Page 1 of 1
Hornady 162gr A-max
Posted: Wed May 20, 2015 8:57 pm
by Blouwdraad2
Naand manne,
Wil julle opinie en raad he oor die 162gr Hornady A-max koeels.Ek dink daaraan om die A-maxe te gebruik vir langafstand jag in my 7mm Remington Magnum.
1-Hoe effektief is die punt op langafstande tot 1000m.
2-Hoe effektief is die punt op wild.
Weet iemand dalk waar ek van die punte in die hande kan kry?
Groete Blouwdraad
Re: Hornady 162gr A-max
Posted: Wed May 20, 2015 9:06 pm
by Johan Nel
Ek weet nie van A-max nie, maar Wildman in Nelspruit het 162gr Hornady Match BTHP koeels in voorraad @r540 per pakkie van honderd. Ek kan nie kommentaar lewer oor hulle prestasie nie, ek het sopas maar eers die koeels gekoop en moet dit nog probeer. Dan het ek 7x57 en nie 7mm RM nie...

Re: Hornady 162gr A-max
Posted: Wed May 20, 2015 9:10 pm
by Blouwdraad2
Johan,
Dankie,sal hulle def. oorweeg.Dink hulle sal goed doen op die langafstand deel,weet net nie wat hul gaan doen op die wild.
Re: Hornady 162gr A-max
Posted: Wed May 20, 2015 9:30 pm
by Gawie(13mm)
Naand Bloudraad.
162 Amax'e word as die heilige graal van 7mm koeëls bestempel deur baie manne hier op Jaracal. Ek kan jou 'n brief gee dat geen handelaar in S.A. of die V.S.A. enige voorraad in die laaste twee jaar gehad het of kan sê wanneer hul weer gaan hê nie. Indien enige lid op Jaracal van die koeëls onder sy matras wegsteek, sal ons nooit weet nie.

Re: Hornady 162gr A-max
Posted: Wed May 20, 2015 9:49 pm
by Blouwdraad2
Sien ook dai deng!Ek het al hope emails en oproepe gemaak,maar niemand het voorraad.Sal maar aanhou probeer,dalk is ek eendag lucky.

Re: Hornady 162gr A-max
Posted: Thu May 21, 2015 8:50 am
by Blouwdraad2
Dankie Ludwig vir die inligting,sal gou by hulle hoor.Hier in ons geweste skiet ons nie sommer onder 200m ,volgens my tabelle is die spoed net onder 2400fps op 200m.Dink hulle sal mooi loop!
Groete Blouwdraad
Re: Hornady 162gr A-max
Posted: Thu May 21, 2015 11:38 am
by Gawie(13mm)
Sien jy nou. Ludwig sê ons niks tot ons begin soebat.
Gaan nie die draad slaan.
Re: Hornady 162gr A-max
Posted: Wed May 27, 2015 4:28 pm
by Arnold
Op guntree is daar 6 pakkies 162gr A-Max teen R3k, Bargain!
Re: Hornady 162gr A-max
Posted: Wed May 27, 2015 4:56 pm
by Blouwdraad2
Dankie Arnold het klaar reggekom,glad nie n sleg deal.
Re: Hornady 162gr A-max
Posted: Wed May 27, 2015 5:19 pm
by ZKK
Ek skiet nou hier uit die heup uit, maar het die 7mm Rem Mag, nie genoeg perde om iets swaarder soos die 180gr Bergers te skiet nie?