Page 1 of 2

.22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sat May 23, 2015 2:25 pm
by Chris (vdB)
Dagse almal

Het gister sommer na werk bietjie uit gery plaas toe en so paar skote gaan skiet. So het ek en my jag vriend weer naderhand kolle opgesit, want daar is alewig kompetisie tussen my .22 Brno en sy Anshutz .22 Magnum. Ons het die kol op 60m opgesit en begin skiet. Ek het 3 verskillende soorte/make .22 patrone gehad, en dit was vir my verbasend hoe sleg skiet sommige patrone in my geweer en hoe goed ander weer. Ek het sommer van die ou amumminusie saam gevat dat ek dit bietjie uit skiet en het eerste met die ou Swartklip Blitzers geskiet. Met hulle het ek baie goeie groeperings gekry, van die gate het tot mekaar gesny. Dan het ek standard velocity ook Swartklip gehad maar hulle was soliede punte. Met hulle was die groepering ook baie goed, ek het net baie laer geskiet, omtrent 11 cm laer. Daarna het ek van die Winshester hollow points gelaai. Met hulle het ek die swakste gevaar. Kon glad nie n' groepering skiet nie, of altans nie soos wat ek wil he dit moet wees nie. Nou is my vraag, vir watter ammunisie is julle .22's lief. Het vanoggend n' pakkie Federal solid points gekoop om te gaan toets. Sal seker volgende Vrydag weer gaan loer.

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sat May 23, 2015 3:20 pm
by JTM
Ek dink persoonlik dat dit ook terug kom na OBT en dat sekere .22 ammo se spoed net mooi in 'n node val vir jou geweer en jy moet maar soek vir een wat werk. Dit is hoekom die .22 Benchrest skuts met harmonic tuners om hulle lope skiet om die loop te tune vir die ammo aangesien hulle nie die ammo ladings kan tune volgens hulle geweer se lope nie.

Tussen my en my vriend se gewere het beide swaar teiken lope behalwe die lengtes verskil. Syne skiet uitstekend met Geco match trainers en myne weer glad nie waar myne weer Lapua TT Sport goed skiet en syne nie.

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sat May 23, 2015 8:15 pm
by Parafien
Het ook al heel paar probeer in my Krico. Met winchester X het ek baie swak groepeer, net so met win match, maar kry baie goeie groepering met s&b standard velocity.

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sat May 23, 2015 9:25 pm
by tripodmvr
Met .22 moet mens maar eksperimenteer om akkuraatheid te kry. Winchester werk nie in my Krico nie, maar Highland skiet 'n barshou. Die ou Swartklip ammunisie het my van die beste resultate gegee.

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sun May 24, 2015 6:49 am
by Chris (vdB)
Baie dankie vir jul terugvoering, ek sal maar so pakkie van als wat beskikbaar is hier naby my koop en almal gaan toets

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sun May 24, 2015 8:21 am
by Thunderhead
Eley match het vir my in n paar gewere baie mooi geskiet.

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sun May 24, 2015 1:06 pm
by Hein M.
Ja. Eley is in 'n klas van sy eie.

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sun May 24, 2015 6:50 pm
by Johan308
Die eley match is ook die een wat vir my die beste werk, 5skote sny almal mekaar

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sun May 24, 2015 7:04 pm
by JPS
In bruno's werk swartklip standard en sub sonic fenomenaal.

Net jammer mens kan nie van dit kry nie.... Nog groter jammerte hulle het nie die swartklip plant ooit oopgemaak weer na die brand nie.

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sun May 24, 2015 7:07 pm
by ruaanb
Wat werk andersins in die Brno goed. my klong het die laaste van my Swartklip stash uitgeskiet

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sun May 24, 2015 7:11 pm
by Chris (vdB)
My Swartklip patrone is ook nou klaar. Weet iemand dalk waar Eley's te koop is. Hulle nogal skaars in my omgewing

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sun May 24, 2015 7:41 pm
by Hein M.
Ek gebruik nou die Gueirilla Sub Sonics van Armscor (Indonisië), met goeie akkuraatheid. Wel, met 'n KD natuurlik...

Sellier&Bellot se patrone is ook baie goed - en beskikbaar.

NS! Ek gooi ook maar met 'n primitiewe BRNO Mod 1...

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sun May 24, 2015 10:49 pm
by Piet Breedt
In my Krico werk Swartklip se Standard, Subsonic's en Highvelocity's baie goed. Eley Match en Lapua die beste en Winchester die slegste

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Sun May 24, 2015 11:07 pm
by Jake1
Lyk my meeste sukkel met winchester, myne ook nou swak met winchester

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Mon May 25, 2015 1:04 am
by Pappabeer
Hein M. wrote:
NS! Ek gooi ook maar met 'n primitiewe BRNO Mod 1...
Moenie daai fossiel se akkuraatheid onderskat nie... my Model 1 het anderdag vir homself n teleskoop gekry, en hy is besonder akkuraat.

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Mon May 25, 2015 7:18 am
by Wayne
I use the Gueirilla Sub Sonics with good results

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Mon May 25, 2015 9:28 am
by Armand Steenkamp
Sellier en Bellot werk baie goed in my Norinco

Groetnis

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Mon May 25, 2015 9:44 am
by LUAN
Eks amper seker dit was die Winchester superX wat mooi groepeer het uit die norinco op 50m. Maar die eley's was nogsteeds koning.

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Mon May 25, 2015 10:28 am
by Chris (vdB)
Die Eley's is lyk my maar baie skaars. Hier in Bloemfontein is niks nie. Hier darem Lapua beskikbaar maar teen dubbel die prys van Winchester. Ek gaan tog hulle ook n' go gee

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Mon May 25, 2015 3:00 pm
by Boersonderroer
In my Stevens skiet die Winchesters maar wyd. Die Guerillas groepeer mooi maar wil nie uit die magasyn laai nie, so dis maar enkel skoot.

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Mon May 25, 2015 3:53 pm
by Louis Kriel
Ek het n paar jaar gelede sulke drie duim groeperings geskiet met Fiocchi Maxac. Toe ek oor die goed kla, toe's daar vinnig n paar manne wat kom brag met baie klein groepies. Ek mis daai Swartklip Fabriek. Hulle match trainers het mooi gemaak in my Anschutz.

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Mon May 25, 2015 4:22 pm
by Pappabeer
Louis Kriel wrote:Ek het n paar jaar gelede sulke drie duim groeperings geskiet met Fiocchi Maxac. Toe ek oor die goed kla, toe's daar vinnig n paar manne wat kom brag met baie klein groepies. Ek mis daai Swartklip Fabriek. Hulle match trainers het mooi gemaak in my Anschutz.
Praat jy. Ek sal wat gee om weer toegang tot die skool se wapenkluis te hê en n krat swartklip STD velocities te buit.

Tans gebruik ek Remington SV met goeie sukses. Ek het as student ook goeie sukses met Polaris ammo gehad, wat maar swartklip was. Menige tarentaal by Stikland Psigiatrie hospitaal het die knie voor hulle gebuig. Ek het daar ook geleer dat n verbygaande trein die beste .22 knaldemper in die wêreld is.

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Mon May 25, 2015 4:26 pm
by Louis Kriel
Pappabeer wrote:

My hene ek het groot geword in Rembrandtlaan De La Haye BAIE naby aan Stikland!

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Mon May 25, 2015 4:41 pm
by Riaan Kriel
Pappabeer wrote:
Louis Kriel wrote:Ek het n paar jaar gelede sulke drie duim groeperings geskiet met Fiocchi Maxac. Toe ek oor die goed kla, toe's daar vinnig n paar manne wat kom brag met baie klein groepies. Ek mis daai Swartklip Fabriek. Hulle match trainers het mooi gemaak in my Anschutz.
Praat jy. Ek sal wat gee om weer toegang tot die skool se wapenkluis te hê en n krat swartklip STD velocities te buit.

Tans gebruik ek Remington SV met goeie sukses. Ek het as student ook goeie sukses met Polaris ammo gehad, wat maar swartklip was. Menige tarentaal by Stikland Psigiatrie hospitaal het die knie voor hulle gebuig. Ek het daar ook geleer dat n verbygaande trein die beste .22 knaldemper in die wêreld is.
Ek is so bly om te hoor dat dit nie net ek is wat sukkel met die Winchester ammo in die .22LR nie. My ou Kricko was altyd besonders akkuraat met 'n verskeidenheid van ammo. Ek was tot al 'n nuwe Ruger 10/22 aangebied in ruil vir die geweertjie.

So het van die goeie kwaliteit .22 ammo skaars geraak op 'n stadium. So kry ek vir 'n billike prys 2 "brics" Winchester Wildcat ammo wat die Handelaar my vertel is van die beste op die mark en hoogs akkuraat. So het ek toe die klomp gekoop. Ek was al lus om die geweer stukkend te slaan. Groeperings is maar redelik provinsiaal tot nasionaal :-[ Ek het al die geweer skoongemaak, weer skoongemaak en alles probeer en die scopemounts nagegaan ens....

Jy praat van treine wat goeie KD is. Ek het nogal al moordgedagtes gekoester op oujaar/nuwejaar as daai bomckrackers so klap. Wie gaan 'n geweerskoot daar onderskei......

Re: .22 ammunisie - watter maak/soort groepeer beste?

Posted: Mon May 25, 2015 7:10 pm
by Hein M.
Pappabeer wrote:Ek het as student ook goeie sukses met Polaris ammo gehad, wat maar swartklip was.
Skuus, Dewald, ek wil nie soos 'n nat hol wees nie, maar Polaris word in Vosendorf, Duitsland vervaardig. Ek het nou die dag 500 by 'n ou omie persent gekry...