Page 1 of 1
Geweersmid
Posted: Wed Jun 24, 2015 12:24 pm
by DawieKotze
Môre almal!
Ek het baie goeie nuus gekry dat die 6.5x55's geland het by Formalito en my geweer nou einde ten laaste vervang gaan word. Ek het wel gevra dat my kolf en sneller op die nuwe aksie en loop gesit moet word omdat ek al laat werk het daarop.
Ek oorweeg dit om ook te vra dat die aksie ge"true" moet word (blueprint) terwyl hy nog daar is.
Is dit die moeite werd op 'n rakgeweer en wat sal die kostes omtrent wees.
Ek ken nie die wapensmid (Tinus van Wyk) daar nie. Het iemand enige ondervinding wat hy dalk wil deel? PM maar as jy dit nie hier wil plaas nie.
Dankie voorlopig.
Groetnis
Dawie
Re: Geweersmid
Posted: Wed Jun 24, 2015 12:47 pm
by Eugene
Ek ken hom nie persoonlik nie, maar het nog net goeie goed van Tinus gehoor.
Re: Geweersmid
Posted: Wed Jun 24, 2015 6:18 pm
by Giepie
Het hom al ontmoet. Wat ek hoor is hy een van die bestes. Het self nog nie werk by hom laat doen nie. Werk maar deur Formalito, hy is soms maar erg nors.
Re: Geweersmid
Posted: Thu Jun 25, 2015 9:35 am
by DawieKotze
Dankie - ek het met hom gepraat en ja, hy klink bietjie nors en kortaf, maar darem goeie raad gegee.
Die blueprinting gaan om baie logiese redes nie werk op 'n bestaande geweer met vissier en korrel op nie.
Re: Geweersmid
Posted: Thu Jun 25, 2015 9:38 am
by Forester
madako wrote:Dankie - ek het met hom gepraat en ja, hy klink bietjie nors en kortaf, maar darem goeie raad gegee.
Die blueprinting gaan om baie logiese redes nie werk op 'n bestaande geweer met vissier en korrel op nie.
Wil jy nie asb vir ons verduidelik dat ons saam kan leer nie?
Re: Geweersmid
Posted: Thu Jun 25, 2015 10:08 am
by Dries101
As jy n geweer laat blueprint kom die loop af, onder andere word threads oor gesny en getrue wat ook beteken jou kopspasie moet weer gedoen word- die kaans is puik dat jou loop nou verder in die aksie gaan indraai en dus jou sites nie meer inlyn gaan wees nie. Wat dan beteken her reguleer en ook n reblue-
In gevalle soos Howa waar die loop glo in gelocktite word is die kaans baie hoog dat jy die loop basies gaan moet vernietig om hom af te kry as jy nie die aksie wil beskadig of kraak nie- sommige geweersmede boor basies die loop uit om die aksie te beskerm. So blueprint is n goeie roep as jy net n aksie het voor die loop opkom die eerste keer of as jou loop uitgeskiet is en moet vervang word- anders sit die baie kostes by vir n verbetering wat nie altyd meetbaar is nie.
Re: Geweersmid
Posted: Thu Jun 25, 2015 10:14 am
by Forester
Baie dankie Dries!
Re: Geweersmid
Posted: Thu Jun 25, 2015 10:22 am
by DawieKotze
Nes Dries daar sê!
Ek het gedink dat mens dalk die kopspasie probleem agterna kan aanspreek deur die doppe te vuurvorm met koeëls wat in die lande geseat is, maar het besluit om die geweer eers net so te skiet en te kyk wat hy doen. Daarna sal ek besluit.
Groete
Dawie