GEWEER VERVOER?

Post Reply
bullseye

GEWEER VERVOER?

Post by bullseye »

MIDDAG MANNE EN VRIENDINNE

EK WIL GRAAG RAAD BY JULLE KRY OMTREND : MOET MENS JOU GEWEER LAAT HORISONTAAL LE IN BAKKIE AS JY ROND RY OF MOET JY DIE GEWEER VERTIKAAL MET ANDER WOORDE REGOP LAAT STAAN IN BAKKIE, IS DAAR VOOR OF NADELE RONDOM TELESKOOP WAT SKUD EN STAMP . EK WIL N "BRACKET" MAAK WAT DIE GEWEER MOOI STEWIG VASHOU SONDER OM GEWEER TE KRAP OF SKUUR. HORISONTAAL IS SEKER DIE BESTE BO OP DASHBORD. GEE ASSEBLIEF RAAD WAT DIE VEILIGSTE IS EN DIE MAKLIKSTE HANTEER. FOTOS SAL WAARDEER WORD.

GROETNIS
BEN
Corumana

Re: GEWEER VERVOER?

Post by Corumana »

Ben

My gewere is altyd met die loop af na die vloer net so links van die rathefboom verby die kolf op die sitplek. Ek ry al jare in die veld so en die geweer is dan in die regte posisie as jy uit die voertuig klim vir vinnige skiet. Met teleskoop na bo wig jou geweer gewoonlik homself in 'n posisie in. Ek het in 15-20 jaar nog nooit enige probleme daarmee gekry nie. Ver vervoer laat ek die gewere plat le agter die sitplek. Nog nooit probleme daar gekry nie.

Hoop dit help.

Groete
bullseye

Re: GEWEER VERVOER?

Post by bullseye »

CORUMANA

EK HOOR WAT JY S?, EK DOEN DIE SELFDE, MAAR DIE SITPLEK SKUUR DIE GEWEER EN TELESKOOP LATER BLINK. EK IS IN DIE VRYSTAAT EN DIE STOF IS KWAAI. EK GLO DIE WIEL IS KLAAR UITGEVIND DAAROM VRA EK OF DAAR NIE N ANDER PLAN IS OM TE MAAK NIE. DIT GAAN ROF PARTYKEER AS JY AGTER IETS AAN IS

DANKIE
BEN.
bullseye

Re: GEWEER VERVOER?

Post by bullseye »

PIET EK PRAAT VAN OP DIE PLAAS EK DINK DIT IS MEER VAN TOEPASING OP DIE PLAAS EIENAAR AS DIE JAGTER SELF. DIE BOER JAG DALK NIE SELF OP DIE SPESIFIEKE JAG NIE MAAR HET N BACK-UP WAT SAAM GEKARWEI MOET WORD.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: GEWEER VERVOER?

Post by tripodmvr »

Prakseer rak agter die sitplek teen die bakwerk. Nie altyd prakties moontlik nie, maar het dit al gesien op Landy op jagplaas. Dik vervoerband kan reggesny word. Jou wapen is dan uit die pad voor en tog geredelik beskikbaar wanneer nodig. Hy sal ook nie soveel pakslae verduur as wanneer voor op die grond nie. Ander opsie is om sak te maak soos die wat "cowboys" gebruik om geweer aan saal vas te maak. Dit kan permanent regs in die bakkie se "footwell" vasgemaak word en sal beskerming bied vir stampe en stote.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
300Winmag

Re: GEWEER VERVOER?

Post by 300Winmag »

Ek het op een plaas gesien die boer sit die oop gezipte sak met geweer in op die dashboard teen die
venster, oopkant na hom toe. Die geweer het heel stewig daar gele sonder stampe en stote en uit die pad.
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: GEWEER VERVOER?

Post by Lamtjop »

Ben
As jy nie omgee dat die geweer in die bakkie se agter ruit sit nie, dan is daar n lekker bracket wat met suiers teen die ruit vassuig en het velcro staps om geweer stewig vastehou. Rugged Gear is die maak. Ek is baie tevrede met myne.
Post Reply