss vergelyk in die nag.
Gotcha
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Wed Apr 27, 2011 2:21 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Gotcha »

Baie dankie ek sal rond bel maar kon nog nie erns een met so kolf op spoor nie . Ek het nog nie camdix probeer nie sal more oggend hoor nogmaal dankie
Gotcha
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Wed Apr 27, 2011 2:21 pm

Re: Watter howa 223 om te koop

Post by Gotcha »

Baie dankie ek sal rond bel maar kon nog nie erns een met so kolf op spoor nie . Ek het nog nie camdix probeer nie sal more oggend hoor nogmaal dankie
Post Reply