Page 1 of 2

Dra ons reg

Posted: Sat Jun 20, 2015 4:55 pm
by Ratel
Ek het vandag by ons vereniging 'n hand wapen skiet by gewoon en en het net weereens besef hoe ons soms dink ons is goed voorberei om ons self te verdedig. Die holsters en keuse van dra ammo (SD) was soms kommerwekkend. As iemand jou vertel hy/sy dra fmj of cmj moet jy weet daar is 'n probleem. Ons spandeer baie geld aan jag ammo maar skeep af as dit kom by die veiligheid van ons families en gesinne. Wanneer 'n persoon vir ongeveer 30 sekondes sukkel om sy wapen uit sy holster en terug te sit behoort enige iemand te weet daar is baie werk wat voorle.........

Re: Dra ons reg

Posted: Sat Jun 20, 2015 5:08 pm
by Kingy
Stem saam met jou. Laas maand vir my nuwe rangers 9mm 127g +P+ hollow points gekoop. Kos ook maar R500 vir 50.

Re: Dra ons reg

Posted: Sat Jun 20, 2015 5:22 pm
by Plaashaas
+1 vir Ranger T's

Mense gaan meeste van die tyd baan toe met hul OWB holster maar hul EDC setup is IWB. Dus word die draw nie geoefen nie. Dis iets wat mens by die huis Dry fire kan (Moet) oefen.

Daar is geen pryse om te wen vir "fastest re holster" nie en dis n BAIE swak gewoonte om te leer. Skiet, scan, holster op jou tyd.

F.y.i JMPD word uitgereik met Nobelteq CMJ reloads!!

Re: Dra ons reg

Posted: Sat Jun 20, 2015 5:27 pm
by Ratel
Plaashaas wrote:+1 vir Ranger T's

Mense gaan meeste van die tyd baan toe met hul OWB holster maar hul EDC setup is IWB. Dus word die draw nie geoefen nie. Dis iets wat mens by die huis Dry fire kan (Moet) oefen.

Daar is geen pryse om te wen vir "fastest re holster" nie en dis n BAIE swak gewoonte om te leer. Skiet, scan, holster op jou tyd.

F.y.i JMPD word uitgereik met Nobelteq CMJ reloads!!
Jojo
Voor ek sekere brands in my handwapen skiet vertrou ek eerder op my eie herlaaide ammo. Daar is mense wie jy kan sien die wapen een keer 'n jaar of so uit die kluis uit haal. Hoe se jy op 'n beskaafde manier vir die ou dat hy sy familie se veiligheid op die spel plaas.
Ek weet die polisie word met CMJ uit gereik. Is dit die veiligste opsie? Het een keer gevra en die Geneva konfensie was voorgehou as rede vir CMJ/FMJ

Re: Dra ons reg

Posted: Sat Jun 20, 2015 6:01 pm
by Bakkies303
Geneva konfensie is nes die groenes. Nog nooit van krimineel of terroris gehoor wat volgens daai reels baklei nie. Al reel moet wees "last man standing".

Re: Dra ons reg

Posted: Sat Jun 20, 2015 7:03 pm
by Proudprado
Soos ek dit verstaan is die Geneva konfensie daar vir weermagte. Dit het niks met die plaaslike bevolking te doen nie. Dra die beste wat jy kan koop. En koop genoeg om seker te maak dit werk in jou vuurwapen. Self-gelaaide ammunisie (met Somchem se poeier) is 'n swak plan.

Re: Dra ons reg

Posted: Sat Jun 20, 2015 7:15 pm
by Ratel
Ek stem saam met al die opinies hierbo. Dit is kommerwekkend dat mense nog steeds verkies om veilig te voel met weermag tipe ball ammo in hulle SD wapens. Dan as jy kyk na die holsters word daar van primitiewe tipe holsters gebruik gemaak. Ek sou gedink het dat 'n mens die beste tegnologie sou gebruik as dit by die beskerming van jou gesin kom. R600 plus vir 'n holster wat van jou SD wapen 'n baie meer effektiewe wapen maak is mos seker nie te veel gevra nie.

Re: Dra ons reg

Posted: Sat Jun 20, 2015 10:54 pm
by Giepie
Proudprado wrote:Self-gelaaide ammunisie (met Somchem se poeier) is 'n swak plan.
Hoekom sê jy so?

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=73&t=41311

Re: Dra ons reg

Posted: Sun Jun 21, 2015 4:14 am
by Proudprado
Die toetse wat die fabrieke op ammunisie doen, om te verseker dat dit werk soos dit moet, kan nooit deur die selflaaier gedoen word nie.

Ek dink ek skiet baie, met sowat 5000 rondtes deur my pistole in 'n jaar. Ek dink ook ek weet hoe om 9mm en .45ACP te laai. My vorige lading met MS200 was amper 10% laer tussen batches en my pistool het begin "stove pipes" gee. Dit is miskien OK in 'n kompetisie, maar 'n gemors in 'n selfverdedigingsopset.

Hornady, Winchester en watter soort jy ookal skiet se onderdele vir hulle selfverdedigingsrondtes gaan deur toetse van baie meer as my 5000 ... ek vertrou maar my lewe (en die van my familie) op hulle.

Hierdie is 'n quote van 'n ander forum, nie deur my geskryf nie, maar selfs meer kommerwekkend: "... the last tin of MS200 I opened was the same lot number as the previous tin but required a charge reduction of 3.5% to achieve a Mv slightly over (7-8fps in a subcompact) what the previous tin delivered at the higher charge".

Re: Dra ons reg

Posted: Sun Jun 21, 2015 8:41 am
by Burger
Prado en Ratel, julle som dit mooi op. Klaar gepraat!

Re: Dra ons reg

Posted: Sun Jun 21, 2015 9:16 am
by Musgrave
Ratel wrote:Ek weet die polisie word met CMJ uit gereik. Is dit die veiligste opsie? Het een keer gevra en die Geneva konfensie was voorgehou as rede vir CMJ/FMJ
Net ter inligting:

Den Haagse Konvensie bepaal die gebruik van tipes ammunisie in oorlogvoering.

Nie die Geneevse Konfensie nie. Hierdie konvensie het te make met die mediese behandeling van gewonde soldate.

Re: Dra ons reg

Posted: Sun Jun 21, 2015 9:45 am
by andre007
Ratel wrote:Ek het vandag by ons vereniging 'n hand wapen skiet by gewoon en en het net weereens besef hoe ons soms dink ons is goed voorberei om ons self te verdedig. Die holsters en keuse van dra ammo (SD) was soms kommerwekkend. As iemand jou vertel hy/sy dra fmj of cmj moet jy weet daar is 'n probleem. Ons spandeer baie geld aan jag ammo maar skeep af as dit kom by die veiligheid van ons families en gesinne. Wanneer 'n persoon vir ongeveer 30 sekondes sukkel om sy wapen uit sy holster en terug te sit behoort enige iemand te weet daar is baie werk wat voorle.........
Ek het dit self gesien, en gaan dit weer Woensdag by ons skietklub se maandelikse skiet sien. Ek dink dat grootste sonnebokke maar vir my die "tuckable" holsters is, teen mens eers die hemp uit die broek geruk het en klaar gevroetel het om die wapen te trek het jy al klaar 2 maal ''lem innie ribbes''

Met ''open carry holsters'' is dit n ander storie... maar ons mag nie so dra nie, soos iemand op die Forum oor die onderwerp gesê het "oefen met die holster wat jy elke dag dra" ek dink dit sal help om die hele ''drill'' vinniger te maak.

Re: Dra ons reg

Posted: Sun Jun 21, 2015 9:47 am
by bobby
i use my own loads cmj swc rnl what ever there is i have plenty trust in them more so than any factory ammo cos i shoot them plenty . what counts is shot placement and what the bullet hits . same as hunting why do most guys use handloads instead of factory ammo ?
ive seen a good few people with gunshot wounds and back then used to always check out the ammo and hear the story i can't say that i saw a advantage in the use of fancy million dollar rounds , no matter what dr roberts the dentist has to say .
use what you got and practice with it is all that counts . ive seen those guy rock up at the range with fancy ammo in their carry guns and when you see them shoot you just shake your head , the guy can't draw and put a shot on the target in 1,8sec which is a long time .
same as the guy who reloads and hunts and shoot regular with his pmp bullet reloads he's going fair better on a hunt than the guy who pops round to the gunshop the week before the hunt to buy a box of barnes x ammo .
cheers
bobby

Re: Dra ons reg

Posted: Sun Jun 21, 2015 11:56 am
by Giepie
Al probleme wat ek sover by my pistool gekry het was fabrieks ammo. Dit is hoekom ek begin self laai het, nog geen ftf of stove pipe op self gelaaide ammo gekry nie.

Dalk het ek net swak ammo gekoop. :-)

Re: Dra ons reg

Posted: Mon Jun 22, 2015 11:49 am
by Carl
Ratel wrote:Ek het vandag by ons vereniging 'n hand wapen skiet by gewoon en en het net weereens besef hoe ons soms dink ons is goed voorberei om ons self te verdedig. Die holsters en keuse van dra ammo (SD) was soms kommerwekkend. As iemand jou vertel hy/sy dra fmj of cmj moet jy weet daar is 'n probleem. Ons spandeer baie geld aan jag ammo maar skeep af as dit kom by die veiligheid van ons families en gesinne. Wanneer 'n persoon vir ongeveer 30 sekondes sukkel om sy wapen uit sy holster en terug te sit behoort enige iemand te weet daar is baie werk wat voorle.........
Dankie Ratel, ek het die een gemis die naweek.
Holster is baie belangrik!
* die verhoog die veiligheid, veral van pistole soos Glock wat 1-up gedra word.
* dit voldoen aan 'n wetlike vereiste.
* dit maak die dra van die vuurwapen gemaklik en pynloos. Dus EDD jy eerder as om 'n kluis ridder bewaar.
* dit bepaal hoe vinnig jy die vuurwapen kan aanwend.

Elke ou vir hom self maar ek glo ook aan top kwaliteit fabrieks ammunisie. Die ammunisie word getoets (balistiek en in FBI tipe penetrasie toetse), die ladings gemonitor en die kruit is "low flash" (wat jy nerens in SA kan koop). Dit gaan dalk net jou sekonde of 2 koop in die aand!

Re: Dra ons reg

Posted: Mon Jun 22, 2015 11:57 am
by Carl
bobby wrote:i use my own loads cmj swc rnl what ever there is i have plenty trust in them more so than any factory ammo cos i shoot them plenty . what counts is shot placement and what the bullet hits . same as hunting why do most guys use handloads instead of factory ammo ?
Bobby no hunter use FMJ army rounds or bullets to hunt. Due to crap terminal performance we use premium expanding bullets, even mono's expand and perform well. The QC of conventional hunting loads is much lower than e.g. Ranger law enforcement ammunition. The QC of PMP is the reason we reload and then of course we can reload for cheaper because we save on brass and "save" on labour.

I agree using your own reloads is better than nothing at all. But advocating using CMJ as a good SD choice is irresponsible, people read one post on the internet and believe it. CMJ over penetrate, leave very small wound channels and generally the QC in manufacturing is lower than for premium bullets. So in you batch of CMJ some may be slightly out of spec causing FTF.

Re: Dra ons reg

Posted: Mon Jun 22, 2015 12:03 pm
by Carl
andre007 wrote:Ek het dit self gesien, en gaan dit weer Woensdag by ons skietklub se maandelikse skiet sien. Ek dink dat grootste sonnebokke maar vir my die "tuckable" holsters is, teen mens eers die hemp uit die broek geruk het en klaar gevroetel het om die wapen te trek het jy al klaar 2 maal ''lem innie ribbes''
Andre,
Doen 'n toets volgende keer. Laat al die skieters reg staan met 'n redelike fikse persoon rug teen rug (of vir veiligheid vanaf 'n vaste merk soos die skiet tafel). Die skieter dra sy wapen soos altyd - versteek, en dan 1-up al dan nie. Die persoon agter die skieter hou 'n rooi lap vas. Sodra die fluitjie lui moet die skieter sy vuurwapen trek uit die versteekte posisie. Die hardloper hardloop so vinnig weg as moontlik (weg van die skieter ;) ). Wanneer die eerste skoot (skieter moet sommer so 3-5 skiet vir telling) val moet die hardloper die lap laat val. Gaan meet dan die afstand wat die rooilap afgelê het - dit wys vir die skieter hoe vêr iemand kan hardloop met 'n mes. Die manne en vrouens gaan geskok wees.

Re: Dra ons reg

Posted: Mon Jun 22, 2015 9:39 pm
by bobby
i never said cmjs were better for hunting i said that they good enough for sd .
as i've said in my post i've seen a good few bullet wounds on people and i'm not convinced that a ranger or any other 20-30 bucks a pop round is better than a swc or cmj or whatever else . its what the bullet hits what counts not what is shot .
over penetration will be performed with almost all 9mm p up calibres ,ranger or no ranger bullets . the rats out there robbing and killing aren't very fat .
what that 30 bucks a pop ammo has got going for it is its great marketing .

Re: Dra ons reg

Posted: Mon Jun 22, 2015 9:40 pm
by bobby
double post sorry

Re: Dra ons reg

Posted: Tue Jun 23, 2015 6:14 am
by Jake1
Musgrave wrote:
Ratel wrote:Ek weet die polisie word met CMJ uit gereik. Is dit die veiligste opsie? Het een keer gevra en die Geneva konfensie was voorgehou as rede vir CMJ/FMJ
Net ter inligting:

Den Haagse Konvensie bepaal die gebruik van tipes ammunisie in oorlogvoering.

Nie die Geneevse Konfensie nie. Hierdie konvensie het te make met die mediese behandeling van gewonde soldate.
Ek het ook nou gaan oplees. (interessant dat hier beweer word dat polisie "hollow Point" gebruik.)

Wiki se die volgende "The Hague Convention of 1899, Declaration III, prohibited the use in international warfare of bullets that easily expand or flatten in the body.[3] This is often incorrectly believed to be prohibited in the Geneva Conventions, but it significantly predates those conventions, and is in fact a continuance of the St. Petersburg Declaration of 1868, which banned exploding projectiles of less than 400 grams, as well as weapons designed to aggravate injured soldiers or make their death inevitable. NATO members do not use small arms ammunition that is prohibited by the Hague Convention and the United Nations.[citation needed]

Despite the ban on military use, hollow-point bullets are one of the most common types of bullets used by civilians and police,[4] which is due largely to the reduced risk of bystanders being hit by over-penetrating or ricocheted bullets, and the increased speed of incapacitation.[citation needed]

In many jurisdictions, even ones such as the United Kingdom, where expanding ammunition is generally prohibited, it is illegal to hunt certain types of game with ammunition that does not expand.[5][6] Some target ranges forbid full metal jacket ammunition, due to its greater tendency to damage metal targets and backstops.[7]

Re: Dra ons reg

Posted: Tue Jun 23, 2015 9:37 am
by Plaashaas
Jake1 wrote: Ek het ook nou gaan oplees. (interessant dat hier beweer word dat polisie "hollow Point" gebruik.)

Soos reeds genoem gebruik JMPD Nobelteq reloads (CMJ's).
Op die Winchester Ranger T boksie staan daar "Law enforcement only" "Not for resale" wat vir my se die VSA se LE's gebruik heel moontlik Ranger T's

Re: Dra ons reg

Posted: Tue Jun 23, 2015 1:54 pm
by Capt. Yoda
Plaashaas wrote:

Hulle gebruik Rangers, Gold Dots en meeste nou Federal HST's.Daar is ook nog n paar wat Golden Sabers gebruik, ek dink baie van daai "Law enforcement only" is maar n disclaimer vir as jy wapen nie daai hoe druk van die Rangers kan hanteer nie dan se hul maar dit is eintlik net vir "Law enforcement" se pistole bedoel.
Ek sal ook enige een van daai 4 SD patrone in my gewere dra sonder om baie te wonder

Daai Federal HST maak darem maar n mooi blommetjie
http://img.tapatalk.com/d/14/08/03/my5yvepu.jpg

Re: Dra ons reg

Posted: Tue Jun 23, 2015 3:53 pm
by Ratel
bobby wrote:i never said cmjs were better for hunting i said that they good enough for sd .
as i've said in my post i've seen a good few bullet wounds on people and i'm not convinced that a ranger or any other 20-30 bucks a pop round is better than a swc or cmj or whatever else . its what the bullet hits what counts not what is shot .
over penetration will be performed with almost all 9mm p up calibres ,ranger or no ranger bullets . the rats out there robbing and killing aren't very fat .
what that 30 bucks a pop ammo has got going for it is its great marketing .
They might be good enough for SD providing you have ran out of bullets and need to defend yourself. I saw the over penetration on bad guys many times in my life. Believe me you do not want to be behind a bad guy who is shot at with fmj.

Dit gaan nie oor wat is beter nie maar oor wat is die beste tool vir die job. Eenvoudig soos dit. ek skiet nie 'n rooibok met 308 army surplus nie oor die wond vermoe. Verdedig my nie met fmj nie oor dieselfde rede. Sal slegs die fmj nader trek as die ordentlike sd ammo klaar is en ek moet myself nog steeds verdedig. Ek hoor wat jy se Bobby in terme van skoot plasing. Maar dit geld van jag tot self verdediging. Dink waar gaan die punt heen as dit nie deur 'n dik been ens gestop word nie. Dis in my opinie onverantwoordelik om nie in ag te neem dat jy doelbewus ammo dra vir sd wie onskuldige mense en kinders in die agtergrond kan beseer of dood nie.

Re: Dra ons reg

Posted: Tue Jun 23, 2015 6:02 pm
by johans
manne ek dit wat julle hier se is seker waar.ek skiet met my 9mm sommer pmp fmj vir oefen en sv.as daar n kans is dat n kind of ander persoon ook getref gaan word deur my skoot gaan ek nie skiet nie,maak nie saak met watse koel ek skiet nie.die feit dat daar vandag nog net n handjie vol mense is wat carry en wie se handwapen baie ver toegesluit le is vir my n baie groter bekommernis as watse rondtes of holster iemand dra.tenminste dra daai persoon

Re: Dra ons reg

Posted: Tue Jun 23, 2015 7:48 pm
by Capt. Yoda
johans wrote:manne ek dit wat julle hier se is seker waar.ek skiet met my 9mm sommer pmp fmj vir oefen en sv.as daar n kans is dat n kind of ander persoon ook getref gaan word deur my skoot gaan ek nie skiet nie,maak nie saak met watse koel ek skiet nie.die feit dat daar vandag nog net n handjie vol mense is wat carry en wie se handwapen baie ver toegesluit le is vir my n baie groter bekommernis as watse rondtes of holster iemand dra.tenminste dra daai persoon

johan as jy met mense praat wat al hul wapens moes gebruik in so SD situasie sal jy sien daar is nie tyd om te kyk of da kinders rond hang nie, alles is gewoonlik binne 5 tot 10 sekondes verby.Met SD ammo/wapens gaan dit nie oor die die ou dood skiet nie dit gaan oor hom in sy spore te stop en n fmj koel gaan hom nie stop nie tensy jy hom in daai 5sekondes vandat jy agter kom hy val jou aan jou wapen trek en hom tussen die oe op 3m kan skiet.Ranger, Gold dots en daai Federals stop manne met een skoot en dit is nie wat ek op die internet lees nie maar wat mense wat al in so geval sy wapen moes trek om n lewe te beskerem my se.Dit is die rede hoekom die US weermag nou weer kyk na die 45s want n 9mm met n fmj koel het geen stopping power nie.