Page 1 of 1

1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Mon Jun 01, 2015 11:17 pm
by Smous v.d. Vyver
Ek is opsoek na 1 x 6XC Norma dop.Lyk of een van die doppe soft spot gehad het.Deur die neck bushing die gedruk en die hele nek is op gefrommel.Die ander 99 het dit glad nie gedoen nie.Weet somtyds het die pakke 101 doppe in.

Sal great wees as iemand my 100 kan volmaak.

Vriendelike Groete,
Corné

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 5:27 am
by VdWalt
Ocd.... Mmm? Haha. Wat is fout om net 99 doppe te hê?

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 6:39 am
by Heinz Petersen
Een dop sal hom net bly maak, twee doppe sal hom in die sewende hemel sit. Het al gehoor, hy is n netjiese mannetjie as dit by skietgoed kom.

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 7:51 am
by Smous v.d. Vyver
Haha nee dis verseker Heinz.

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 8:11 am
by KSV
Sal jou een pos Corne.

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 8:18 am
by Smous v.d. Vyver
Baie dankie sal great wees.Sê maar wat ek skuld.

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 11:41 am
by Carel Maritz
Hahah stukkie OCD daar....toemaar ek lei oor daaronder. 199 doppe in ammo kussies gemaak vir 200 werk ook nie vir my nie.

Sien jyt reggekam :-)

Groete
C

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 12:22 pm
by Gawie(13mm)
Dit moet iets in die Paarl water wees.
Ek het 'n tyd terug 1 Lapua dop op die skietbaan in die sloot gegooi, omrede ek 46 in my kissie gehad het. Altyd die een alleen soldaatjie in 'n rytjie. ;D

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 12:35 pm
by Finfan
CDO....Selfde as OCD, maar net in alfabetiese volgorde :laugh:

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 12:37 pm
by Finfan
My 338 Lapua doppe is ook 1 missing in my 100 tal, en dit pla my tot die dood toe.

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 12:45 pm
by Capt. Yoda
Finfan wrote:My 338 Lapua doppe is ook 1 missing in my 100 tal, en dit pla my tot die dood toe.

Ek het al bokse van 100 gekoop om net die boks aan te vul wat ek gebruik sodat daar 100 once of hoeveel ook nou fired doppe in is en nie 99 nie :(

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 1:03 pm
by Finfan
Capt. Oblivious wrote:
Finfan wrote:My 338 Lapua doppe is ook 1 missing in my 100 tal, en dit pla my tot die dood toe.

Ek het al bokse van 100 gekoop om net die boks aan te vul wat ek gebruik sodat daar 100 once of hoeveel ook nou fired doppe in is en nie 99 nie :(
Weet presies waarvan jy praat, moes dit ook al doen vir die 243 en 375.

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 1:18 pm
by VdWalt
Siek puppies ..... lol!! My vrou het eendag terwyl die dr besig is om met my te praat, opgestaan
en sy boeke in sy kas begin regpak!!

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 1:23 pm
by Pappabeer
VdWalt wrote:Siek puppies ..... lol!! My vrou het eendag terwyl die dr besig is om met my te praat, opgestaan
en sy boeke in sy kas begin regpak!!
Wat het sy gesê toe sy die pak Playboys kry?

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 1:36 pm
by VdWalt
Pappabeer wrote:
VdWalt wrote:Siek puppies ..... lol!! My vrou het eendag terwyl die dr besig is om met my te praat, opgestaan
en sy boeke in sy kas begin regpak!!
Wat het sy gesê toe sy die pak Playboys kry?
++>: Haha sy mediese boeke in die vertoonkas was net nie van groot na klein en dan was daar nog
probleme met die kleure ook. Die ergste was hy het gesê hy verstaan en gesê hy was net te besig om daarby
uit te kom.

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 6:53 pm
by Smous v.d. Vyver
Ek het reg gekom met dop.Dankie manne.

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 7:28 pm
by Jake1
Ek lei ook aan ernstige OCD. Ek het 1 lapua 223 dop, kan iemand dalk vir my 99 skenk. :confused: Corne, ek dink jy sal nagmerries kry as jy my soms op n skietbaan sien........ Altyd haastig en kom met aansienlik minder doppe terug ;D

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 8:00 pm
by Capt. Yoda
Nou dat Corne gesort is as iemand so 20 x 105gr Custom comps vir my en my 6mm het kan hulle ook maar skree

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 8:22 pm
by Smous v.d. Vyver
Hoekom soek jy 20?

Re: 1 x 6XC Norma dop gesoek?

Posted: Tue Jun 02, 2015 8:43 pm
by Capt. Yoda
Wil net kyk of ek hul in n 1/10 gespin kry voor ek 250 koop maar kan meer as 20 ook wees :D