Page 1 of 1

Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 3:35 pm
by Ben Remington
Goeie dag.....

Wil asb jul menings hoor tov die oop of toe wees van ñ geweerslot met die neem van jagfotos? Myne is altyd oop.

Groetnis

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 3:43 pm
by Blouwdraad2
Bennie,

Oop is seker veiliger,maar dit lyk def. beter as dit toe is.Ek maak altyd my geweer veilig en maak dan weer die slot toe vir die foto.

Groete Blouwdraad

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 3:45 pm
by alecjohnson
Ek se oop. Maar nie vol oop nie net grendel gelig in eerste knip dat hy nie self oopval nie. Ek hou weer by van my fotos van die slot toe. Dit hang af van tyd tot tyd en dier tot dier.

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 3:58 pm
by Boesman10
Vir my moet die slot toe wees soos hy was wanneer jy die bok geskiet het. Goeie praktyk in die jagveld sal verseker dat die wapen veilig is na die dier le. Daar is dus vir my geen voordeel in om dan nog die slot oop te he op die fotoe nie.

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 4:06 pm
by joe rocket
As ek klaar die bok geskiet het maak ek my geweer veilig. Ek haal al die patrone uit die magasyn kas. As jy n magasyn het kan jy dit verwyder. Ek maak weer seker my geweer is veilig voor ek foto's neem met n toe slot. Ek laat weet ook hard en duidelik aan my mede Jagters dat die geweer veilig is.

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 4:40 pm
by Spanner
Die topic is al holrug gery. Gaan soek na dit op die search-funksie. Al die menings is reeds daar deurgetrap.

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 4:42 pm
by Giepie
joe rocket wrote:As ek klaar die bok geskiet het maak ek my geweer veilig. Ek haal al die patrone uit die magasyn kas. As jy n magasyn het kan jy dit verwyder. Ek maak weer seker my geweer is veilig voor ek foto's neem met n toe slot. Ek laat weet ook hard en duidelik aan my mede Jagters dat die geweer veilig is.

Selfde.

So jaar of wat terug was dit ook in detail bespreek.

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 5:16 pm
by tau
Aai Manne die manne is nie so lank soos julle hier nie laat hulle toe om kennis te deel en te kry. As julle nie wil saam praat nie hou verby.

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 5:25 pm
by joe rocket
tau wrote:Aai Manne die manne is nie so lank soos julle hier nie laat hulle toe om kennis te deel en te kry. As julle nie wil saam praat nie hou verby.
Mooi gesê Tau.

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 5:42 pm
by Cohibas
+1

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 6:12 pm
by Giepie
Ek hoor jou Tau, maar ek het darem my mening ook gegee.

Daar is darem ook die soekfunksie waar na vorige besprekings gesoek kan word. Ek het dit ook nie met 'n negatiewe gesindheid gedoen nie maar vir inligting.

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 6:29 pm
by Ben Remington
Goeie naand almal...

Ek wil asb nie die oorsaak wees van ñ geveg hier nie....ek het wel na die topic gesoek , ek glo ek het dit misgekyk iewers....nog nie so lekker vertroud met al die funksies hier nie....as een van julle dalk die vorige bespreking raakloop plaas asb die skakel hier....ek sal graag die opinies wil lees....dankie vir almal se bydraes sovér.

Groetnis

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 6:36 pm
by Cobus(Cobb)
Skiet jou bok in sy spore dood, loop nader en neem jou foto met toe slot....jy sit met 'n afgevuurde dop in die kamer.....hoe wil jy nou veiliger wees as dit....

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 8:02 pm
by NicoSmit
Cobus(Cobb) wrote:Skiet jou bok in sy spore dood, loop nader en neem jou foto met toe slot....jy sit met 'n afgevuurde dop in die kamer.....hoe wil jy nou veiliger wees as dit....
stem saam

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 9:00 pm
by Spanner
tau wrote:Aai Manne die manne is nie so lank soos julle hier nie laat hulle toe om kennis te deel en te kry. As julle nie wil saam praat nie hou verby.
Verskoning manne, ek wou nie op iemand se battery piepie nie :confused: ek sal verby hou, maar gaan gerus voort en sê wat op julle hart is .

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 9:22 pm
by Spanner
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t= ... t=slot+oop

Hier is die vorige bespreking ...ek her gaan soek vir " slot oop"

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 9:39 pm
by Gawie(13mm)
Slot oop of toe. Maak nie saak nie. Veiligheid sit tussen jou ore en rusbank skuts wat foto's in tydskrifte sit en beloer vir toe slotte kort 'n snot klap.

My beskeie mening, maar wat weet ek nou? >:D

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Wed May 20, 2015 9:43 pm
by Hein22
Gawie(13mm) wrote:...maar wat weet ek nou? >:D
Gawie, jy skree darem vir die wp so jy kan nie te dom wees nie.

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Thu May 21, 2015 8:19 am
by tau
Spanner wrote:http://jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t= ... t=slot+oop

Hier is die vorige bespreking ...ek her gaan soek vir " slot oop"
Dankie Oom daardie is nou 'n Jaracal antwoord. ;D

Wapenveiligheid kan nooit te veel bespreek word nie. Ons as wapen eienaars moet reeds soveelkeer bewys ons is bevoeg om wapens te besit. Om dus te deel in jou kennis en foute kan net help.

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Thu May 21, 2015 8:24 am
by tau
Gawie lees die link wat Oom Spanner gepost het se eerste post.....
Dagsê Pine.
Ekself is maar nog 'n laaite van 41 jaar oud en leer elke dag nuwe dinge, maar een ding wat ek vroeg in my lewe geleer het is kies jou vriende baie mooi.
Veral jou jagmaats.

Ek self het nie kinders nie en daarom deel ek graag my ondervinding en kennis met ander. Iemand soos jy is vir my 'n inspirasie. Ek belowe jou, die seun sal jou bydrae tot sy vorming as jagter tot sy dood onthou en koester en die boepens bullebak afskryf as net nog 'n dronk ou oom.
++>: ++>: ++>: Jitte hy het ons darem mooi ingetrek die ou yster

Re: Geweer slot oop of toe?

Posted: Thu May 21, 2015 11:36 am
by Gawie(13mm)
"Sperm of the wild dog; he is!" >:D

Sien jy nou, in drie jaar se tyd het my standpunt oor veiligheid nie verander nie. 8)
My respek vir my medemens het 'n paar houe gevat, maar met manne soos jy se hulp is ek oor die ergste ;D