Page 1 of 1

Skroefdraad van KD seergemaak die naweek!!

Posted: Mon May 25, 2015 8:36 am
by Frikadel
More manne,

Ek het die naweek gaan Rooihartbees skiet, die KD mooi opgedraai, nie oormoer nie en weer afgedraai toe ek klaar is.

Dis waar die popo toe nou die fan slaan. So halfpad voel ek die KD will nie uitdraai nie en dit voel of hy draai maar net daar bly.

Kry hom toe af met ligte trek na bo terwyl ek hom uitdraai. Probeer toe die proppie opdraai en sien hy steek vas!

kyk toe mooi na die skroefdraad en kan sien dat dinge daar nie heeltemal 10/4 is nie. ???

My vraag is kan mens die skroefdraad weer regmaak van beide die KD en die loop??

Ek weet nie wat daar fout gegaan het nie.... :-\

Baie dankie.

Re: Skroefdraad van KD seergemaak die naweek!!

Posted: Mon May 25, 2015 8:43 am
by Giepie
'n Goeie geweersmid sal dit kan regmaak.

Re: Skroefdraad van KD seergemaak die naweek!!

Posted: Mon May 25, 2015 9:47 am
by NJ_v_N
As jy weet wat die size is van die skroefdraad kry net vir jou n tap en gee dit n draai, jy sal dit nie skeef kan doen nie (tensy jy goed droogmaak) aangesien daar reeds skroefdraad is. Dit sal net daai effense burr wat daar sit afhaal.