Goeiemiddag almal.
Ek het `n navraag namens `n oom van my.
Hy besit `n 6mm Musgrave, in Bloem deur Musgrave gebou op `n P14 aksie wat aan sy oupa behoort het.
Hy sou graag nou die aksie vir iets groters wil gebruik (hy het nie kaliber genoem nie, moontlik 9.3x62).
Die geweer het `n 26 duim loop op.
Nou die vraag is of kan die loop vir iets gebruik kan word anders as 6mmMus.? Hoe sou mens te werk gaan om van kaliber te verander (iendien enigsiens moontlik)??
Enige raad sal waardeer word.
Dankie.
Verandering van 6mm Musgrave
- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: Verandering van 6mm Musgrave
Loop kan gebruik word vir enige 6mm kaliber mits:
1. Die knox lank genoeg is om nuwe kamer te laat sny
2. groewe in goeie kondisie is
3. geen pitmerke in het nie
4. tevrede is met kort lopie - gaan minstens 2" afsny en kroon weer oorgesny word.
DAN: gaan geld weg gooi met kaliber verandering. Loop kos tans R8000 + R5000 snykostes + Rxxx moeite ens om nuwe loop op te sit.
RAAD: Gee die 6mm Musgrave weg of verkoop aan onkundige/ onskuldige of vyand. Koop dan 308 Win Howa dikloop R12000 of Tikka T3 in kaliber van keuse +- R14000.

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Verandering van 6mm Musgrave
Soos my geleerde vriend hierbo sê: Jou Oom gaan geld in 'n put afgooi.
Ek sien egter dat sy lees vermoeëns hom vandag weer "drop".
'n Howa 375 Ruger sal hom minder as R11 000 kos.
'n Howa 375 Ruger sal hom minder as R11 000 kos.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: Verandering van 6mm Musgrave
ek is haastig man... Ek wil net keer dat 'n medemens homself oop oë in die verdoemenis in kry nie 
- deserthuntr
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Mon Mar 03, 2014 1:44 pm
Re: Verandering van 6mm Musgrave
Mag ek maar my 2c in die water gooi hier? Ek het ook presies so 'n geweer, P14 6mm Musgrave met 26" loop. As jou oom 'n goot kaliber wil bou, 416, 404, 458 ens dan sal ek die slotaksie gebruik. En die loop vir 'n roeispaan gebruik en 'n ander klein kaliber koop as hy 'n klein kaliber wil hê. Die P14 aksies is baie gesog om groot kanonne op te bou mits die aksie nog in 'n goeie kondisie is. Winchester P14 aksies is gewild, maar goeie ERA aksies ook.
As hy 'n 9.3x62 wil hê dan moet hy net een koop. Het laasjaar 'n splinternuwe CZ in 9.3x62 gekoop vir so R13500 en kannie ophou glimlag oor die geweer nie want hy skiet sub MOA groeperings met gekoopte ammunisie :-) En dan het die geweer ook die nuwe SA rekord PMP groepeerskiet opgestel vroeer die jaar. So wat wil jy nou meer hê? 375 Ruger skop soos 'n donkie. Gaan skiet maar een as jy my nie glo nie. My 9.3 skop soos my 30-06 met 200gr punt. Besluit maar self.
Om 'n groot kanon te gaan bou op die P14 aksie gaan jou oom 'n hele paar Rand kos. En tensy jy gaan dinosaurusse skiet is die 9.3x62 heeeeltemal goed genoeg. Hy het homself al bewys teen buffel en olifant.

CZ Varmint .308
Mugrave 6mm P14
God is getrou. I Kor 1:9
Mugrave 6mm P14
God is getrou. I Kor 1:9