Page 1 of 1

Gaan mens die .375Mag se kolf gered kry?

Posted: Sat May 23, 2015 9:37 pm
by Daan dP
Goeiedag, ek wil raad vra oor hierdie kolf asb.

Dit is 'n .375H&H Mag wat op 'n standaard '98 aksie gebou is.

Die blokkie hout waarteen die aksie se terugskop-nok druk het losgekraak en is omtrent 0.5mm teruggedruk.
Die kolf het 'n "cross-bolt" tussen die nok en die magesynkas deur, soos 'n standaard '98 Mauser kolf.
Maar die terugskop-nok druk nou al direk teen hierdie "cross-bolt".

Ek is nie te bekommerd oor die kraak by die "tang" van die aksie nie, as die aksie goed gepak is gaan hy nie meer daar druk nie. Selfde vir die hout wat uitgebreek het by die grendel.

Is hierdie kolf redbaar?

http://i548.photobucket.com/albums/ii341/daniedp/DSCN4088_zpsgknner8k.jpg

http://i548.photobucket.com/albums/ii341/daniedp/DSCN4090_zps6i21nqem.jpg

http://i548.photobucket.com/albums/ii341/daniedp/DSCN4091_zpsu0yyodup.jpg

http://i548.photobucket.com/albums/ii341/daniedp/DSCN4092_zpsnys0aumy.jpg

Re: Gaan mens die .375Mag se kolf gered kry?

Posted: Sun May 24, 2015 8:42 am
by wlm
My mening is dat die kolf 100% sal wees na pakking.