Hello Manne
Ek het n stel PMP doppe wat ek nou al skiet van dat ek my 375 het ( 4 jaar ) en ek het hulle nog nooit anneal en ook nooit ge tel hoeveel skote met hulle ge skiet is nie.
So ruk terug het al my groepe begin oop maak en ek het gesels daaroor hier op Jaracal en die doppe die skuld probeer gee maar manne wat wyser as ek is het my laat verstaan dat dit nie noodwendig die probleem is nie.
Die volgende is ondervind:
Met once fired winchester doppe het al die rondtes weer ge "feed"
Slot het nie gesukkel om toe te maak nie.
Groepe was weer wat dit was met die PMP doppe toe ek begin laai het.
My pa se toe een aand hy dink daai ou pmp doppe het doughnuts ontwikkel, is dit moontlik in n 375H&H ?
Ek het na dit toe 120 nuwe pmp doppe gaan koop na Oom Kassie en Kristof by Safari my aangeraai het om eerder PMP doope te koop as Noslers en Normas.
Nou wil ek dit verder vat deur te vra, hoe gereeld anneal julle manne 375 doppe ? Hoeveel skote kry julle uit n dop uit ? en hoe ver gaan julle as dit kom by dop voor bereiding ? doppe klas en batch ens ?
Ek het 120 PMP doppe gekoop met die hoop dat ek 100 goeie doppe uit die som totaal sal kry.
Sien uit na julle insette.
Dankie en groete
375 H&H PMP Doppe dougnuts ?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 375 H&H PMP Doppe dougnuts ?
My ondervinding in 375 :-
1. Winchester doppe het met eerste herlaai gesukkel om die koeëls mooi vas te hou - kon met die hand teruggedruk word.
2. PMP doppe se nekgreep is baie beter en sonder uitsoek van doppe het ek met verskeie gewigte MOA geskiet en dit met maks 3,5x vergroting teleskoop. Ek het wel baie doppe en daarom wonder ek of sommiges al meer as 2x herlaai is. Nog nie gehoor van doughnuts in 375 nie, maar toets dit deur koeël in gevuurde dop in te druk - as hy vassteek is daar vernouiing by die skouer-nek samekoms.
Uitgloeiing is aan te bevele na 3 of 4x se herlaai.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: 375 H&H PMP Doppe dougnuts ?
Ek stem saam met Driepoot. Nog nie gehoor van doughnuts in 375H&H nie. Ek het met die Winchester doppe ook dieselfde probleem ondervind, toe skaf ek maar vir my 'n lee collet krimper aan. Dit was die einde van die probleem. Ek het my doppe al omtrent 9 keer herlaai, maar gloei altyd uit na die 4de skoot.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: 375 H&H PMP Doppe dougnuts ?
Ek skiet met PMP en speer nikkel plated doppe in my 375 H&H. Ek gloei na elke 4de keer my doppe ek het tans 15doppe wat vir hulle 17de maal herlaai word. En die groepe lyk nog dieselfde.
Met dop voorberyding. Ek sny die doppe en deburr hulle dan sny ek die vlamgat en deburr dit ook.
Met dop voorberyding. Ek sny die doppe en deburr hulle dan sny ek die vlamgat en deburr dit ook.
-
Dwight375
- Sr. Member

- Posts: 465
- Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm
Re: 375 H&H PMP Doppe dougnuts ?
Dankie Manne
Ek het met Oom Tripod gesels en ek begin al hoe meer dink dalk moet ek maar ackley of ek moet dalk net n 250 grein punt begin skiet om n bietjie meer spoed te kry.
Tans het ek 120 virgin PMP doppe, wanneer ek terug is in SA gaan ek dan almal mooi prep.
My 30-06 skiet n 165 teen 2850 fps baie mooi tot op 300m maar ek voel dalk is n 165 bietjie lig vir groter bokke. Ek sou graag wou n 270 greiner gooi teen 2700 fps maar ek dink dit is uit vir nou.
Ek het omtrent 400 270 grein claw punte, hulle hou vir lekker skiet en dal n barnes 250 probeer, dit behoort genoeg midesyne te wees vir groter bok soorte op langer afstande.
Dankie vir die advies