Page 1 of 1

2de handse geweer

Posted: Sun May 17, 2015 10:25 am
by HunterB
Wat dink julle van n 2de handse wapen? Is dit slim om een te koop?

Ek kan n 2de handse tikka 223 koop vir n baie goeie prys, die geweer is al deur meer as 1 loop maar het tans n nuwe musgrave loop op. Geweer was by n geweer smid en is nuut oor gecerakote en is oor gepak en is nog nie gevuur vandat hy terug is nie. Die geweer smid het gese dat die geweer nog 100% is.

Ek hoor graag van julle?

Re: 2de handse geweer

Posted: Sun May 17, 2015 11:12 am
by Giepie
Soos met 2de handse karre moet mens maar kyk, maar teenoor karre is daar baie meer lewe in 'n 2de handse geweer wat opgepas is. Loop is een ding en in sekere kalibers is dit maar 'n vervangbare item. As die loop nog goed is, is dit reg, ek neem aan dit is wat die smid gesĂȘ het. As die kolf nie gekraak/gebreek is nie kan dit nog lank werk, selfde met die aksie. Ek neem aan die smid sou na die aksie ook gekyk het.

'n Gebruikte geweer sal dikwels heelwat goedkoper wees as 'n nuwe.

Re: 2de handse geweer

Posted: Sun May 17, 2015 12:04 pm
by HunterB
Dankie Giepie, ek ken gelukkig die eienaar goed, nuwe loop het +-300 skote geskiet. Ja die smid het na aksie gekyk en gese daar is niks fout nie.

Ek kan hom kry vir n steel prys met silencer maar is steeds bang aangesien dit my eerste geweer is wat ek self sal koop.

Re: 2de handse geweer

Posted: Sun May 17, 2015 12:09 pm
by spekieries
Gelukkig kan mens 'n tweedehandse geweer ook skiet as jy hom by 'n naby vriend koop. Vra hom vir 'n skietbaan sessie en kyk hoe maak hy.

Re: 2de handse geweer

Posted: Sun May 17, 2015 12:27 pm
by HunterB
Ja ek sal dit doodseker doen voor ek hom koop, dankie