gevriesde biltong

Post Reply
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

gevriesde biltong

Post by Francois Briedenhann »

Naand ooms ek wil net hoor wat julle se ek het 2 kudu's geskiet en kla bewerk maar het my biltonge gevries. Kan ek dit weer ondooi en my spice gooi en dan hang?
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: gevriesde biltong

Post by GreyGhostGear »

Francois,

Ek dink so ja, het net laas week selfde met Springbokke gedoen en die biltong is baie lekker. Ek's nou nie 'n kenner nie en persoonlike smaak speel altyd 'n rol by droewors en biltong sake, maar kan gedoen word ja. Hoekom sny jy nie eers net 'n paar biltonge, hang en toets en kyk of dit gaaf is vir jou. Geniet hom!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: gevriesde biltong

Post by Christo »

Dit is die beste manier om biltong te vries as jy dit vir 'n paar maande gaan doen. Jy ontdooi net wat jy wil en spice ne hang. Dit droog ook gouer omdat die vries proses die vesels laat bars het en die vog vinniger uitkom ( kyk hoeveel vog kom uit as jy vleis ontdooi.

Jy kan dit met groot veiligheid doen.

Lekker eet.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: gevriesde biltong

Post by Francois Briedenhann »

Dankie ooms ek het ongelikig klaar die biltonge gesny soo hulle is klaar daar moet net ondooi en hang.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: gevriesde biltong

Post by tripodmvr »

Beste manier wat manne voorstel. Vries die gesnyde biltongvleis (mens kan dit selfs nou al met speserye strooi) en haal uit en hang wanneer nodig.

Halfgedroogde biltong wat  gevries word kry 'n goor smaak na dit weer ontdooi het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: gevriesde biltong

Post by Christo »

tripodmvr wrote: Beste manier wat manne voorstel. Vries die gesnyde biltongvleis (mens kan dit selfs nou al met speserye strooi) en haal uit en hang wanneer nodig.

Halfgedroogde biltong wat  gevries word kry 'n goor smaak na dit weer ontdooi het.
Dit is verseker die waarheid, vries hulle eerder nat en hang later
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm

Re: gevriesde biltong

Post by Triple2 »

Klink na goeie plan. Gaan probeer die seisoen. Meeste biltong by die slaghuise is ook gevriesde silversides wat ontdooi word en gesny word vir biltong.
Groetnis
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: gevriesde biltong

Post by 243Songdaug »

Francois.

Die raad wat die manne jou gee is 100% reg - vreis gerus en hang later.  Dit help nogal hier by ons wat dit so werm raak.  ek vreis myne in 20kg batches en haal hulle so stuk-stuk uit om dan te droog - help nogal om reg deur die jaar 'n peusel dingetjie te h?.

Lees wat Christo ges? het - hy praat waar oor die vesels.  ek het dit een jaar gedoen en toe maak ek daardie jaar die lekkerste bilting wat ek ooit gemaak het.

Ek hoop nie jy looi die koeie wat deurkom van Lohatlha af nie?  Skiet liewer jong bulle en los die koeie - as jy gaan begin skiet onder die koeie gaan jy binnekort nie meer kudu's by julle sien nie.

Jou gisteraand toe laat gewag vir die herlaai - jy moet by my uitkom, as my skoonpa Dinsdag graai in Bloem gaan jy lank wag voor ek weer herlaai komponente bestel.

Groete.
Jaco 
Dont tell me, show me......
Post Reply