Page 1 of 2

220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Sun Jun 28, 2015 10:00 pm
by Eland
Goeie naand manne.

Sal graag nog n hou op die laaste spyker se kop wil kry van julle kant af asb.

Ek dink ek het n goeie verskeidenheid van kalibers maar ek voel daar is n redelike gaping tussen die .22 & die 308 wat ek huidiglik besit. Die gedagte is om n kaliber aan te skaf wat ek as relatief goedkoop in terme van patrone beskikbaarheid etc kan klasifiseer met minimale aanpassing ens aangesien ek nou ernstig die herlaai tafel wil begin betree en nog altyd die standaard en algemene kalibers verkies het juis oor baie data beskikbaar is amper soos die VW vs Citroen gedagte.
MAW, ek sal klaar gemaakde doppe wil kan aankoop sonder om ander kalibers se doppe te moet aanpas om te kan werk wat vir my heel intimiderend klink as beginner.

Ek sal graag die kaliber wil gebruik vir teiken en selfs so af en toe n jak en as ek my bles of springbokke wil afhaal wanneer hul te veel raak, dus n redelike stil geweer wat tot op 250M goed kan werk. Wil ook die geweer gebruik as opleidings wapen vir my vrou en dogter.

Huidiglik kan ek either n .243 of .220 Swift oorneem as familie erfstuk, maar as kind 20 jaar gelede kon ek nooit die einste .243 kry om voldoende te groepeer op 150M nie, 100M was die groepering weer aanvaarbaar. Die gevoel was altyd dat wind ook n groot faktor op die vlakte was en dit my totaal en al n gly gegee het. moontlikheid is sterk dat dieloop uigeskiet of gepit is. Die .220 verneem ek is n kat van n ander kleur agv patrone of altans dop beskikbaarheid?

Alternatief dink ek sterk aan die .223 of 22-250.

Wat stel julle voor?

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Sun Jun 28, 2015 10:45 pm
by SakoTrippel2
Naand Eland.
Persoonlik sou ek die volgende doen: Dikloop Howa 22-250 met n lekker Boyds kolf en n SilentHunter KD en Telekskoop van jou keuse iets soos Vortex of Nikon in die 4x-16x of 20x en 24x klas. n Doodelike paket. Doodstil,Akkuraat en skop amper niks.

Ek neem aan 220 Swift doppe is nogal skaars en duur.....
n 22-250 sal heelwat platter skiet as n 223 wat nogal in jou guns sal tel as jy nie weet hoe ver Vlekkie staan nie.
Ek dink ook nie .22 Hornet sal 250m akkuraat kan haal nie. En as jy se jy sukkel met daai 243 laat dit ons met twee kalibers. 223 of 22-250. Ek sou die 22-250 vat om rede hy loop redelik goed koop. (maar .223 sal goedkoper wees) koeƫls is volop en jy kan ook swaarder gaan as jou loop jou toelaat wat langer afstand teiken skiet gaan bevoordeel.
Dis maar wat ek sou doen. Wat dink jy?

Groete
Frans

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Sun Jun 28, 2015 10:49 pm
by joe rocket
Jong as ek in jou skoene was sou ek die 220 swift vat, hoekom, because speed kills >:D Ek sal dan die 223 koop vir jou vrou en kind as opleidings wapen. Goedkoop op te laai, recoil is min lekker geweertjie.

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 7:30 am
by blaser
204

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 7:41 am
by Capt. Yoda
EK sou ook daai 220Swift gevat het en maar doppe gesoek/gemaak het

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 7:43 am
by Maanboef
Watter maak 243 is dit?

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 7:45 am
by Supacow
Ek vote 223

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 7:59 am
by Eugene
Ek sal ook my stem vir die 223 gee. Die 22 Hornet is 'n lekker geweertjie, maar jou opsies is bietjie beperk daarmee. 22-250 is ook 'n lekker opsie, maar waarskynlik korter looplewe en duurder om voor te laai as die 223. 220 swift ken ek nie werklik nie.

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 8:05 am
by Jaco v Zyl
222-50 met n 1:9 of 1:8 twist en skiet 70-80 gr punte.
Skop min genoeg vi kinders en balisties goed genoeg vi 300 meter skote.

Geniet dit

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 10:17 am
by Gaaf
Eland
Dit is nou regtig intresant om die manne se opinies te sien. Ek sit ook met die selfde vraag en het besluit om maar 'n .223 aan te skaf.
Kan iemand dalk stats opsit .223 vs .222-50.

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 10:25 am
by Rudie
Ek het 'n 223, 22K Hornet en 22-250. Die 22-250 is verkoop en die Hornet word nou 'n 6x45 en ek hou die 223.

As ek 'n 22-250 weer aan skaf sal dit met 1-8 twist loop wees. Maar ek dink tot op 300m is die klein 223 'n baie lekker geweer om te skiet. Ek gebruik 53vmax vir meeste skiet werk en jag met 50gr ttsx.

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 10:42 am
by Capt. Yoda
Of as jy die 243 mahala kan kry gebruik die aksie en kry n 6mm loop by S&O

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 11:56 am
by Baasvark
22-250! Myne het my baie verbaas!
Springbok, blesbok en rooibok val sommer lekker voor hom.
Skiet lekker akkuraat tot 400m..... nog nie verder getoets nie.

Laai ook nie so warm nie 3100fps met S365. Ek glo my loop sal darem redelik hou.

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 5:14 pm
by cassie_calvinia
loop lewe is relatief.
as jy 200 skote met die 22-250 per jaar gaan skiet, gaan die geweer jou 10 jaar plus hou.
ek baie life vir my 22-250. het die jaar sommer paar gemsbokke geskiet met die 40gr v-maxe.
daai 223 se go is uit by 250m. en, ek zero amper daar.

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 5:25 pm
by Eland
Sjoe!

Dankie vir al die insette en dit laat my gedagtes ook trek na die .223 & 22-250. Die .22 Hornet het my ook eerlikwaar met erge twyfeling gelaat.

Ek het juis die gedagte soos Sako trippel2 beskryf met n dikloop, silencer, ordentlike teleskoop & pasmaak kolf. Ek is maar n sucker vir turkish wallnut. Oor die algemeen verkies ek n swaarder geweer agv minder recoil en aanle stabiliteit (seker maar n brain wave) en aangesien hierdie wapen meer konstant uit dooierus posisies gebruik sal word is dood dra nie n faktor nie.
Op die een het ek baie goeie motivering om die huisdier te oortuig van die noodsaaklikheid vir n goeie opleidings wapen, dus grootgaan is die plan... daai kans gaan nie gou weer verby kom nie.

Capt. Oblivious & Maanboef, klink na n plan. My pa het bitter onlangs n ex sweedse Mauzer Carl Gustav militer M96 6.5 x 55 laat omskep in n sporty met n pasmaak kolf, maar die oubaas het skaars n skoot afgetrek met die nuwe versamelstuk, sal nog die uitkoms hoor van sy pogings wanneer dit daarby kom. Die .243 is n Mauser, K98 aksie.

So die verdict le op 22-250 & .223 dink ek gaan die huisdier convince vir beide, dan het ma en dogter elkeen n ene >:D >:D

Thanx bigtime julle!

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 6:19 pm
by Capt. Yoda
Kry die 22250 en proebeer een kry met n vinniger twist sodat jy die langer koels ook kan skiet..Soos Cassie se as jy hom net normaaweg skiet sal hy jare hou

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Mon Jun 29, 2015 10:39 pm
by Baasvark
Savage vlp in 22-250 het 'n 1:8.5 twist as ek reg onthou...m.

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Tue Jun 30, 2015 6:15 am
by Jaco v Zyl
Savage het n 1:9 twist

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Tue Jun 30, 2015 7:20 am
by Baasvark
Dankie Jakoos.

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Tue Jun 30, 2015 2:53 pm
by Eland
Dankie manne!

Right, ek sit die plan nou bymekaar as volg aangesien die baas van die plaas ingestem het vir beide:

22-250 dikloop, die manne praat mooi van Howa se algemene groepering, weet iemand dalk wat die Howa se twist is en die loop lengte?

.223 het vinig geloer na die Tikka, maar wat sal julle voorstel? soek verkieslik n kort aksie. Pasmaak kan ek op my eie tyd laat doen.

Enige voorstelle of dalk tweedehandse maar goeie kondisie enetjies waarvan iemand weet of n goeie agent / handelaar in die PTA omgewing?

Byvoorbaat dankie vir die raad!

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Tue Jun 30, 2015 3:17 pm
by Geno
Hier is 'n lekker gunnetjie vir goeie waarde vir geld: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=42230

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Tue Jun 30, 2015 4:50 pm
by Eland
Geno wrote:Hier is 'n lekker gunnetjie vir goeie waarde vir geld: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=42230
Dankie Geno,

sien die add, biekie ver van my af, maar sal met die man gesels.

sal biekie oplees oor daai "A I"

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Tue Jun 30, 2015 6:41 pm
by Capt. Yoda
Eland wrote:
Geno wrote:Hier is 'n lekker gunnetjie vir goeie waarde vir geld: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=42230
Dankie Geno,

sien die add, biekie ver van my af, maar sal met die man gesels.

sal biekie oplees oor daai "A I"


Vra vir Wouter of hy nie vir jou n lading het vir daai roer nie :D

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Fri Jul 10, 2015 3:20 pm
by Dries Skiet
Jakoos wrote:222-50 met n 1:9 of 1:8 twist en skiet 70-80 gr punte.
Skop min genoeg vi kinders en balisties goed genoeg vi 300 meter skote.

Geniet dit
Stem 100%. My 22-250 VLP met 1-9 twist, 75gr Berger VLD teen 3300f/s en Nosler 69gr CC teen 3400f/s. Min recoil, glad nie bang vir die wind nie, groepeer met amper enige iets.

Re: 220 Swift / .223/ 22-250 of 22 Hornet?

Posted: Sat Jul 11, 2015 11:09 am
by ArnoRoux
Se asb vir my. As jy dan 'n 22 of soortgelyke kaliber wil koop. Watter een is die beste vir baie skiet. Wil nie elke 3 jaar 'n nuwe een koop nie. Praat van 1000 skote per jaar