Page 1 of 1
GPS
Posted: Wed Jun 17, 2015 4:00 pm
by Henry 7
Ek het tans 'n Vista C wat ek al 2 keer laat regmaak het maar hy bly hang-as ek 'n bearing wil vat wag ek partykeer 20 min voor hy reageer so lyk my nie hy gaan werk nie.Intussen het ek 'n E TREX 10 gekry ma sy memory is te klein.
Wat sal julle aanbeveel om te kry vir jakke in die aand asook algemeen op die plaas?--hy moet 'n memory kaart kan vat en ook oppervlakte kan meet (area calculation)
Ek wil graag 1 keer koop en klaar koop.
Enige advies is welkom.
Henry
Re: GPS
Posted: Wed Jun 17, 2015 4:10 pm
by cassie_calvinia
GPSmap 64S
bietjie duur, maar hel, hy werk lekker
Re: GPS
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:58 pm
by tripodmvr
Jy moes liefs die Etrex 20 gekoop het.
Re: GPS
Posted: Wed Jun 17, 2015 9:22 pm
by hebron
Etrex 30; kan omtent als doen, net nie bel nie
Re: GPS
Posted: Thu Jun 18, 2015 5:54 am
by Henry 7
Da kom die moeilikheid! 3 antwoorde---3 verskillende modelle. Oom 3-poot spyt kom mos altyd te laat!
Dankie vir die insette-sal met Michiel onderhandel.
Re: GPS
Posted: Thu Jun 18, 2015 6:04 am
by Geno
GPS Map 64s is my volgende een.
Ek gebruik tans die Dakota20
Re: GPS
Posted: Thu Jun 18, 2015 11:22 am
by Henry 7
Cassie-Geno
Ek sien daar is 2 modelle,die 64 S navigator en die gewone 64--is daar 'n verskil en gaan ek daai paar ekstra rand vir die navigator?
Re: GPS
Posted: Thu Jun 18, 2015 1:02 pm
by cassie_calvinia
groot verskil!
die gewone 64 het niks in nie.
die 64S het als. lugdruk, elektroniese kompas, ook heelwat beter as die e trax kompasse.
koop net die topo maps by.
daai 64s sight 'n go sommer die jakkalse, en is 100% akkuraat.
daai 3-axis kompas help vir die interferences van die stoel, en die angle van die gps.
ek hou nie op speel met hom as ek jag nie!
baie lekker gps
michiel het ook die beste pryse waarvan ek weet
Re: GPS
Posted: Thu Jun 18, 2015 3:27 pm
by Henry 7
Dankie vir die terugvoer -sal met Michiel praat.