Page 1 of 1
Howa 308 met 20 dium loop.
Posted: Wed Jun 24, 2015 12:56 am
by Tammeraai
Ek het vir my die Howa 308 met 20 dium loop gekoop. Die loop het n 1:10 draai.
Ek beplan om 43gr S335 met Claw 150gr punte te gebruik.
Kan die manne wat alreeds laai vir die 20 dium loop asb aanbeveel
1) of ek op die regte spoor is en watter spoed ek kan verwag.
2) Is die Claw punte sterk genoeg om die spoed te hanteer of is daar ander punte wat aanbeveel word
Enige raad of advies sal waardeer word
Re: Howa 308 met 20 dium loop.
Posted: Wed Jun 24, 2015 5:59 am
by tripodmvr
Somchem se dryfmiddels het die reputasie dat hulle baie wisselvallig is. Gewone veilige herlaai tegnieke vereis dat daar eers bepaal word hoe die dryfmiddel in jou geweer gaan optree.
Gesien in die lig van bogenoemde is my aanbeveling dat jy met 40gr begin en dan opwerk in 0,5gr inkremente en voortdurend die spoed monitor. Sodoende verhoed jy oordruk en skade aan jou geweer en jouself. Pasop om 2700vps te oorskry met die' kortloopgeweer.
Re: Howa 308 met 20 dium loop.
Posted: Thu Jun 25, 2015 6:42 am
by Tammeraai
Dankie vir die terugvoer.
Het jy enige ondervinding op Claw punte teen 2700ft/sec. Sal jy hulle aanbeveel. Ek gebruik hulle al baie jare en baie suksesvol in my .303 maar teen n baie laer spoed. Sal graag by hulle wil bly maar wil ook nie die wiel herondek nie.
As Claw gaan opbreek of nie stabiliseer in die 20 dium loop met 1:10 draai sal ek graag voor die tyd wil weet en eerder oorgaan na n punt wat jy sal aanbeveel.
Groete
Re: Howa 308 met 20 dium loop.
Posted: Thu Jun 25, 2015 8:58 am
by tripodmvr
Die ligte koeëls is nie die probleem nie. As jou loop 1 in 10 is behoort selfs rondeneus 220 greiners te werk. Ek wil graag weet hoekom die stabilisasie van koeëls altyd na vore kom. Die Ingelse praat van 'n "non issue". Dit is soos ek jou bekommernis oor die 150 greiners sou beskryf. Gewoonlik skiet 180gr koeëls teen 2540vps uit 'n 24 duim loop 308 en hulle word wyd gebruik vir jag (PMP ens). Ek dink Claw behoort nog heel goed te vaar teen daardie spoed. Maak net seker dat jy wel 'n 1 in 10 het synde die meeste 308's met 1 in 12 lope vervaardig word.
Ek het 2700vps as perk genoem om veilige druk te verseker. Jou geweer sal heelwaarskynlik teen laer spoed op 'n akkurate node wees. Gaan lees op oor OBT en Quick Load onder die herlaai afdeling en dan sal jy verstaan waarna ek mik (sic).
Re: Howa 308 met 20 dium loop.
Posted: Sun Apr 24, 2016 12:33 pm
by tomgouws
Goeie dag
Ek het n 308 in n Remington SPS tactical, met 20duim loop en 1.10 draai.
Die beste sukses wat ek behaal het was egter met 165 / 168 grein punte.
Nosler Custom competition 168gr, Sierra Gameking 165gr HPBT, Lapua Scenar 167gr sowel as Peregrine se 165gr VRG4 het almal uitstekend gewerk.
Met 335 gelaai het ek egter gesukkel om bo 2600fps gekom.
Meeste ladings het baie akkuraat geskiet teen so 2500 / 2525 fps
Sterkte!