Page 1 of 1

Lood koeels vir 10mm pistool

Posted: Thu May 28, 2015 12:31 pm
by Fano
Hi Almal

Lyk my lood koeels se beskikbaarheid is ernstig aan die afneem. As iemand dalk kan help met naam van 'n verskaffer sal ek dit baie waardeer. Sommer vir beide 9mm en 10 mm. Dit is darem gewoonlik bietjie goedkoper as die CMJ vir oefen.

Groete.
Fanie

Re: Lood koeels vir 10mm pistool

Posted: Thu May 28, 2015 12:39 pm
by Forester
Ek koop gewoontlik by Josyd, maar hulle is in die kaap. 0215933104, dalk kan hulle jou help...

Re: Lood koeels vir 10mm pistool

Posted: Thu May 28, 2015 3:05 pm
by Pvdw
Fano pak die bul by die horings en begin self giet. Dis uit en uit die moeite werd.

Re: Lood koeels vir 10mm pistool

Posted: Mon Jun 01, 2015 6:36 pm
by Izak H
PvdW

Waar kry 'n ou lood in die hande om mee te werk, mens kan seker nie enige lood gebruik nie ?

Groete
Izak

Re: Lood koeels vir 10mm pistool

Posted: Mon Jun 01, 2015 6:39 pm
by Pvdw
Izak wielgewiggies is maar die primêre bron. Gaan kyk by skrootmeraal handelaars ook vir kabellood.

Bly net baie vêr weg van batery lood!!!!

Re: Lood koeels vir 10mm pistool

Posted: Mon Jun 01, 2015 6:45 pm
by Izak H
PvdW

Dankie vir die vinnige antwoord

Izak

Re: Lood koeels vir 10mm pistool

Posted: Mon Jun 01, 2015 9:31 pm
by vossie1
Wiel gewigies is die beste hulle samestelling is so te se klaar reg vir giet en skiet