Page 1 of 1

Geldigheids tydperk van Bevoegdheids kaart.

Posted: Mon May 09, 2011 9:54 am
by Hugo
Manne

Hoe lank is jou kaart geldig, ek weet dis 5 jaar mar het dit verander? Ekt myne laas week gekry en hyt 'n issue datum op mar geen verval datum nie.

Weet iemand?

Re: Geldigheids tydperk van Bevoegdheids kaart.

Posted: Mon May 09, 2011 10:04 am
by Freek
Sov?r my kennis strek is die bevoegdheids kaartjie net 5 jaar geldig. Ek maak 2 afleidings:

1. SAP en seuns het vergeet om jou verval datum op te sit  OF

2. Hulle raak moeg vir al die pappier werk en telefoon oproepe dat hulle die bevoegdheids kaartjies vir 'n onbepaalde periode geldig maak (hoop regtig dit is die geval). Ek bel hulle blou die kant vir my goete - elke dag. Eerder 'n pyn in die g@t wat heeltyd krap en iriteer  ;D

Beste gaan maar wees om jou DFO te skakel en presies vas te stel. Sal kyk wat ek die kant kan uitvind. Mens moet maar liewer nie op afleidings staat maak nie...

Re: Geldigheids tydperk van Bevoegdheids kaart.

Posted: Mon May 09, 2011 10:52 am
by .220 Swift
Ek het onlangs aansoek gedoen vir my bevoegdheidskaart hernuwing...die polisie man het toe vir my ook gese dat die nuwe bevoegdheidsertifikate nie meer verval datums gaan he nie.

.220 Swift

Re: Geldigheids tydperk van Bevoegdheids kaart.

Posted: Mon May 09, 2011 2:29 pm
by afriventure
Hugo

Ek sal nie my kop daaroor breek nie, onthou jy kan nie vir iets heraansoek doen as hy nie verval nie  ;D

Re: Geldigheids tydperk van Bevoegdheids kaart.

Posted: Mon May 09, 2011 7:42 pm
by theedge
Sover ek dit het - het by kantoor navrae gedoen - is jou bevoegdheid geldig so lank jou langste lisensie is bv as jy handwapen het met jaggeweer sal hy geldig wees vir 10jaar Jy moet egter steeds aansoek doen om hernuwing van die handwapen lisens

Re: Geldigheids tydperk van Bevoegdheids kaart.

Posted: Sun May 15, 2011 10:45 am
by Beretta
Manne
Ek was vrydag by die Linden SAPS om n permit te kry om n vuurwapen te stoor vat my vorige safe inspection papiere saam nee reken die (genral)klerk hy moet weer kom inspect .Ek reken toe dit is reg hy moet sommer saam met my ry nee se hy hy ry net met staats vervoer.In die agtergrond is n ander (genral)klerk
op die foon besig om vir n persoon te se dat hy net n foto moet saam bring

Re: Geldigheids tydperk van Bevoegdheids kaart.

Posted: Sun May 15, 2011 10:58 am
by Beretta
Manne
sorry oor die vorige post wil net byvoeg ek se toe vir hom die ander genral se net n foto o se die man ek kan dit ook maar doen.Vra toe ook oor die competency wat ek voor aansoek gedoen het myne het al in 2009 verval soos gewoonlik is dit weg maar moenie worry nie alles bly geldig tot en met die laaste een verval.Ek het maar net opgestaan en geloop.So gewoont aan soos hulle op die vorige posts se SO diens
(Viva Viva comrades SAPS diens ;D)

Re: Geldigheids tydperk van Bevoegdheids kaart.

Posted: Sun May 15, 2011 11:40 am
by 243Songdaug
Baretta, dit gaan omtrent deur die bank so - die manne is half ingelig en verde ken hulle nie die wet wat hulle veronderstel is om toe te pas nie.
Party mense is maar net daar vir die voordele - die paartjies wat regtig hul storie ken raak by die dag minder.

Viva! Welkom ini sirkus - kry vir jou 'n plekkie daar links agter.....

Re: Geldigheids tydperk van Bevoegdheids kaart.

Posted: Sun May 15, 2011 12:33 pm
by Beretta
Songdaug
Nee man Julias hy het hom al die seats klaar gevat left and right ;D
Groete
Beretta

Re: Geldigheids tydperk van Bevoegdheids kaart.

Posted: Sun May 15, 2011 12:51 pm
by Danie Lombard .243
Bevoegtheids kaart bly geldig todat jou laaste wapen wat jy besit in die oordra periode m.a.w. die waarvoor jy geherlisensieer het verval.

LET WEL NB. dit moet hernu word 90 dae voor die lisensie verval, bevoegtheids kaart sowel as lisensie, lisensies. Dan moet al jou lisensies hernu word. Die mikpunt is om alles wat jy besit gelyk te laat verval sodat jy gelyk vir alles kan hernu.


Dit help nie jy koop kort-kort 'n nuwe geweer nie want die jou bevoeghtheids kaart gaan nie verval saam met nuwe lisensies nie maar net saam met jou herlisensieer lisensies.

Art 13 selfvededigings wapen bly steeds geldig vir 5 jaar MAAR as jy 'n Art 16 handwapens besit loop jou Art 13 wapen oor m.a.w. hy hoef nie meer binne 5 jaar geherlisensieer te word nie maar ook saam met jou ander herlisesnieer wapens. Van toepassing op Art 16 wapen eienaarskap.


Vind net liefs presies it oor die "periode of valididity" vir Art 13 wapens.