Page 1 of 1

Nuwe Lid

Posted: Fri May 06, 2011 9:51 pm
by Boerie
Hallo Manne en Dames
Ek is van die jagters land van Namibia. Jag en visvang is in my bloed, soms petrol ook. Moet erken, dit is lekker om AFRIKAANS te kan skryf.

Re: Nuwe Lid

Posted: Fri May 06, 2011 10:01 pm
by Jaco Swart
Boerie..

Welkom , welkom hoop jy geniet.

Groetnis

Jaco

Re: Nuwe Lid

Posted: Fri May 06, 2011 11:33 pm
by Francois Marais
Boerie

Wa bly jy?? Sien jy is by Agra?? Ek bly in WHK ma het grond naby Gochas....

Welkom, hoop jy like....

Mooi loop
FRancois

Re: Nuwe Lid

Posted: Sat May 07, 2011 9:40 pm
by Boerie
Ook tuis in Whk, Ja ek werk tussen die boere, maar ek wil nie self boer nie. My broer boer by Blumfelde....wat is jou bynaam..dalk Wittes Marais?

Re: Nuwe Lid

Posted: Sat May 07, 2011 9:50 pm
by Boerie
Francois, ek het gaan kyk na jou profile, maar sien toe jy kan nie "Wittes" wees nie,(hy is heelwat jonger) miskien is jy familie? Het vandag so bietjie gaan speel met toets -ladings vir my .243. Ek het die geweer so paar maande terug gekoop en het nou eers begin herlaai. Moet erken die tyd op die skietbaan is beter as om Super 15 te kyk.
Die bulle speel baie baieĀ  swak, ek reken ek gaan een van die dae om Blou Bulle begin teiken skiet.

Re: Nuwe Lid

Posted: Sat May 07, 2011 9:51 pm
by Monrique (SJ)
Boeries

Baie welkom hier by onse forum. Hoop jy geniet dit baie!!! ;) ;)

Groetnis

Re: Nuwe Lid

Posted: Sat May 07, 2011 10:02 pm
by JPS
Welkom Boerie.

Groete
JP

Re: Nuwe Lid

Posted: Sat May 07, 2011 10:56 pm
by Kalahari
Boerie

Welkom, bly om te sien daar is nog iemand uit Nambabwe oppi forum ;D
Geniet dit

Kalahari

Re: Nuwe Lid

Posted: Sat May 07, 2011 11:02 pm
by Boerie
Kalhari

Ek het eers eergister op die forum afgekom. Dit is fantasties om te sien hoe die manne hul kennis deel met mekaar. Ek het nou al 'n uur of twee net die artikels gelees op die forum, en sommer baie geleer by die manne.

Mooi Dag

Boerie

Re: Nuwe Lid

Posted: Sat May 07, 2011 11:12 pm
by Geno
Boerie,
Welkom maat.

Groete,
Eugene

Re: Nuwe Lid

Posted: Sun May 08, 2011 4:42 pm
by Francois Marais
Boerie

Ek is nie Wittes nie, maar Wittes is my baba boetie, ek is die Ouboet.......

Ja, kom ons vergeet eers maar van die bulle se spelery, nou-net raak ek kwaad......vertel bietjie van daai 243, watter maak en ladings en so, jy sal sien hier is nogal heelwat 243 kennis oppi forum....

Mooi loop
Francois

Re: Nuwe Lid

Posted: Sun May 08, 2011 6:58 pm
by theedge
Hi welkom welkom

Re: Nuwe Lid

Posted: Sun May 08, 2011 10:36 pm
by erx
Welkom Boerie, geniet dit!

Groete
erx

Re: Nuwe Lid

Posted: Mon May 09, 2011 8:14 am
by Boerie
Francois

Die wereld is klein.

Ek het 'n Remington 700 SPS Varmint, .243. - VX 2 Scope 6-18x40
Eers met 100g Game King gelaai, S365 39gr, spoed was is so 900mps, die groepeering is nie sleg nie. Ek het so paar springbokke (5) en 5 kudus geskiet met die lading, is baie gelukkig.
"m Vriend van my skiet met 70gr Match kings en is baie tevrede, ek het toe maar ook 'n boksie Match kings gekry en Saterdag bietjie ront gespeel.
Die243 kry baie mooi groeperings op 100m met die 43- en 44gr ladings, ek sal die Saterdag gaan kyk wat die ladings maak op 200 en 300m, om die trajek te bepaal.
Ek het ook met die 85gr BT geskiet, 42gr en kry net so mooi groepering, lyk my die .243 groepeer met enige ding.
Ek skiet hoofsaaklik springbok met die .243 en so nou en dan 'n kudu (net as ek die ou in die kop kan skiet).


Ek het so 2 weke terug vir Wittes op die skietbaan gekry, die man skiet ook lekker. Wittes was my sot in HTS, maar die man is nou so bietjie groter/langer as ek.

Mooi dag

Tobie

Re: Nuwe Lid

Posted: Fri May 20, 2011 12:41 pm
by PITSMIT
welkom boerie.

geniet dit hier

pitsmit

Re: Nuwe Lid

Posted: Mon May 23, 2011 12:23 pm
by james 303
Welkom en geniet

Re: Nuwe Lid

Posted: Mon May 23, 2011 12:34 pm
by Jagtersdok
Boerie

Welkom ouboet

Geniet hom