eS-en-Ou se windbuks ou
Posted: Sat May 16, 2015 9:18 am
Ek geniet dit vreeslik om met my windbuks te skiet. Dit is iets wat ek en my seun saam kan doen en gee vir ons die geleentheid om teen 'n bekostigbare prys die basiese goed van skiet te oefen.
So jaar of wat gelede het ek vir my 'n Weihrach gekoop en by S&O vir hom 'n Gamo 4-12x44 teleskoop gekoop. Die kombinasie was fantasties, soveel so dat ons vuurhoudtjies op 30 meter skoot na skoot kon afskiet. Ek het ook in NSA se skiet kompitiese 'n tweede plek behaal met die kombinasie.
Ek het onlangs besluit om bietjie aandag te skenk aan my stok ou Bruno .22 en het hom na Thor gevat vir 'n knaldemper en om 'n basisstel op te kry sodat hy 'n teleskoop kan op kry. Ek het 'n ou Nicosterling teleskoop in die kas gehad wat eers op die windbuks was en het hom sommer op die .22 gesit. Hy wou egter net nie lekker groepeer nie en het ek een goeie middag die Gamo van die Weihrach af geruk en om op die .22 gesit. Skielik toe skiet die veteraan sommer soos 'n kampioen en daar was geen manier wat ek die Gamo weer terug gaan sit op die Weihrach nie.
Die volgende middag is ek opslag na S&O om nog een van die Gamo teleskope te koop. Ek vra toe die knaap by die windbuks afdeling ek soek 'n teleskoop vir my windbuks. Hy probeer toe sy bes om 'n Hawke aan my af te smeer, maar teen dubbel die prys wat ek vir die Gamo (wat fantasties werk) betaal het, was ek nie oortuigbaar nie. Ek vra hom toe of ek 'n Gamo kan kry. Sy antwoord was "ons hou dit nie aan nie". Met 'n "goed, dankie" is ek daar uit.
Toe ek by die huis kom, gaan maak ek toe seker of dit wel 'n Gamo is en ja wraggies, ek is nie mal nie. Ek dog toe hulle hou dit nie meer aan nie en dat die knaap seker nuut is en nie geweet het hulle het dit in die verlede aangehou het nie, die dat hy beduie "ons hou dit nie aan nie".
Paar dae later besluit ek om op S&O se blad te gaan rondkrap en kyk wat se alternatiewe is daar......en raai wat......daar kry ek die Gamo 4-12x44. Dit wys ook dat daar voorraad is.....https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... 4_ao_scope
So vir eS-en-Ou se windbuks ou, ek sal vir almal wat ek ken vertel om jou en jou liegbek soos die pes te vermy.